Verkeersbeamptes vas vir omkopery

Argieffoto

Argieffoto

Twee verkeersbeamptes is Maandag in Mthatha in die Oos-Kaap in hegtenis geneem op aanklag van omkopery en korrupsie.

Konst. Sibongile Soci, woordvoerder van die polisie, het gesê die beamptes is deur lede van die misdaadintelligensie- en georganiseerde misdaad-eenhede in hegtenis geneem nadat hulle glo omkoopgeld van ʼn vragmotorbestuurder geëis het.

Soci het gesê die verdagtes sal na verwagting binnekort in die Mthatha-landdroshof verskyn. Lt.genl. Celiwe Binta, provinsiale polisiekommissaris, het die inhegtenisnemings verwelkom. “Ons wil ʼn sterk boodskap stuur aan voornemende misdadigers dat ons geen steen onaangeraak sal laat in die stryd teen korrupsie nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

EMK ·

Druppel in die emmer; hopelik word die arrestasie opgevolg deur toepaslike straf.

Jan ·

Is daar nog een eerlike verkeersbeampte in hierdie Sodom en Gomorra waarin ons bly ?

Peet Schabort ·

Ja, daar is maar vra jy hom na sy beroep gaan hy eerder sê dat dit die doodskop van beeste is by die slagpale.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.