Verkeerspolisie rig streng waarskuwing

Argieffoto: Gautengse verkeerspolisie

Argieffoto: Gautengse verkeerspolisie

Met ʼn groot toename in verkeer uit Gauteng wat die komende Kersnaweek verwag word, het die provinsie se verkeerspolisie ʼn waarskuwing gerig dat geen oorlaaide minibustaxi of voertuig die provinsie sal verlaat nie.

“Beamptes van die Gauteng-verkeerspolisie is by alle uitgaande taxiroetes regoor die provinsie ontplooi,” het Busaphi Nxumalo, die verkeerspolisie se woordvoerder, gesê.

“Dit is iets waarop ons tans fokus: Verskeie minibustaxi’s en voertuie word oorlaai om soveel passasiers as moontlik te vervoer. Oorlaaide voertuie dra by tot die voorkoms van noodlottige ongelukke.”

Sy het gewaarsku dat enige oorlaaide taxi of voertuig wat opgespoor word, dadelik geskut sal word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Wouter ·

Die probleem is dalk oorvol taxi’s maar die groot probleem is die onvermoë om padreels en geduldigheid te handhaaf. O ja en respek en verdraagsaamheid vir mede pad gebruikers.

Cherokee ·

Oorvol taxis dra steeds by tot daardie onvermoë en ongeduld waarvan jy praat want wanneer ‘n oorlaaide taxi teen ‘n opdraande opkruie met ‘n bestuurder agter dit wat geen respek het vir die lewens van sy passasiers en ander padgebruikers, word oor sperstrepe verbygesteek.

Estie du plessis ·

Hierdie reels moet dwarsdeur die jaar van toepassing wees nie net op kersnaweek nie…..

nerts ·

kannie help om te lag as die waarskuwings lees nie. rig waarskuwings, step reels in, rug dreigemente maar is te lui om dit in werking te stel.

Chantell ·

Ag bull man ek kom nou van marloth park af sondag toe ek ry dis al wat jy langs die pad gesien het oorlaaide taxis en sleepwaens waarvan die as gebreuk het daar was seker 15 van hulle langs die pad so van wanneer is die nou in plek? Dis net om van te lag want daar word nooit iets omtrent dit gedoen nie, pla eerder die mense wat by pad reels hou. Ek het 5 padblokades gekry af soontoe en nie een het hulle afgetrek nie, daar seker maar reelings gemaak

Stephan ·

Alles goeie gedagtes maar dit hang alles af van hoe groot die omkoop bedrag is wat die taxi bestuurder bereid is om te betaal. Ek ry gereeld die N4 tussen Nelspruit en Mosambiek, daar is omtrent elke 10km of verkeersbeamptes of polisie wat elke oorlaaide taxi aftrek. So maak hulle hulle kersbonusse grootter.

Lance ·

Jaar na jaar selfde ou storie …almal het nou n klein karretjie en is op die pad met n gevoel van onomkombaarheid en as daar n probleem is koop on mense net ons chomma om …so ons ry soos ons wil en drink ook somme lekker ook

CHRISTA ·

Hoekom word hierdie erns oor padveiligheid nie HEEL JAAR toegepas nie of is dit maar soos die meerderheid hierbo sê – hulle doen dit vir ‘n belastingvrye Kersbonus?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.