Verkeersbeampte vas oor R100-omkoopgeld

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Verkeersbeampte van Randfontein in Gauteng is in hegtenis geneem nadat hy glo omkoopgeld wou eis.

“Die verkeersbeampte het ʼn spoedlokval beman toe hy ʼn lid voorgekeer het van die nasionale verkeers- anti-korrupsie-eenheid, wat besig was met ʼn operasie om korrupte beamptes vas te trek,” het Simon Zwane, woordvoerder van die Padverkeersbestuurskorporasie, Saterdag gesê.

Die verkeersbeampte het daarna glo R100 omkoopgeld van die lid probeer bekom.

“Die Valke is ontbied en die beampte is in hegtenis geneem. Kontant ter waarde van R4 000 is in sy besit gevind,” het Zwane bygevoeg. “Die beampte is in diens by die Randfontein-munisipaliteit. Hy sal na verwagting Dinsdag in die hof verskyn.”

Die Padverkeersbestuurskorporasie het die anti-korrupsie-eenheid vir die inhegtenisneming geloof. “Dit is ʼn teken van die regering se vasbeslotenheid om korrupsie binne die padverkeersowerheid uit te roei.”

Lede van die publiek word versoek om bedrog en korrupsie by 0861 400 800 aan te meld, het Zwane bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Uit die Ooste ·

As hy R 4 000 verdien per dag aan omkoopgeld dan maak hy so R 80 000 per maand en dit sonder sy salaris .Glad nie sleg nie.

Martie ·

Ek is bly korrupte mense word vasgetrek. My man het al omtrent 5 keer mense rapporteer wat omkoopgeld wou hê maar is nog nooit genader deur die anti-korrupsie eenheid nie. Ek wonder hoe eFfektief hul regtig is.

D ·

Hoekom net verkeersbeamptes. Begin heelbo en maak skoon, dan sal dit ook beter gaan met di ekonomie.

jaco ·

R100 per bribe – dis te min. as hy R200 gevra het, het hy baie meer geld gemaak

Boertjie ·

Uit die Ooste…. Onthou hy moet n deel afstaan aan spesifieke hoe en aangesiende mense lol. Hy kry seker die helfde, nie te sleg nie, en as hy voor hof kom kry hy n opgeskorte vonnis en n goue handruk vir dienste gelewer.

Drieks ·

Ek verstaan nie. Hy steel 100 en word in hegtenis geneem.
Zuma steel op een transaksie seker naby R230000000.00 en word nie in hegtenis geneem nie.
En wat van die miljarde op die Nene storie. ???

GES ·

Ek hoop die skurk se turf sit. Dit is die soort skuim wat van enige beroep ‘n skande maak.

Frans ·

Dis die nuwe insteling van bbee vir smal busnes in die police afdeling

KarooKlong ·

Kom kyk hoe gaan dit hier by ons in die Karoo. Het al begin dink hierdie is die opleiding sentrum.

MM ·

Vasnoggend op die nuus was dit R1000.00 kontant wat is dit nou R1000.00 of R4000.00 ???

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.