Verkeersman tronk toe vir R150

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto: Unsplash)

ʼn Voormalige verkeersbeampte verbonde aan die Ekurhuleni-verkeersdepartement is Vrydag ses jaar tronkstraf opgelê nadat hy met R150 se opkoopgeld betrap is.

Konst. Mazulwandile Wilson Makaula (49) het verlede week in die Vosloorus-landdroshof verskyn waar hy dié vonnis opgelê is. Die hof het ook tydens vonnisoplegging aangevoer dat Makaula voortaan nie geskik is om ʼn vuurwapen te besit nie.

Volgens kapt. Ndivhuwo Mulamu, polisiewoordvoerder, het Makaula ʼn motoris in Mei 2018 in Vosloorus gestop vir ʼn roetine deursoeking.

“Nadat Makaula die motor deursoek het, het hy gedreig om daarop beslag te lê indien die bestuurder nie R300 aan hom oorhandig nie. Die bestuurder het egter net R150 aan hom oorhandig.”

Makaula het toe, sonder ʼn geldige rede, beslag gelê op die motor en die uitstaande bedrag geëis.

Die motoris het geweier en die voorval by die Valke se ondersoekeenheid vir korrupsie in Germiston aangemeld.

“Makaula is by ʼn winkelsentrum in Vosloorus aangekeer met die omkoopgeld in sy besit. Hy is in hegtenis geneem en in Junie vanjaar skuldig bevind aan korrupsie,” het Mulamu gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Eugene ·

Twee en n half jaar om n vonnis te kry. Belaglik en eintlik lagwekkend. Ons justisie stelsel is oor die muur. Nog iets wat die anc gebreek het

Misky ·

Ek kry amper die vent jammer. Nie seker of dit is omdat hy vrek ongelukig is of sommer net plein dom nie

Jacobus ·

Skande gesien die miljoenêr en biljoenêr misdagige politici vry rondloop en selfs bevorder word terwyl hulle dade ons land teister.

Persheks Adri ·

Nee regtig vir R150 gooi jy jou loopbaan en als weg! Lekker deur die blare ou…

Wanneer word die klomp in die regering bietjie verras? Hierdie is mos kleingeld en die totale teenoorgestelde van R150!

Sandra ·

Dit verbaas my nie. My seun werk in Johannesburg. Gestop deur ‘n vroulike verkeersbeampte, sy het in sy kar geklim, sy beursie gevat (wat hy uitgehaal het om sy lisensie te wys), R200 uitgehaal, en weer doodluiters uitgeklim en gese hy kan maar ry. Hy het gery. Hy was te geskok om iets te doen of te se. Ware storie.

Cobus ·

Hy moet nou nog meer slu raak, soos bru JZ. Lekker siek speel dan is hy oor ‘n paar dae op mediese parool uit.
Of is hy nie skelm genoeg nie?

Petrie ·

Gaan hy nou rerrig tronk toe of gaan hierdie uitspraak nou weer vir die volgende 40 jaar in ander howe betwis word?
Kyk hoe word trok drywers deur spietkops gemolesteer vir omkoopgeld na die Beitbrug grenspos op N1.
Dis n skande.

Samuel ·

Maar JZ en andere gaan nie tronk toe vir miljarde se omkoopgeld, diefstal ens. nie?

Skappie ·

Hy kry ses jaar vir R150 , maar die ander polisie en weermaglede kry wat met meer geld weggekom het borgtog. Hoe werk ons stelsel dan?

Di ·

Skelms dink mos hulle gaan altyd wegkom met als tot daai EEN dag – dis presies wat hier gebeur het – KARMA

SjN ·

6 Jaar vir R150-00, dan sal Zuma se vonnis dus van toepassing wees op sy afstammelingfe tot on die 11 de geslag.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.