Verkeersbeamptes vas vir omkoopgeld

Argieffoto

Twee verkeersbeamptes van die Msunduzi-munisipaliteit in KwaZulu-Natal is Dinsdag in hegtenis geneem vir korrupsie.

Welani Zondi (32) en Siphesihle Zulu (26) is deur die Valke vasgetrek nadat hulle glo omkoopgeld van ʼn motoris in Pietermaritzburg aanvaar het.

Kapt. Simphiwe Mhlongo, woordvoerder van die Valke, het gesê die motoris het hulle glo teengestaan en sy motor is na ʼn skut geneem. “Hulle het omkoopgeld geëis voordat hy die motor kon terugkry,” het Mhlongo gesê.

Mhlongo het gesê die twee is vasgetrek ná ʼn geheime operasie waartydens hulle weer omkoopgeld aanvaar het.

Die twee het Woensdag in die Pietermaritzburg-distrikshof verskyn op aanklagte van korrupsie en is op borgtog van R1 000 elk vrygelaat.

Die saak is uitgestel tot 13 Desember.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Gerrit ·

Die meeste doen dit daar is maar net sekere mense wat nie die integriteit het om die tipe werk te doen nie .My tuinier vertel my die taxi operateurs in Pretoria betaal R200.00 vir n gladde band maar wat die korrupte polisieman nie verstaan nie is as daai band bars en hulle maak mense dood wie is dan eintlik skuldig

Gys ·

Dit is oor daar geen disipliene en respek meer is in die staats dienste nie. Almal wil so min as moontlik doen vir soveel moontlik geld. Ons regering doen niks omtrent koerupsie nie so dan is dit seker maar die norm om dieselfd te doen. Lead by example.

E.K. die eerste ·

Oortjies van die seekoei…dit gebeur elke dag oral

Lizette ·

Sal die saak volg…. uit op borg,maar trek nog lekker sallaris.

marianne ·

ALMAL in Pietermaritzburg vat “betalings”, dis so algemeen dat die Verkeersbeamptes selfs Bestuursskole aan huis besoek. …. Mkondeni Toets Gronde staan as die ATM bekend. ALMAL weet dit, niemand doen iets daaraan nie.
Vuurwapens raak verlore, dokumente is teen ‘n prys beskikbaar, daar was selfs ‘n onopgeloste inbraak by die Lisensie kantoor, die kluis is leeg gemaak.

neels ·

Wat is n R1000 nou vir daai manne het dit seker al klaar opgemaak. Wat verhoed hulle om elke dag uniform aan te trek en n paar motoriste voor te le en weer die geld in hulle sakke te steek, hulle maaitjies gaan net ander pad kyk.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.