Verkeersbeampte vas wat glo omkoopgeld eis

Foto: SAPD

’n Verkeersbeampte van Noordwes is Dinsdag in hegtenis geneem nadat hy na bewering omkoopgeld van motoriste op die N12 tussen Klerksdorp en Potchefstroom geëis het.

Kapt. Tlangelani Rikhotso, woordvoerder van die polisie, het gesê Zahid Bhayat (40) is deur lede van die Valke se eenheid vir ernstige korrupsie in hegtenis geneem.

Volgens Rikhotso kom die inhegtenisneming nadat die eenheid inligting ontvang het van Bhayat wat glo verskeie motoriste met luukse motors voorgekeer het. Bhayat het dan glo aangevoer dat dié motoriste die spoedgrens oorskry het. Nadat Bhayat die motoriste met inhegtenisneming gedreig het, het hy glo ʼn minimum van R2 000 geëis om die spoedlesing te kanselleer.

Bhayat het vandag vlugtig in die Klerksdorp-klanddroshof verskyn, waarna hy op R2 000 borgtog vrygelaat is. Die saak is tot 24 Januarie 2018 uitgestel vir verdere ondersoek.

Genl.maj. Linda Mbana, provinsiale hoof van die Valke, het die inhegtenisneming verwelkom en gesê die Valke sal voortgaan om korrupsie in dié provinsie te beveg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Eish ·

Simptomaties van die kleptokrasie.
Genade, die klas van goed maak n mens so negatief oor die helhool waar mens jou daagliks in die sielsiektes moet vasloop.

Genieve ·

Genade is sy salaris dan nie genoeg nie hoeveel korupsie nog sy hele toekoms daar mee heen.

Cor ·

Hy is maar net een uit honderde wat uitgevang is. Ek sal nooit omkoop geld betaal nie skryf maar die kaartjie ek sal by naaste polisiestasie gaan betaal. As jy omkoop geld betaal is jy deel van die korruptenare al se jy wat.

Coen Hattingh ·

Glad nie vreend nie. Hierdie misdade neem daagliks toe. Ek het dit al gewoond geraak en leef maar daarmee saam.

William ·

Seker iemand se R2000 omkoop geld gebruik om daardie borgtog te betaal

ACCA ·

Die mense moet bietjie gaan kyk wat gaan aan tussen Villiers en Heidelberg. Sê maar net.

Dereck Le Roux ·

Hy is maar een uit duisende wat uitgevang is en niemand weet hoe lank al daarmee besig was en hoe lank hy al daarmee weggekom het sal seker net hy weet maar in elk geval as hy skuldig bevind word dan kan hy kwalifiseer vir ‘n senior pos of selfs ‘n ministriele pos in die regering.

Lea ·

Mens sal heel moontlik n kamera op jou spoedwyser meter aanbring,dan kan jy die video vir die skelm verkeers beampte speel en hom dadelik gaan aankla…of dan kan jy hom vir n slag afpers,en voel hoe dit voel…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.