‘Verkeersligrowers’ teister Johannesburg-middestad

Argieffoto

Argieffoto

Die Johannesburgse polisie het Woensdag ʼn beroep op die publiek gedoen om hulle by te staan in hul ondersoek van voorvalle waar motoriste in die middestad by rooi verkeersligte beroof is.

Ao. Xoli Mbele, polisiewoordvoerder, het gesê die polisie ondersoek verskeie sake waar gewapende mans veral gedurende spitstye toeslaan. “Voetgangers is ook al geteiken en daar was ook voorvalle waarin sakeondernemings beroof is,” het Mbele gesê.

Mbele het gesê die polisie het al verskeie operasies gehou waartydens onwettige vuurwapens verhaal en verdagtes in hegtenis geneem is. Mbele het egter gewaarsku daar is nog baie onwettige vuurwapens in sirkulasie in die middestad wat ʼn bedreiging inhou.

Die polisie versoek die publiek om na vore te kom as hulle weet van mense wat onwettige vuurwapens besit of met die rooftogte verbind kan word. Bel die Johannesburg-Sentraal-polisie by 011 497 7240.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Piet ·

Wat is hulle velkeur, dan sal ons se of ons hulle sien – gee gerus ‘n deeglike beskrywing. Moet nou net nie veralgemeen nie!

Rina Pretorius ·

dit het met ons gebeur in Braamfontein, gelukkig het ons kar koeelvaste vensters en kon hulle dit nie breek nie maar die karre rondom ons is so beroof, dit het gelyk soos n nare film wat homself afspeel by die robot en raai wat daar het omtrent 8 polisie motorfietse so 100m daarvan af gestaan en niks gehelp nie, dit is deur sommige van die polisie se traak my nie agtigheid dat dinge sover gegaan het dat die kriminele net geen ontsag meer het nie, JHB sien my nooit weer nie sorry nie dat sulke dinge nie orals gebeur nie maar JHB vat die koek

peanut ·

Stuur die ANC verkiesings aktiviste na elke verkeerslig om daar diens te doen en daad by woord te sit dat hulle die strate van JHB gaan skoon- en veilg maak……. ;-)

n algehele vermindering van gemors sal plaasvind

Jan maak n Plan ·

IPV dat die spul metro cops motoriste op die paaie lastig val vir omkoop geld kan hulle maar elkeen n kruising kry om te patrolleer. Dan doen hulle immers iets positiefs.

Wat-ek-lees ·

By ‘n vorige berig het my kommentaar te doene gehad met vishoeke maar is deur MM afgeskiet. Seker té wreed gewees.

snoefie ·

seeker dieselfde polisie woordevoerder wie net n week gelede gese het hulle kan teisteraars wie motorists by robotte aanval en aanrand nie in hegtenis nie nie. die aanvalle is geregverdig. die teisteraars was motorvensters ongevraagd by robotte en wee jou as jy die vloeke nie betaal nie.

My se ·

Dit het met my arme vriendin gebeur. 2 swartes het in die oggend spitsverkeer teen haar venster met n geweer geslaan en gese hulle sal skiet as sy ry. Sy is n mamma van 2 klein kindertjies en het toe maar uitgeklim waarna hul met haar kar weg is.

SA val uitmekaar. Mens is nerens meer veilig nie. Nie in jou eie kar nie, nie in jou eie huis nie….nerens

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.