Verkeersbeamptes vas oor ‘omkoopgeld’

Argieffoto

Argieffoto

Drie verkeersbeamptes wat glo omkoopgeld by motoriste in die Oos-Kaap geëis het, het Woensdag in die Peddie-landdroshof verskyn.

Kapt. Anelisa Feni, woordvoerder van die Valke, het gesê Mzuvukile Nelson Nkontso (50), Noluvuko Viba (29) en Phathekile Dinginto (44) is almal superintendente by die Ngqushwa-munisipaliteit se verkeersdepartement. Hulle is almal op dieselfde dag in hegtenis geneem, nadat lede van die Valke se eenheid vir ernstige korrupsie-ondersoeke en die misdaadintelligensie-eenheid ʼn lokval vir hulle gestel het.

“Die drie beamptes het na bewering omkoopgeld geëis en aanvaar van motoriste wat op die R72 tussen Oos-Londen en Port Alfred gery het. Die trio het ook na bewering omkoopgeld aanvaar van motoriste op die N2 tussen King Williams Town en Grahamstad,” het Feni gesê.

Nkontso, Viba en Dinginto is op borgtog van R3 000 elk vrygelaat. Hulle sal op 26 Januarie weer in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Buitestander ·

Knap gedaan. Wettoepassers wat omkoopgeld aanvaar is ‘n groot ewel wat met alle geweld bestry moet word.
Hulle beteken niks vir die gemeentskap nie.

Anoniem ·

Dis nie net daar waar omkoop geld ge-eis word nie dis orals,hier stop hul jou vir niks soek fout tot hul iets kry en dan eis hul geld wanneer jy sê jy het nie geld by jou vertel hul jou hulle weet waar jy bly en dan kom haal hul dit later by die huis. R50. Nee sy vertel jou reguit hulle is 2 kan nie R50.deel nie. Op daai stadium is jy alleen wat doen jy. Om polisie te kontak help niks. Die vermetelheid van die mense ken geen perke.

Piet Pompies ·

Ek het gister weereens swak diens by Nelspruit verkeersdepartement ervaar, die kantoor maak oop om 08h00 en teen 08h15 is nog geen toonbank beman. Teen 08h20 word closed kennisgewing bord verwyder, ek is so 5de in die ry. Die eerste musical chair wat ek op gaan sit se ruglening is losgebreuk, ek staan op en gaan sit hom agter ‘n onbemande toonbank, terwyl ek agter die toonbank inbeweeg kry ek ‘n sekerheidsbeampte wat wegkruip agter die toonbank besig op haar selfoon. ek weet nie wie het die grootste geskrik, ek of sy. Na ‘n uur is ek daar uit, net een toonbank oop en maksimum twee transaksies per persoon.
Aan die anderkant van die muntstuk verkoop ek laasweek ‘n voertuig privaat, basies ‘n roling body, so kan nie ry nie. Die koper kom haal die registrasie dokument by my, ons weet daar is boetes van R1200 uitstaande, die volgende dag kom haal die nuwe eienaar die kar. Klaar deur die toets, op sy naam, data dot opgesit, polisie klaring met ‘n lisensie vir ‘n jaar, koste R650.
So hierdie voertuig het al hierdie toetse ondergaan terwyl hy in my erf gestaan het, of die nuwe eienaar vertel leuns of daar is groot fout met ons owerhede.

Johann ·

Probeer Rayton, dusksnt Pretoria, oppad Culinnan toe. Vir die wat lisensies moet her uitreik, weg, gesteel…staan in n elle lange ry om gehelp te word vir n “oog toets”. Totdat ons agter kom: hiers pelle wat eenvoudig verby stap; of van agter die kantore yitkom? Die onmiddelike agresiewe verklaring? Dis thomme wat hul lisensies “skryf”? M.a.w pelle wat vóór die “oogtoets” n geldjie xstra kan lewer met hul veronderstelde lisensie “aflê” poging!!!!!!!! BLATANT voor almal wat dit aasnskou!!!!

cor ·

Gister media 24 gelees een het n kaartjie vir n vragmotor bestuurder tussen Ficksburg en Harrismith geskryf “Ry met voertuig sonder brandstof tenk” sy het seker omkoop geld gesoek en toe hy nie wou betaal nie toe skryf sy so kaartjie

Cherokee ·

Dit is een van daardie stories wat elke keer wanneer jy dit hoor het dit op ‘n ander plek gebeur.

Max ·

In die Nuwe RSA is dit nie omkoop geld nie. Dit is n wyks toelaag !

miv ·

Die euwel van omkoopgeld betaal is ‘n kanker in ons samelewing wat uitgeroei moet word. Dis sulke mense wat die Verkeersdepartemente ‘n slegte naam gee. Nie almal is so nie – hier in Mosselbaai is die Verkeersdepartement se diens puik. Ons het so drie jaar terug van Limpopo af hiernatoe verhuis en kon nie glo dat die diens hier so fantasties is nie. Dankie Valke!

Andre ·

Was gestop omrede ek glo nie “behoorlik gestop” het by stop teken. Was so met middag-ete se tyd. Na gestry wys ek to die persoon my “dash cam”. “You can go but do not do it again”, was die antwoord. Shame, moes hulle toe ‘n middag-ete mis!

Oom Kalahari ·

@Vonniese kommentaar, dit is nou ‘n raakvat stelling. Dit is die Afrika styl, want regdeur Afrika is dit die werkbare stelsel tot op hoogste vlakke. Regtig hartseer om in so ‘n vervalle lewens standaard en Sirkus eendag jou lewe af te sluit.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.