Verkiesing 2019: Onluste is grootste bedreiging, sê SAPD

Argieffoto (Foto: Motshwari Mofokeng/African News Agency/ANA)

Onrus in gemeenskappe is die grootste bedreiging vir die algemene verkiesing op 8 Mei, het die topbestuur van die SAPD Dinsdag aan LP’s gesê.

Genl.maj. Zeph Mkhwanazi het aan die polisie se portefeuljekomitee gesê ʼn bedreigingsassessering deur die SAPD voor die verkiesing het op gemeenskapsbetogings, kwessies met afbakening, geweld in die openbarevervoerbedryf, studentebetogings en politieke konflik gedui.

“Die grootste bedreiging vir die verkiesing is die onrus wat deur verskillende kwessies veroorsaak word wat strek van water, behuising en paaie. Ons ondersoek dié kwessies. Ons het ʼn gebeurlikheidsplan,” het Mkhwanazi gesê.

Volgens hom word die gemeenskapsbetogings hoofsaaklik in Gauteng, KwaZulu-Natal, die Oos-Kaap, Mpumalanga, die Wes-Kaap en Noordwes verwag.

Altesaam 81 938 polisiebeamptes sal voor en ná die verkiesing ontplooi word. Reserviste sal ook ontbied word om bystand te lewer. Nasionale reaksiespanne en die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag sal ook op bystand wees.

Die SANW en rampbestuurspanne sal ook ontplooi word as beurtkrag geïmplementeer word en dit ʼn bedreiging inhou vir die stembusse. Lt.genl. Fannie Masemola, adjunk-polisiekommissaris, het aan LP’s gesê kragopwekkers sal saam met die Onafhanklike Verkiesingskommissie in gebruik geneem word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Johan ·

Onluste het nou die nasionale tydverdryf geword. Die nommer 1 sports!

Johanna Botha ·

Die polisie is so useless dat hulle elke liewe persoon se veiligheid bedreig omdat hulle nie weet wat hulle doen nie en dit net n JOB is ….

willie ·

ñ noodtoestand gaan al CR se probleme oplos! geen verkiesing sonder krag en ñ verloor!

Kolle ·

Nou hoekom in die lewe sal Limpopo provinsie uitgesluit wees? Dit gaan hier vrolik in die onderskeie gemeenskappe soos dit brand en dans.

HPV ·

Onluste tydens verkiesings in derde wêrelde is aan die orde van die dag. Die sinkende demokrasie, ekonomie, Eskom, SAL, SABC in ag geneem is ons nou midde in die derde wêrelde. Maak nie saak wat tydens die verkiesing gebeur nie dit sal vry en regverdig verklaar word.

PJC ·

Is die polisie dalk besig om voorbrand te maak vir die afkondiging van ń noodtoestand want dan is daar mos vodoende redes om die verkiesing af te stel. Die ANC het mos mooi gekyk wat hul maatjies in die res van Afrika doen.

Sirkus ·

Genl. Maj …… dit is eintlik maar die hele land en die VN en Afrika Unie sal dit ‘n vrye en regverdige verkiesing verklaar. Laat ons nie onself bluf nie

KrokodilBotha ·

Propoganda van onbevoegde kommuniste. Hulle sal alle verskonings uitdink om nie opgesluit te word vir diefstal ensv. nie. Ek ruik n “state of emergency ” as laaste reddings boot. Vrot spul.

willem Botha ·

Onluste die grootste probleem?Die feit dat SA 2 soorte polisie het is die probleem want die een helfte wil niks doen en salaris verdien en die ander helfde is besig met misdaad en korrupsie

Nugter ·

Hulle wou die land hê en dit in 1994 gekry.
En nou? Alles, maar alles in sy m..r.
Niemand, maar niemand kan SA meer red nie.

George in Bloem ·

Hy is verkeerd.Die ANC is die grootste bedreiging vir hierdie land……”by the proverbial country mile.”

Michael ·

O genade ons wil op 8 Mei net gaan stem. Maar ek sien die SAPD DIe Weermag. berei voor vir n oorlog. waarna toe gaan S A.???????

Planke ·

Gaan daar ooit n verkiesing wees? Dink mooi hoe slinks die imperialiste kan dink?

Michael ·

liewe Hemel Ons wil op 8 Mei net gaan stem . En die SAPD EN WEERMAG BEREI VOOR VIR OORLOG Waarna toe is SA op pad “Kan iemand my asb help want ek verstaan dit glad nie”

John ·

… en wie stap dan weer in om sy ou joppie te hervat? Daar is nie ‘n manier om al die bankkrot-maatjies te voorsien as met die druk van vals geld nie en tydens die chaos kan vreemde dinge plaasvind. Venezuela het die bloudruk verskaf. Indien hier probleme is, sal die Weste deur die Ooste verhoed word om in te gryp. Gemeenskappe sal hul veiligheid moet opskerp. Die Siener se sien kan uitspeel, want die oorsaak word altyd elders gesoek. Die kragonderbrekings is dalk meer as ou sentrales… voortekens van die tye?

Andrea ·

Ek stem saam. Siener se gesigte begin al meer en meer realiseer. So ons moet voorberei.

Heksie ·

Ek het vrede in my gemoed oor die komende verkiesing want elke dag bid ek en ek weet God is in beheer!

Chris ·

Kwansuis is die polisie en weermag gereed om by die verkiesing te help met beurt krag. Wat n rook skerm . Se eerder hulle is daar sou die ANC nie so goed vaar in die verkiesing nie om hulle dan so in beheer te hou met brutaliteit soos in die res van Afrika se “one man show” verkiesings

Nugter ·

Al die mense wat plaasmoorde pleeg en vir die onluste verantwoordelik is, stem vir die anc of die eff.

Arie ·

Ek hoop ook so maar is bevrees hulle gaan weer vir die mense stem wat verantwoordelik is vir ons huidige toestand ?

Jannie ·

Ek is steeds nie so seker dat hierdie verkiesing wel gaan plaasvind nie!!!

Die waarheid ·

@michael Die anc is bang vir die verkiesing want hulle het gehoop op n twee derde meerderheid en dit lyk al meer of dit nie gaan realiseer nie.
Dus is hulle enigste opsie om chaos te veroorsaak sodat die verkiesing nie kan plaasvind nie en n noodtoestand afgekondig word wat hulle dan die mag gee om te doen wat hulle wil.
So hulle stel noudie beurtkrag in om almal se nerwe dun te maak. En as dit nie n situasie inisieer nie het die sap klaar geasseseer dat daar onluste gaan wees oor water,behuising en paaie. Somerso uit die bloute gaan die drie kwessies die bevolkonh so pla dat hulle die land onregeerbaar gaan maak. Wat weereens n noodtoestand tot gevolg sal he.
Hoop jy verstaan nou beter en ook dat ek of jy niks daaraan kan doen behalwe bid en glo nie.

jakes ·

Die ANC se kierangs braai uit. Jy kan net tot op n punt voorgee dat jy weet wat jy doen maar dan sien jy jou galie. Ted Blom het 6 maande gelede al voorspel dat ons teen einde Maart vanjaar waarskynlik tussen 2- 3 ure krag per dag sal he. Politici lieg onophoudelik vir die kiesers maar chaos is ons voorland. CR is toe nie die ridder op die witperd nie. Wanneer gaan die meerderheid kiesers besef dat hul regering n spul idiote is? LOL

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.