Verkiesing 2024: Sewe partye, een doel voor oë

Die leiers van die sewe partye van die sogenaamde Moonshot-pakt. (Foto: Tania Heyns/Maroela Media)

“ʼn Historiese oomblik.

“ʼn Keerpunt.

“ʼn Kruispad.

“Ons 1994.”

Dít is in ʼn neutedop hoe die leiers van sewe opposisiepartye die wesenlike moontlikheid van ʼn paktregering ná volgende jaar se algemene verkiesing Woensdag bestempel het met die afskop van hul nasionale konvensie in Johannesburg.

Die DA, VF Plus, IVP, ActionSA, United Independent Movement (UIM), die Spectrum National Party (SNP) en die Independent South African National Civic Organisation (Isanco) kom vandag en môre (Donderdag) gedurende dié konvensie by Emperors Palace byeen om ʼn ooreenkoms vir ʼn (moontlike) paktregering voor volgende jaar se verkiesing te beding.

John Steenhuisen aan die woord. (Foto: Tania Heyns/Maroela Media)

Dié sogenaamde Moonshot-pakt bied opposisiepartye die heel beste kans om die ANC te ontsetel, die mag buite die EFF se hande te hou en ʼn meerderheid van 50% plus 1 te behaal om ʼn alternatiewe regering tot stand te bring.

Gesprekke tussen die sewe opposisiepartye vind tans agter geslote deure plaas. Maroela Media het verneem dat die partye vooraf gesamentlik ooreengekom het oor watter belangrike kwessies oor die volgende twee dae bespreek moet word.

“Die volgende twee dae gaan nie oor politiek of politici nie. Die volgende twee dae gaan oor die mense van Suid-Afrika,” het John Steenhuisen, federale leier van die DA, vanoggend voor die aanvang van die byeenkoms aan verslaggewers gesê.

“Die uitkoms van hierdie onderhandelinge moet beoordeel word op grond daarvan of dit konkrete oplossings bied om die lewe van alle Suid-Afrikaners te verbeter.

“Vir daardie doel kan en moet dit nie ʼn suiwer teen-ANC-projek wees nie. Dit moet ʼn pro-Suid-Afrika-projek wees.”

Velenkosini Hlabisa, IVP-leier, het dit beaam.

Velenkosini Hlabisa aan die woord. (Foto: Tania Heyns/Maroela Media)

“Dit is nie ʼn teen-regerende-party-klub nie. Ons rede vir die sameroeping hier is veel belangriker. Ons haat nie die ANC nie. Maar ons haat wat die ANC in Suid-Afrika gedoen het.”

Neil de Beer, president van die UIM, het ook gesê dié party het hom nie by die gesprekke aangesluit om ʼn geveg te begin of van enige party “vyand nommer een” te maak nie.

“Ons is hier om die landsburgers nommer een te maak.

“Ons diversiteit maak van ons ʼn groot nasie. Dit is in hierdie diversiteit wat ons eenheid sal vind.”

Dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, het vanoggend aan Maroela Media gesê daar is tans geen enkele politieke party wat die ANC op sy eie kan onttroon nie.

Hy het later gedurende die mediakonferensie gesê Suid-Afrika nader opnuut ʼn kruispad.

“Die verkiesing in 1994 was een sodanige kruispad. Wat die VF Plus betref, is ons volgende kruispad 2024.”

Herman Mashaba, Pieter Groenewald en Velenkosini Hlabisa Woensdagoggend by Emperor’s Palace. (Foto: Tania Heyns/Maroela Media)

Volgens Groenewald lê die verantwoordelikheid egter nie net by politici nie maar ook die kiesers om verandering in Suid-Afrika teweeg te bring.

“ʼn Politieke party is net so sterk soos die ondersteuners wat vir daardie spesifieke party gestem het.”

Christopher Claassen, president van die SNP, het op sy beurt gesê ʼn alternatiewe regering mag ʼn nuwe politieke toekoms en rigting vir Suid-Afrika verseker. “Ons beskou vandag as ʼn spesiale historiese oomblik. ʼn Oomblik waarna ons almal dalk in die toekoms kan terugkyk as ʼn keerpunt.”

