Verkeersbeampte verdrink in bergdam

Argieffoto

ʼn 31-jarige verkeersbeampte van Groblersdal in Limpopo het Donderdag in ʼn dam buite die dorp verdrink.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê die voorval het by die dam by Tafelkopberg in Motetema plaasgevind.

“Die beampte is saam met twee vriende na die dam om heilige water daar te gaan haal. Hy het al dieper in die dam gegaan, in die moeilikheid beland en verdrink,” het Ngoepe gesê.

Die beampte was verbonde aan die Groblersdal-verkeerspolisie.

ʼn Nadoodse ondersoek sal gedoen word om die presiese oorsaak van sy dood vas te stel. Die Motetema-polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Tanya ·

Die staat doen nie genoeg om sy land se mense van kleintyd af te leer swem nie. Daar is geen plek waar mens kan gaan vir swemlesse nie behalwe as jy ‘n arm en ‘n been gaan betaal vir privaat lesse. Die staat kan regtig meer aandag daaraan skenk. Nee, instede daarvan kos Nkandla miljoene!!

Nettie ·

Heilige water te gaan haal …. Liewe land, duidelik weer bygelowigheid en die voorvadergeeste aanbid. En dit deur ‘n beampte in regeringsdiens?

cor ·

Dit is die weergawe van die twee vriende, maar wat is die werklike storie niemand sal weet nie tot eendag wanneer die heilige water nie onreg verduur nie.

Eish ·

Daar is verseker weer n materialistiese prekende wolf agter die Heilge waterjies se insameling.

Robert ·

Wonder net of dit gebeur het in sy privaat tyd of was hy aan diens ten tye van die voorval.

Johnny ·

Wonder of hulle die water in brandewyn bottels wou gooi maar eers die bottels moes leeg kry…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.