Verkiesing 2019: Meeste kiesers stem vir die eerste keer

Oudpresident Kgalema Motlanthe (Foto: ANA/Nhlanhla Phillips)

Oudpresident Kgalema Motlanthe het onderneem om weer vir die ANC te stem tydens vanjaar se algemene verkiesing op 8 Mei, het die ANC in die Wes-Kaap Sondag gesê.

“Ek dink dit gaan ʼn baie moeilike verkiesing wees,” het Motlanthe in Mitchells Plain in Kaapstad gesê. “Nie net vir die ANC nie, maar vir alle partye. Die meerderheid van mense wat gaan stem is jong mense en mense wat vir die eerste keer stem. Hulle het nog nie ʼn gevestigde stempatroon nie.”

Alhoewel talle eerste kiesers nog besluit agter watter party hulle ʼn kruisie sal trek, het hy verklaar: “Ek het my organisasie vir wie ek stem,” het die Wes-Kaapse ANC in ʼn verklaring gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Helen ·

Wat! Besef sy edele nou eers dat daar talle eerste keer kiesers gaan wees, my genade meneer dit gebeur met elke verkiesing want tieners word volwassenes in 5 jaar en dan kan hul stem?

Pierre ·

Daar is baie eerstes in die lewe en so is dit dat hy voorwaar goed gedoen het om die een uit te redeneer, en so wragtig kry hy dit reg, want voorwaar gaan daar heelwat kiesers wees wat vanjaar gaan stem. Ek hoop egter dat die nuwe generasie met hulle koppe gaan stem en nie hulle harte nie. Hoekom nog steeds vashou aan n valse droom wat nooit gaan realiseer nie.

Solo ·

Nie een party sal my stem kry nie! Demokrasie is n illusie. Waar werk dit? Poppe in n stelsel wat glo die stelsel werk. Net soos skape n sogenaamde leier volg, weet baie kiesers nie waarvoor hulle stem nie. Tropdiere doen dit, hulle hardloop agter die leier aan oor die afgrond!

Alida ·

Natuurlik gaan daar miljoene wees. Kyk na die geboortestatistieke 18 jaar gelede.

Estelle ·

‘n Groot gedeelte van die nuwe kiesers is gebore na die einde van apartheid en het geen idee dat munisipaliteite, kragvoorsieners, paaie, rioolstelsels ens ens eintlik in werkende toestand kan wees nie. Dit is hoekom die geskiedenisboeke herskryf is, nou van 2020 af verpligte vak is, en alles op ” the whites that slaughtered the blacks” soos ons President nou die dag kwytgeraak het, geblameer word. Alles eye blind om die onbekwaamheid, greed en nie-omgee van die regerende party weg te hou. Maklik om na al hierdie jare nog steeds apartheid te blameer. Nou kan hulle egter nie meer en het ‘n verlede herskep om stemme te kan wen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.