Verkeershoof het dalk saam aan moord beplan

Argieffoto

ʼn Bestuurder by die verkeersdepartement van die Port St Johns- plaaslike munisipaliteit in die Oos-Kaap het Maandag in die plaaslike landdroshof verskyn op aanklag van sameswering om moord te pleeg.

Kapt. Anelisa Ngcakani, woordvoerder van die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke), het gesê Bonginkosi Nkwahla (44) is Vrydag in hegtenis geneem op aanklag dat hy na bewering saamgesweer het om ʼn senior beampte van die munisipaliteit te vermoor.

ʼn Informant het lede van die Valke in Julie in kennis gestel dat Nkwahla na bewering saamsweer om die senior beampte te vermoor. Hy het glo R2 000 aan ʼn geheime polisiebeampte oorbetaal vir die moord. “Nkwahla het glo onderneem om die res van die R58 000 te betaal sodra die moord gepleeg is.”

Die saak is tot 14 Augustus uitgestel vir verdere ondersoek. Nkwahla bly in aanhouding.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

5 Kommentare

jongste oudste gewildste
George in Bloem

Verbaas my glad nie. Absoluut NIKS in hierdie land verbaas my enigsins meer nie.

Sarel

Nou verstaan ek hoekom mense op grondvlak so swak vaar. Wat kan jy verwag indien dit hulle Bestuur is.

marous

Wat is ‘n geheime polisiebeampte ?

Niklaas

Natuurlik twyfel ek of daardie balans van R 58 000 na die moord suksesvol gepleeg is , wel oorbetaal sou word. Net R 2000 is al betaal. Uitstaande skuld sou dan seker gelei het tot beplanning van ‘n nuwe moord. Dis mos hoe dit gaan nou.

Cherokee

Die res van die R58000 of die res van die R60000?