Verkiesing 2016: ‘Probleemgebiede’ as ANC verloor

Onlangse onluste in Pretoria. Foto: Via Twitter

Onlangse onluste in Pretoria. Foto: Via Twitter

Die burgerregte-organisasie AfriForum het die publiek gewaarsku om besonder veiligheidsbewus te wees tydens die verkiesingsproses, veral in gebiede waar die ANC volgens voorspellings moontlik beheer kan verloor.

“Die marknavorsingsgroep, Ipsos Suid-Afrika, het met vorige verkiesings akkurate voorspellings gemaak en vanjaar weer aangedui dat die ANC moontlik in verskeie gebiede deur mededingende partye verbygesteek gaan word. Landwye onluste en konflik word veral in dié gebiede verwag, en dus is dit belangrik dat mense op stemdag sowel as in die komende weke paraat en verantwoordelik optree,” het Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid, in ʼn verklaring gesê.

Cameron sê voorts dat die onluste in Junie vanjaar, waartydens ANC-groepe onder meer busse en geboue aan die brand gesteek het omdat hulle gekant is téén die nominasie van Thoko Didiza as ANC-burgemeesterskandidaat van die Tshwane-metroraad, ’n verdere aanduiding is dat vonke waarskynlik gaan spat indien dié politieke party van mag ontneem word.

“Soos voorheen sal AfriForum sy buurtwagte mobiliseer om die polisie by te staan waar hulle ’n tekort aan mannekrag het.”

Dié gebiede waar onrus vermoed word, is met behulp van onafhanklike navorsing en ontleding saamgestel:

Gauteng

Soshanguve, Ga-Rankuwa, Mabopane, Hercules, Atteridgeville, Hammanskraal, Mamelodi, Kameeldrift, Ekangala, Zithobeni, Tembisa, Onderstepoort, Pretoria CBD, Pretoria Noord, Bronkhorstspruit, Johannesburg, Midrand, Sharpeville Informele Nedersetting, Bekkersdal, Zola Informele Nedersetting (Soweto), Thokoza Informele Nedersetting, Doornpoort, Eersterust, Refilwe en Phillip Nel Park. Politieke onrus tussen die EFF, die ANC-geaffilieerde Sasco, DA, die ANC-jeugliga en PAC is waarskynlik.

KwaZulu-Natal

New Hanover, Appelsbosch, Tongaat, Umbilo, Queensburgh, Glencoe, Pinetown, Sea Cow Lake, Gandhi’s Hill, Avoca Hills, Newlands, Quarry Heights, Madadeni, Umdloti, Reservoir Hills, KwaDabeka, Kenville, Umbumbulu, Umzinto, Nkobongo, Umlazi, Ntshongweni, Nongoma, Inanda, Verulam, Howick, Izingolweni naby Port Shepstone, Durban, Umtshezi munisipale gebied (Estcourt), Ulundi, Umvoti, Empangeni en KwaMashu. Politieke onrus tussen die EFF, die ANC, IFP en die NFP is waarskynlik.

Wes-Kaap

Philippi, Khayelitsha en Kaapstad. Politieke onrus tussen die DA en die ANC is waarskynlik.

Noordwes

Huhudi, Tlokwe, Hebron, Wonderkop Informele Nedersetting, Marikana, Rustenburg, Mahikeng, Mokgola naby Zeerust, Swartruggens, Boitumelong Informele Nedersetting naby Bloemhof, Mmabatho en Christiana. Politieke onrus tussen die ANC, DA, SACP en die EFF is waarskynlik.

Mpumalanga

Mbombela, Delpark, Embalenhle, Bushbuckridge en Kanyamazane. Politieke onrus tussen die ANC en SACP is waarskynlik.

Limpopo

Tzaneen, Mokopane (Mozombane), Mangaung en Polokwane. Politieke onrus tussen die ANC, Agang en die EFF is waarskynlik.

Vrystaat

Bloemfontein, Sasolburg en Zamdela. Politieke onrus tussen die ANC, EFF en die SACP is waarskynlik.

