Verkiesing 2014: VF Plus heel bo aan die stembrief

Dr. Pieter Mulder sê dankie na die aankondiging dat die VF Plus se naam heel eerste op die stembrief gaan verskyn. Foto: VF plus / Facebook

Dr. Pieter Mulder sê dankie na die aankondiging dat die VF Plus se naam heel eerste op die stembrief gaan verskyn. Foto: VF plus / Facebook

Die Vryheidsfront Plus (VF Plus) het die trekking gewen en gaan tydens vanjaar se algemene verkiesing heel bo aan die stembrief lê.

Die proses om die volgorde van partye op die stembrief te bepaal is Woensdag afgehandel. Deelnemende partye het ook die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) se verkiesingsgedragskode in Midrand, Gauteng onderteken.

Pansy Tlakula, hoof verkiesingsbeampte van die OVK, het vroeër gesê 33 partye het aangedui dat hulle aan die verkiesing wil deelneem. “Drie van die partye moet nog aan al die vereistes voldoen, en mag moontlik voor die verkiesing uitgeskakel word,” het Tlakula gesê. “Dié partye het nog tot 24 Maart die geleentheid om alle uitstaande voorleggings in te dien.”

Die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) het die OVK versoek om sy beleid te hersien oor die betaling van ʼn groot deposito deur nuwe partye. Politieke partye moet ʼn deposito van R600 000 (R200 000 nasionaal en R45 000 per provinsie) betaal om aan die verkiesing deel te neem.

Die EFF het ʼn dringende aansoek by die hooggeregshof in Pretoria ingedien om ʼn interdik te bekom om nie die deposito te betaal nie, maar die aansoek is, met koste, van die hand gewys.

Lees ook:
Hof sê oor EFF se aansoek teen OVK
Uitspraak voorbehou in EFF-saak; joernaliste gedreig
EFF-ondersteuner sterf buite hof
EFF in hof oor OVK-deposito
EFF gaan nie OVK-deposito betaal nie
EFF hof toe oor OVK

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.