Verkeerspolisie op soek na spoedvraat TV-ster

Siyabonga Twala (Skermskoot uit 'n YouTube-video)

Siyabonga Twala (Skermskoot uit ‘n YouTube-video: Mangaung Online Ad)

Die KwaZulu-Natalse Padverkeersinspektoraat is op soek na ʼn voormalige Generations-akteur nadat hy Woensdag teen 153 km/h op die N2 naby Ballito, noord van Durban, gery het.

Siyabonga Twala, hoofakteur in die Isibaya-televisiereeks, is deur Groutville-verkeersbeamptes afgetrek, het Zinhle Mngomezulu, woordvoerder van die padverkeersinspektoraat, gesê. Die motor behoort glo nie aan Twala nie, hy het dit slegs by iemand geleen.

“Die beampte het Twala se besonderh

ede neergeskryf en sy rybewys aan hom teruggegee, maar hy het nie gewag vir sy boete van R1 500 nie,” het Mngomezulu verduidelik. “Die beampte kon sy besonderhede neerskryf voor hy weggery het. Hy kan in hegtenis geneem word omdat hy die wettige opdrag van ʼn beampte verontagsaam het.”

Die voorval het Woensdag glo net voor 10:00 plaasgevind.

Sy het gesê die beampte was nog besig om ander besonderhede op die vorm te voltooi soos die sperdatum teen wanneer die boete betaal moet word, toe Twala eenvoudig in sy motor geklim en weggery het.

“Twala het aan die beampte, senior verkeersinspekteur SP Dlamini, gesê hy is haastig vir ʼn vergadering met die hoof van ons departement,” het Mngomezulu bygevoeg. “Ek het my hoof daaroor gevra; hy weet niks van so vergadering nie.”

Die verkeerspolisie het die voertuig se eienaar opgespoor, maar hy het slegs beaam dat hy ʼn ooreenkoms het dat Twala die motor mag gebruik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Pierre Celliers ·

Trek vir hom die beste pak klere aan, gee hom die beste rol om te speel op tv, dit verander niks aan wie hy regtig is nie!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.