Verkeersknoop ná botsing op N3

(Argieffoto: WCHEMS/Twitter)

ʼn Groot verkeersontwrigting is veroorsaak ná ʼn botsing Vrydagmiddag op die N3 naby die Van Buuren-afrit in Bedfordview, Gauteng.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê ʼn insleepvoertuig en ʼn vragmotor was in die botsing betrokke. Twee mans is beseer.

“Toe paramedici omstreeks 12:45 by die toneel opdaag, het drie vragmotors die snelweg versper. Brandstof het uit een van die vragmotors begin lek en dit het oor die snelweg gespoel.”

Een van die mans het ʼn besering aan sy been opgedoen en hy was in ʼn ernstige toestand. Hy is met ʼn helikopter na ʼn nabygeleë privaat hospitaal geneem. Die tweede man het geringe beserings opgedoen.

Plaaslike owerhede stel verder ondersoek in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.