Claassen sê sy party sien daarna uit om gemeenskaplike grond te vind oor volhoubare oplossings vir die uitdagings wat Suid-Afrika in die gesig staar.

Dr. Zukile Luyenge aan die woord. (Foto: Tania Heyns/Maroela Media)

Dr. Zukile Luyenge, president van Isanco – die party wat hom eers enkele dae gelede tot die pakt verbind het – het vanoggend gesê die komende verkiesing is die sewe partye se “1994”.

Luyenge het aan sy kollegas van die ander ses partye gesê om nié hul verantwoordelikheid, geloofwaardigheid en vermoë te onderskat nie. “Suid-Afrikaners is op soek na ʼn alternatief en júlle is daardie alternatief.”

Historiese oomblik

Prof. William Gumede, onafhanklike voorsitter van die nasionale konvensie, het daarop gewys dat  die sogenaamde Moonshot-pakt of droompakt een van die min prosesse ter wêreld is waar ʼn koalisie-ooreenkoms voor ʼn verkiesing onderhandel word.

“Dit gebeur nie dikwels in ander lande nie. Dit het in Brasilië in die vroeë 1990’s gebeur en ʼn paar jaar gelede in Gambië. Dit is dus ʼn buitengewone en historiese oomblik.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

Sarel ·

Ek vertrou dat julle dasrin sal.kan slaag om die mense van SA bo die van Politieke verskille te stel.
Sien is egter glo….

Gerhard ·

Ons gaan seker nou weer paar heavy negatiewe kommentare hier kry. Ek wil net se, ek is super opgewonde hieroor en ek glo, as hierdie reg gedryf en bestuur word, gaan dit beslis die keurpunt wees van die chaos waarin ons huidiglik verkeer onder die cANCer. Baie sterkte en voorwaards mars na 2024 verkiesing. Ons vir jou Suid Afrika.

Frank ·

Nie negatief nie, net bietjie kop hulp nodig want babbel op amper enige berig, ongeag waaroor dit gaan, twak oor die DA

netek ·

al lankal gesê so `n stap is al wat SA kan red. Te veel klein partye op die kiesers lys. Wat van net 2 en klaar. Dan sien jou hoe gaan die regerende party skarrel.

OU SAAR ·

Hier stem ek 100% saam. Dis ń GROOT mors van hardbetaalde belastinggeld die 110 klomp nikswerd politieke partytjies. Regtig, net 2/3 partye is genoeg.
Dalk is daar nou lig aan die einde vd tonnel…

Pieter ·

Ek glo en vertou dit is werklik iets besonders iewers moet iets verander Sterkte vir julle dit sal beslis super beter gaan in ons land

Mariana ·

Sterkte aan alle rolspelers. Mag dit wat hulle beoog suksesvol wees. Ons het wragtig ‘n beter regering nodig en hopelik is dit die uitweg. Aan die einde van die dag gaan dit oor die land en sy mense en ‘n beter lewe vir almal. Die ANC leiers en kaders kon net vir hulself ‘n beter, ryker lewe bewimpel met belastingbetalers se geld en het GEEN goeie besluite geneem nie. Genoeg is nou genoeg. Tyd vir vernuwing en beter dinge vir SA se mense, almal nie net sommiges nie.

Kaal Keiser ·

Dit kan ‘n goeie ding wees…solank die verkiesing regverdig is en sonder enige kroek.

Althes ·

Ons sal dit maak, sterker as ooit. Alle goedheid en guns spreek ek op die koalisie pakt uit.

MC ·

Kyk, ek beskou dit ook as ‘n groter kompliment om ‘n nefie in die tronk te he as om ‘n nefie in die politiek te he, maar wat julle hier probeer, maak ‘n mens weer versigtig optimisties. Kom ons hoop dis nie net ‘n gedwarstrekkery nie, maar dat almal dit doen ter wille van Suid-Afrika.

annie ·

Mense stem vir die ANC omdat die party onverantwoordelike gedrag goedkeur. Zuma word verduur omdat hy alles van almal se verkeerde doen en late weet. Die manier hoe Cyril sy Phala-sakepraktyk bestuur laat ANC-kiesers glo hul kan ook so doen. Ons departement van justisie is ‘n hartseer storie. Slegte gedrag kry gou baie kleintjies. Dié nuwe maanblom sal eers etiese standaarde moet stel, aanvaar en self onderhou anders verander dit in ‘n dodelike grap.