Oos-Kaap

King William’s Town, KwaZakhele, Ibhayi, Bhisho, Butterworth, Govan Mbeki Informele Nedersetting, Oos-Londen en Mdantsane. Politieke onrus tussen die ANC en die SACP is waarskynlik.

Noord-Kaap

Kimberley, Upington en Daniëlskuil. Politieke onrus tussen die ANC en die DA is waarskynlik.

AfriForum het sewe veiligheidswenke vir stemdag (3 Augustus) opgestel:

  • Parkeer jou motor op ’n veilige plek waar toesig gehou word.
  • Vermy stempunte waar daar onrus plaasvind.
  • Vermy konflik of konfrontasie in stemrye.
  • Probeer om vroeg reeds by jou betrokke stempunt te wees.
  • Probeer om saam met iemand te gaan stem.
  • Meld enige intimidasie aan.
  • Meld enige voorvalle op die AfriForum-app aan: AfriForum-verkiesingswaghond.

Laai die AfriForum-app af om deurlopend onrus of ongerymdhede aan te meld. AfriForum sal ook deurlopend op die organisasie se Facebook-blad geweld of onluste aanmeld sodat die publiek op die hoogte kan bly.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

Theo ·

M. Ek hoop jy is verkeerd, maar met al die toenemende korrupsie onder hulle oor die afgelope 24 jaar is enigiets moontlik. Al wat ek weet is dat verkeisings bedrog onder sulkes n baie groot moontlikheid is.

Columbiana ·

Is dit wys om mense te peobeer bang praat voor die verkiesing? Ag nee Afriforum dis amper iets soos die swart gevaar of die nag van die lang messe waarmee julle nou besig is. Asseblief hou op met die gogga maak vir baba bang.

Hermanus Potgieter ·

Colombiana, ek dink dit is ‘n voorreg om gewaarsku te word, eerder as om onvoorbereid die ewigheid ingeslinger te word. dankie Afriforum.

Jolanda Bruton ·

Ek dink hulle doen dit op n baie verantwoordelike manier. Dankie Afriforum.

Celia Tjaden ·

Columbiana! Ekt nie woorde vir jou nie!
DANKIE Afriforum. Ek bid vir julle en dank ons Vader vir julle!

Annemie ·

Alles n bevestiging dat die land alreeds in babaarsheid verval het.

Donovan ·

Ek wonder hoeveel dorpe gaan oorbly as hulle die plek klaar af gebrand het…

Sala Edwards ·

Watchet geword van die 80000 rewds ingevulde stembriewe ten gunste van anc wat in tembisa in padblokade gevind is

Sala Edwards ·

Wat het geword van die 80000 reeds ingevulde stembriewe ten gunste van anc wat in tembisa in padblokade gevind is

Ins ·

Die 80 000 ingevulde stembrief-artikel is ‘n “hoax”. Daar is wel ‘n boks met stembriewe gesteel, maar volgens owerhede het die stembriewe reeksnommers en sal dit nie getel word nie.

Marlene ·

Ek glo nie dit is om mense bang te praat of gogga maak vir baba bang nie, maar die SABC weerhou al klaar alle geweld en dit is onregverdig teenoor die kiesers om oningelig na stempunte te gaan en mense word aangeval, ek glo nie eers die verkiesing gaan regverdig wees nie, Zuma se nie verniet dat die ANC sal regeer tot die Here weer kom nie, wat weet hy wat ons nie weet nie, hulle het mooi geleer by hulle buurland, ek dink hulle lag lekker vir ons mense wat soos fools verniet in toue gaan staan, hoop ek is verkeerd, maar die skelm spul kan geen mens vertrou nie

Scilla ·

Marlene – ek stem saam met die opvatting van die MUGABE Universiteit waar ons Amtenary mooi geleer is om verkiesings te manipuleer.
Moet nie vir een oomblik dink dat reeksnommers nagegaan word waneer stemme getel word nie.
As daar by elke stempunt 80000 voorafingevulde stembriewe is, met reeksnommers, is dit in elk geval onmoontlik om te bewys.
Die ANC sal moontlik doelbewus sekere gebiede waar dienslewering en ontwikkeling nie bestaan nie, afstaan sodat dit eers reggestel kan word deur mense wat die nodige kundigheid het. Met die volgende verkiesing kan hulle dan eenvoudig dinge manipuleer om hulle te pas.
Ons weet almal dat dit maar eintlik net amper geloofwaardig moet wees sodat die res van die wereld n rat voor die oe gedraai kan word.
Sterkte aan al die wat hulle laat manipuleer deur ” Another Name Change”.

