Verkiesing 2016: Eerste stemme vandag uitgebring

Argieffoto

Argieffoto

Die eerste stemme in vanjaar se munisipale verkiesing sal Maandag uitgebring word, het die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) gesê.

Spesiale stemme is vanoggend reeds van 08:00 uitgebring. “Die kommissie het al die nodige maatreëls getref en is oortuig die proses sal glad verloop,” het die OVK in ʼn verklaring gesê. “OVK-beamptes sal al die mense wat aansoek gedoen het om spesiale stemme by hul huis uit te bring vandag en môre besoek.”

Die kommissie het gesê heelwat logistieke reëlings vir die verkiesing is afgehandel, soos die aflewering van 153 000 stembokse, 133 000 stemhokkies, altesaam 1,8 miljoen bladsye van die kiesersrol wat by elke stemlokaal beskikbaar moet wees, 60 ton skryfbehoeftes vir die stempunte en 45 000 baniere om stemlokale aan te dui.

Altesaam 73,9 miljard stembriewe is afgerol en sal by die 22 612 stemlokale afgelewer word. Die stembriewe sluit 4 649 unieke stembriewe in wat politieke partye en onafhanklike kandidate in elke munisipaliteit en elke wyk verteenwoordig.

“Al die stemmateriaal is oor die naweek by die stemlokale afgelewer. OVK-beamptes het die afgelope paar dae plekke geïdentifiseer waar hierdie materiaal veilig geberg sal word tot die stemdag,” het die kommissie gesê.

“Tot dusver was daar een geval waar stembriewe in Soweto gesteel is. Die polisie en die OVK het vinnig opgetree om die gesteelde stembriewe te onderskep en volgens die reeksnommers te swartlys. Nuwe stembriewe met ander veiligheidskenmerke is reeds gedruk en na die juiste stemlokale gestuur.”

Altesaam 719 222 spesiale stemme sal Maandag en Dinsdag uitgebring word. Dit sluit 315 597 tuisbesoeke in. Die spesiale stemme gee ook die kommissie kans om die stelsel te toets voor Woensdag, het die OVK gesê.

“Die kommissie wil alle Suid-Afrikaners aanmoedig om Woensdag hul stemlokale te besoek en hul stem uit te bring vir die individu wat hulle glo hul belange die beste sal verteenwoordig.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Moeksie ·

Weet iemand dalk hoe laat maak die stembusse oop Woensdag oggend?

Lida ·

Hoekom miljarde stembriewe.? Hier is net miljoene mense in SA. Die ANC gaan verseker n paar miljoen steel en vervals. Hulle is te dom om te besef dat daar nie meer stembriewe kan wees as kiesers nie. Watch mooi dit is wat gaan gebeur.

jaco ·

die regte ou met die regte wakker kop moet hierdie land oorvat en reg bestuur as ‘n eenpartystaat of ‘n diktatorskap. dan is al hierdie reusagtige onkoste op verkiesings verby

Hein ·

Is hy dal alreeds daar? Malema? Die land word egter nou verander volgens die Freedom Charter. Wie ondersteun die Freedom Charter: ANC, DA, EFF, Cope

johann cb ·

Ek hoop nie hulle moet deur al 1,8 miljoen bladsye vir my naam soek nie…(^_-)

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.