Verkeersbeampte vas oor omkopery

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 33-jarige verkeersbeampte van Gauteng sal Kersfees agter tralies deurbring nadat hy in hegtenis geneem is in verband met omkopery.

“Die verkeersinspekteur, wat in diens staan van die Gautengse provinsiale regering, is op die N12 deur die nasionale verkeers- antikorrupsie-eenheid in hegtenis geneem waar hy en sy drie kollegas ʼn spoedlokval gehad het,” het Simon Zwane, woordvoerder van die Padverkeersbestuurskorporasie (RTMC) gesê.

“Die beampte het een van die beamptes van die antikorrupsie-eenheid voorgekeer en het na bewering omkoopgeld van R200 geëis. Hy sal Woensdag in die Springs-landdroshof verskyn,” het Zwane bygevoeg.

Die RTMC het “oorlog verklaar” teen korrupsie onder verkeerswetstoepassers. “Korrupsie is een van die faktore wat bydra tot onbekwame bestuur en ʼn kultuur van wetteloosheid op Suid-Afrikaanse paaie,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Justice ·

Stem saam met jou Sarel – daar behoort `n “undercover” teenkorrupsie spesialis eenheid te wees wat slegs regeringsamptenare en spesifiek ministeriele amptenare ongeag die senioriteit in sleutel posisies teiken. Sommige van die amptenare sal ongetwyfeld hul siele verkoop soos alreeds deur die Publieke Beskermer uitgewys is.

ZORO ·

Ja dis reg om die ouens uit te lig. Maar jy kry die pasiewe en aktiewe korrupte. As daar nie n platform vir die gedrag geskep word nie sal dit nie plaas vind nie. Arresteer die pasiewe en aktiewe korruptes!

Drieks ·

Zuma mag steel en lieg op video in parlement en hy kom niks oor nie. Maar almal verder word tronk toe gevat. Zuma het omkoop geld gekry en hy nog steeds vry. Ek verstaan nie vir wie is die wette bedoel nie.

Karin ·

kom kyk gerus in PTA noord omgewing baie van hulle staan rond om net ons mense af te trek en te dreig met toesluit en te vloek …. voor hy nog enige iets vra se hy dadelik ” if i find any thing wrong , u going to jail” het al paar keer met ons gebeur … verskillende mense en verskillende paaie . dan krap hulle onder die sitplekke en in die motor en loop om en om en kry niks verkeerd nie maar hou aan en aan … eerste keer was dit n man en vrou die vrou was opdrukkerig en het bly vra wat gaan ons doen as hulle iets verkeerd kry … het ook openlik gevra of ons geld by ons het … natuurlik nie ,,, ander kere was dit ‘n paar maar hulle het een een hulle ding gedoen ook gedreig met tronk en toesluit . ons se net elke keer kom ons gaan polisiestasie toe dan wurm hulle hulle self uit die storie uit …. SWAK

Quixilver ·

Kry vir julle “DashCams” en kry bewyse dan kan mens meer doen teen hulle.
dvrsurveillance”at”gmail.com. Hulle is goedkoop en betroubaar

Sakkie ·

Mooirivier weegbrug. Jou maatskappy se interlink trok word afgetrek. Sy skokbrekers is kwansuis gedaan. R2000 word dan geis deur korrupte amptenaar. Of lisensie skywe word verwyder. Dit moet na amptenaar se rekening ge e-wallet word. Drywer dra nie soveel kontant nie. Gebeur telkemale. Die manne moet groot geld op n daaglikse basis verdien!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.