Verkeersdepartement se kluis oopgesny, beroof

Groot skade is aan die verkeersdepartement in Belfast aangerig. (Foto: SAPD)

Die polisie in Belfast in Mpumalanga is op die spoor van verdagtes nadat die plaaslike verkeersdepartement Woensdagaand beroof is.

Brig. Selvy Mohlala, woordvoerder van die polisie, sê inligting dui daarop dat vier gewapende mans die perseel betree en die veiligheidswagte geboei het.

Die verdagtes het vandaar na die kluis gegaan, dit oopgesny en ʼn onbekende bedrag kontant gebuit voordat hulle op die vlug geslaan het.

Dit blyk uit foto’s wat verskaf is dat groot skade tydens die rooftog aan die verkeersdepartement aangerig is.

Mohlala versoek dat enige inligting rakende die voorval by ao. Shane Coetzee by 084 510 4761 of die Misdaadstopnommer by 08600 10111 aangemeld word.

Groot skade is aan die verkeersdepartement in Belfast aangerig. (Foto: SAPD)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Jack ·

So gaan dit.Niemand ontkom die vlaag van misdaad nie.Die mense sien kans vir polisie stasies,banke,poskantoor of enige perseel waarin dalk R10 erens opgesluit is.Hulle is nie bang vir enige weerstand of wet nie.’n Sekuriteits wag sonder ‘n wapen (9mm pistool of iets met slaankrag) is nutteloos.Hy kan maar gaan slaap onder ‘n boom.Sal geen verskil maak nie.

Tanniepetoors ·

Een of meer van die skuldiges het vantevore in een of ander kapasiteit vir die verkeersdepartement gewerk. Dis verseker. Nogal sagkens gewerk met die veiligheidswagte. Wonder of hulle voor of na die diefstal geboei is.

Swerwer ·

Moet tog nie vêr soek nie. Dit sal iemand in hul midde wees. Ongelukkig sal die kommuniste nooit wakkerskrik nie want hul het nie gewetens nie.

louis ·

Ons almal weet dit is n inside job, SA net een groot misdaad gebied waar moord en diefstal plaasvind

Genis ·

Ek hulle weet presies waar die kluis is? Hoeveel boontjies maak 5?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.