Verkeersbeampte vas wat glo omkoopgeld eis

Argieffoto: memyselfaneye (Pixabay)

ʼn 57-jarige verkeersbeampte sal Maandag in die handelsmisdaadhof in Pretoria verskyn in verband met beweerde korrupsie en afpersing.

Simon Zwane, woordvoerder van die Padverkeersbestuurskorporasie (RTMC), het gesê die beampte is tydens ʼn gesamentlike operasie tussen die RTMC se nasionale teenkorrupsie-eenheid, die SAPD se Gautengse eenheid vir georganiseerde misdaad, die Tshwane-metropolisie en die Gautengse verkeersdepartement vasgetrek.

Die beampte, wat ʼn provinsiale hoofinspekteur is, is vasgetrek nadat iemand by die RTMC se blitslyn aangemeld het dat die beampte glo motoriste se voertuiglisensieskyfies en bestuurslisensies afneem onder die voorwendsel dat hulle ʼn verkeersoortreding begaan het.

“Die slagoffers sal dan na bewering aangesê word om ʼn bedrag geld, vanaf R1 500 of meer, aan die beampte by die provinsiale verkeersdepartement se streekskantoor te betaal om hul lisensies terug te kry,” het Zwane gesê.

ʼn Hele aantal bestuurslisensies en voertuiglisensieskyfies is gevind toe die beampte se kantoor deursoek is. Verklarings sal nou by die eienaars van dié lisensies afgeneem word.

Lede van die publiek wat verkeersverwante omkopery, korrupsie en bedrog wil aanmeld, kan die blitslyn by 0861 400 800 bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

RH ·

Nou wil ek weet hoekom word die beampte se naam NIE genoem word soos die beampte on 12 Januarie se nuusstuk? Wat is die verskil tussen die 2????? Misdaad is misdaad. Name & shame equally! Geen voorkeering nie!!! Ons wil gesigte sien. Ons wil name genoem he! As die provisiale inspekteur strate toe vat moet jy weet hoe goed die geld is in daai geval!!! Dis maklike geld maak. Sy eie mense is seker bewus van die saak ook. Almal staan saam. Dit is EEN UIT n MILJOEN wat eerlik sal wees! Of een wat net n rugsteker wil wees. En dan natuurlik die publiek wat enige iets sal doen of betaal OMREDE die vakansie tyd is en die familie wil nie nou enige ophou gedoentes he nie. Selfs trok maatskappye het n BUDGET vir bribes. Dis hoe hul rol jong! Korrupsie sal van parliament moet stop voor dit enige ander plek stop.

Anoniem ·

Hulle moet so paar in die oos rand ook ondersoek veral in Kempton en dan in Secunda ook.

Not going to change ·

Wel dit is die verkeersbeamptes wat deesdae die metropolisie uitmaak .. dit is maar net een wat gevang is. Hoeveel videos was daar nie al van verkeersbeamptes wat probeer omkoopgeld vat, mense intimideer en rof behandel, vloek, rondklap en slaan nie? HULLE KOM NIKS OOR NIE. Hierdie ou sakie gaan net stilword. Julle wou hierdie mense in die metropolisie gehad het, julle het hulle nou .. dit is die NUWE SA waarna almal uitgesien het . DEAL WITH IT!.

Anoniem ·

Ag asseblief, die deler is so goed soos die steler! My bestuurslisensie is weerhou a.g.v ‘n boete en ek word ‘n tydelike bestuurslisensie geweier. Die HELE departement van RTIA in Pretoria / Johannesburg was Desember met verlof en selfs na my boete betaal is, was ek geblok. Die fone lui net, niemand antwoord nie. E-posse word nie beantwoord nie. Niemand weet niks nie en al die ander streke se departemente beskerm hul kollegas. Niemand kan help nie en intussen SAL ek sonder ‘n lisensie ry want my regte word geskend deur opsetlike personeel. Daar is ‘n veel dieper probleem in die verkeersdepartement as net amptenare wat op straat omkoopgeld vat! Soos ek nou voel, kan die Verkeersdepartement gaan doppies blaas want dis elke keer ‘n ander storie met ‘n ander rede waarom doodgewone aansoeke vertraag word.

Deler so goed as die steler ·

1000de mense betaal die omkoopgeld met n glimlag… Hulle spog daaroor by hul vriende om die braai vuurtjie.
Hulle is NET SO SKULDIG soos die mense wat die geld vra.
AS jy skuldig is aan n oortreding – vat maar jou straf soos n man.
Indien jy nie skuldig is nie – volg die regte kanale om jou onskuld te bewys.

Boet Fasie ·

Arme man daar gaan sy kersbonus wat hy do hard langs die pad verdien het.
Sal nou nie al sy verpliginge kan nakom nie en het seker groot kersfees gehou en lekker dik gekuier.

Hanna ·

Dit lyk as of dit baie “loonend” is on deesdae in uniform te werk…
Die offisiere het baie voordele, van hulle trek sleds SASSA fondse….
Kan die res van ons nie ook ‘n pos aangebied word nie?
Net so R150 per dag en ons almal smile die heel maand.

Sarel Strydom ·

Kom nou. Daar nie mense wees wat omkoopgeld eis indien daar nie mense is wat betaal nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.