Verkeersbeamptes in hof oor ‘korrupsie’

Foto: Valke

Foto: Valke

Twaalf verkeersbeamptes van Mpumalanga wat oor die naweek in die provinsie in hegtenis geneem is, het Maandag in die Nelspruit-landdroshof verskyn.

Lt. Dineo Sekgotodi, woordvoerder van die Valke, het gesê die beamptes is in hegtenis geneem op aanklagte van korrupsie en regsverydeling. “Die Valke het opgetree nadat inligting ontvang is dat talle beamptes by korrupte optrede betrokke is,” het sy gesê.

Hoewel daar vroeër berig is dat 11 verkeersbeamptes vasgetrek is, is ʼn twaalfde kort daarna ook in hegtenis geneem. Die beamptes is Thabo Vali Mokgope (35), Phindile Precious Mdluli (37), Fikile Zanele Shabangu (29), Selvy Peace Ngobeni (36), Sebenzile Siwela (40), Thabo Succeed Mashigo (29), Reuben Molao Moreku (51), Delco Mashele (33), Alfred Simon Mbatsane (39), Nomsa  Nomcelo Mthombeni (39), Alfred Simon Motha (39) en Cleopas Vusi Mabuza (35).

Sekgotodi het gesê al 12 beamptes is op borgtog van R5 000 vrygelaat en moes as deel van hul borgtogvoorwaardes hul paspoorte inhandig en onderneem om nie Mpumalanga te  verlaat sonder die toestemming van die ondersoekbeampte in die saak nie.

Die beskuldigdes sal weer op 22 April in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Swanna ·

Ek dog die dompas stelsel is al in apartheid afsgekaf, nou word dit nog steeds gebruik om hul eie mense terug te hou sodat die nie kan ontvlug nie. Gaan kyk net die liggaams bou van party
van die beamptes en dit wat hulle besit byvoorbeeld voertuie moet ‘n persoon begin wonder.
Hoekom het maroela nie almal se fotos getoon nie?

Willie ·

Ja nee kyk toe is Super-Omkoop nie so slim nie. Wat n skande, en baie teleurstellend dis aan die orde van die dag. Ons lewe lekker as ons so van die staat steel. Sous treine word gery…

Irene Myburgh ·

Nou wonder ek wat gaan word van die onwettige lisensies wat hulle uit gereik het. Gaan dit terug getrek word. Hulle behoort te kan sien watter reeks lisensies uit gereik is deur die persone.

SPEEDGUARD ·

Daar word inderdaad na al die uitreikings gekyk en summier gekanseleer , die mense met die lisensies kan dan ook moontlik aangekla word vir omkopery /korupsie.

maroela ·

Baie geluk aan wie ookal wat die skurke so vastrek , die vrot in die wortel is van bo na onder. Kyk na die land se kamstige leier , vrot korrup , regte misdadiger .

SPEEDGUARD ·

Mr, Willie Hofmeyr moet nou net ook op hul bates gaan beslag le , hy sal verstom wees !

Hanna ·

Ek vertou glad nie meer die poliese nie in alle respek gese. Ek sal nie aftrek as hulle my stop nie om eerlik te wees, veral wanneer dit donker is. Ek sal na die naaste poliesie stasie ry. En klaar. Waarheen gaan ons land.

Lee ·

Dis verblydend om die goeie nuus te hoor! Roei die kurruptes uit. Dankie vir name-en-shame. Wys sommer al die “superman’s” se foto’s asb.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.