Verkeersopeenhoping weens verlore vrag bier

N2 naby Dickensweg in Amanzimtoti, KwaZulu-Natal Foto: Netcare 911

N2 naby Dickensweg in Amanzimtoti, KwaZulu-Natal Foto: Netcare 911

Die N2 suid naby Dickensweg in Amanzimtoti is Maandag vir ʼn wyle gesluit toe ʼn vragmotor sy vrag bier verloor het.

“ʼn Vragmotor wat in ʼn suidelike rigting gery het, het sy vrag verloor,” het Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, gesê. “Bierkratte en -bottels het oraloor die pad gestrooi gelê.”

Volgens Botha het die pad ook in ʼn noordelike rigting tot stilstand gekom toe persone by die ongelukstoneel wou stilhou. Die verkeer het ʼn paar kilometer ver opgehoop.

“Die polisie het by die toneel opgedaag en moes bontstaan om die toneel te beskerm,” het hy bygevoeg. Die pad bly gesluit tot alles opgeruim is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Francis Linstrom ·

Ons het eendag probeer om sonder sukses, water ens. twee bakleiende st Bernards uit mekaar te kry. Ek het toe die 9mm pistool gegryp en n skoot in die lug afgevuur. Hulle het onmiddelik ophou baklei.

Wat-ek-lees ·

Beslis ‘n gewillige verkeersopeenhoping. Wonder wat moes nou eintlik beskerm word . . . ?

a.j.stuijt ·

Ek sien daar’s ‘n interessante video: op dieselfde dag en dieselfde pad. YouTube Looters steal Beer Off Truck at accident – facebook CICA/CrimeIntel/videos/865852633541093/

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.