Ettienne ·

Kan Afriforum nie ‘n Zello kanaal op die been bring waar inligting deur gegee kan word nie.. moelik om FB ens dop te hou as mens bustuur en op die pad is..

Anna ·

O genade ja en dan is daar nog die van ons wat nie met FB saamloop nie.

André Swanepoel ·

Baie dankie AfriForum vir die insiggewende artikel. Ons land benodig meer sulke burgerregte-organisasies wat ons en die wêreld bewus maak oor die stand van sake in Suid-Afrika.

pieter ·

Dankie Afriforum dis hoe ek julle ken – Marlene ek stem saam jou da is mense wat hul oe moet oopmaak

Anoniem ·

Reeds n geneukery aan die gang….met die daar kamstig 80 000 stembriewe ANC se guns gevind is…Ek kan jul belowe dit is waar en daar gaan nog baie sulke goed opduik…En dan ook gaan die stemmery nie regverdig wees nie…want baie gaan nie opdaag as gevolg van petrol staking…klaar n groot flop!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Columbiana ·

Die storie is toe nie die waarheid nie. Dis ‘n foefie

Tom ·

Waar n rokie trek, brand reeds n vuurtjie!! So eet dit met n knippie sout….

J.B. ·

A.N.C moet geskors word weens die 80000 stembriewe wat in hulle guns gevind is nog voor die verkiesing

willie ·

Afriforum dankie vir wat julle vir ons beteken en doen. Die blindes se oe sal weldra oopgaan.

anon ·

Daar klaar soveel bedorig en onreg, geen verkiesing sal ooit regverdig verloop nie. Geweld sal daar wees tot einde van dae. Ek stem GOD en GOD alleen, want net GOD kan dinge regmaak, heen politiek nie.

Jen ·

Ek dink dis baie goed dat ons gewaarsku word, want eff en anc het al lankal met hulle dreigement met stemdag begin. Dankie Afriforum

Lollie ·

En dit is net die 80 000 wat gevind is…. wat van die wat dalk nie gevind is nie!!!! Dis eintlik n grap en n KLUG!!!!

Columbiana ·

Dis ‘n snert storie of soos wat Maroela self berig ”n foefie

Nastasja ·

Dit is glad nie n klug “foefies” nie die wat teen die gebiede bly sal weet dit was net te vinnig te stil . SAPD weet self dat iets aan die broei is onder die areas . En die woord van hulle gaan weer kom is reeds uit hulle het gewaarsku met die vorige optog meer geweld en agressie sal die keer gebruik word en as hulle toe lewende animusie op SAPD gebruik het weet nugter alleen wat volgende is nie. Dis my mening oor die hele ding .

Hoender ·

Mense, ek weet nie wat soek ‘n party soos die vf+ of ander blanke partye nog op die verkiesings lys nie, hulle verdeel slegs die DA se stemme. Die enigste manier wat die ANC gewen kan word is as elke blanke persoon vir die DA stem. Al stem elke blanke persoon in hierdie land vir ‘n enkele ander party soos die vf+ sal hulle steeds nie genoeg stemme hê om te kan wen nie. Persoonlik wil ek almal aanraai (en meer amper smeek) om tydens die volgende groot verkiesing DA te stem, want as ons land verder in die ANC of eff se hande gelaat word is ons geskroef…
Vir die wat saam stem, asb versprei die woord en probeer ander ook te laat verstaan.

Mattheus Lombard ·

Weet julle, ons moet asseblief die beskermde hand van die Heilige Gees nooit onderskat nie. Ons in SA sal nooit seerkry binne beskerm van die Liewe Heer. Waarom skrik oor die konflikte? Nee mens by God is niks onmoontlik nie.

Lourens kriel ·

Wat is die verskil tussen anc en da dit is soos die duiwel in pienk of die duiwel in blou!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.