Verkeerspolisie bevraagteken Malema se vryspraak

Julius Malema. Foto: Chester Makana / SAPA

Julius Malema. Foto: Chester Makana / SAPA

Die Gautengse verkeerspolisie het Vrydag gesê hulle sal die hof daag oor sy beslissing dat Julius Malema op ʼn spoedoortreding vrygespreek is.

“Die verkeersowerheid het die betrokke bewyse by die staat ingedien,” het Obed Sibasa, woordvoerder vir die Gautengse verkeerspolisie, gesê.

Sibasa sê die verkeersbeampte wat Vrydag in Malema se saak getuig het, het nie ʼn dagvaarding ontvang om in die hof te verskyn nie, en was vir ʼn ander saak by die Vanderbijlpark-landdroshof. “Tydens Malema se vorige hofverskyning op 29 Januarie het sy regspan uitstel versoek om die dossier te ondersoek en het ʼn moontlike pleitooreenkoms vir hul kliënt aanbeveel,” het hy gesê.

“Ná die verwarring het die senior staatsaanklaer haar kollega aangeraai om nie met die saak voort te gaan nie, en eerder op die pleitooreenkoms te fokus, maar die swak voorbereide staatsaanklaer het haar aanbeveling verontagsaam en met die hofsaak voortgegaan,” het Sibasa beweer.

Malema, die leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters, is daarvan beskuldig dat hy teen 215 km/h in ʼn 120-km/h-sone gery het. Sibasa het bevestig die verkeerspolisie het ʼn “waterdigte saak” teen hom. “Ons regspan bestudeer tans die uitslag van die saak en die saak sal hopelik binnekort weer op die hofrol geplaas word.”

Malema se prokureur, Tumi Mokoena het die akkuraatheid van die toestel, wat gebruik is om Malema se spoed te bepaal, bevraagteken. David Phumudi, die verkeersbeampte, het aan die hof gesê die toestel het behoorlik gewerk en dit word gereeld getoets. Die hof het beslis dat die staat nie kon bewys dat die toestel in ʼn goeie werkende toestand was nie. Klik hier om meer te lees.

-SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Demokraat ·

Dis verontrustend dat die regspleging in so ‘n chaos verval het dat die toepassing van wet en orde bykans nie meer in alle gevalle moontlik is nie.

Theresa ·

Nou toe nou………………..Dink hulle regtig ons is almal idiote! Wys jou nou net hoe pateties is die regstelsel. Dit werk net vir hulle!

Theresa ·

Nou toe nou – dink hulle regtig almal is idiote. Dit is maar net ‘n bewys dat die regstelsel net vir hulle werk………….!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.