57 Chevy ·

As ek my kan voorstel lyk dit op die oomblik soos n af gebrande veld , en in die middel van die veld vol roet is daar n immer groen spruit wat ontkiem het en uit stoot bo oor al die verwoesting . Iets nuuts ….laat my sommer weer opwindend en verlig voel . Baie sterkte aan al sewe partye ! Ek glo en vertou n beter S.A vir ons almal is op die horison ! Die balaans lê in elke burger van S.A se hande om dit te laat werk .

Niemand ·

Laat die moontlikheid van ‘n “slegte uitkoms” jou altyd so omrol en opgee?

Indien wel, is jy deel van die land se probleem Riaan.

Republikein in die Wes Kaap ·

Riaan is net realisties. Hier is ‘n Zim scenario in werking. Die regime sal van die pakt se leiers nog arresteer op belaglike aanklagte. Die ANC is uitgeslape, meer as wat ons besef.

Fluisterwind ·

Die African National Congress (ANC) en die Economic Freedom Fighters (EFF) beklee ‘n beduidende deel van die totale setels in die wetgewer (274 uit 400) op grond van hul gesamentlike resultate. Ek hoop die helfte van hul kieser weier om te gaan stem!

muffin ·

as 1 kieser weier om te stem dan tel ANC by van hulle punte te groei.

JohanR ·

Ouens julle het my volle steun as dit gaan moontlik wees om die ANC gemors te ontsetel!

Josua ·

Wat my egter hier bekommer, is dat van die mense was voorheen in die weermag aan alby kante en behoort te weet dat as jy die vyand wil uitoorlê verklap jy nie jou “strategy” nie want dan gee jy die oposisie mos die geleentheid om hul teenvoeter te beplan. Al wat ons kan doen is om te bid dat die wel die uitweg en antwoord is en dat al hierdie groot skelms in die land agter tralies te sien gaan wees dit is waar hulle hoort. Die enigste oplossing in SA gaan wees om swartmense te oortuig dat n nuwe regering wel werkskepping en vooruitgang vir almal sal beteken maar ongelukkig sien hulle steeds apartheid as die euwel en is bang SA keur terug na n apartheid land maar ons weet dit sal nie gebeur nie en om hulle daarvan te oortuig is die sleutel, dat dissipliene, wet en orde herstel sal word is n versekering, ongelukkig is dit nie wat die meerderheid wil hê nie. Apartheid en rassisme gaan nou weer as groot teenvoeter strategie gebruik word om paniek te saai hou maar dop.

piet ·

So die pakt sal tesame minstens 100% meer stemme as die vorige verkiesing moet kry om by 50% uit te kom. Geen kans in my opinie nie.

piet ·

Wat jy nodig het om by die 50% uit te kom, is 2 redelike groot partye. So as jy nou die DA en nog ‘n party gehad het wat so 15% kon bydra (ongelukkig is dit omtrent waar die EFF gaan draai) dan het jy dalk ‘n realistiese kans gehad om die regering oor te neem.

Sê maar net ·

Mag die Here se seën op hierdie samekomste rus en mag Hy julle lei in elke besluit wat daar geneem word!

SomeOne ·

ek hoop net net dat al die info wat nou uitgeblaker word gaan nie tot voordeel van cancer gaan wees nie, dat hul dalk ‘n nare truuk gaan trek om alles tot niet gaan maak nie
ek hou van die een doel, dit MOET net SLAAG

Chris ·

Een doel voor oe – om die illusie van demokrasie te bevorder. Nerens hoor mens van die mense nie behalwe voor die verkiesing – en dan probeer hul almal wedywer om ‘n salaris / skuus setel in parlament te bekom om die tyd uit te wag vir die volgende verkiesing. Demokrasie is ‘n illusie!!

Antoinette ·

Ek wil graag ‘n beroep doen aan al die Christelike partye. Julle moet onthou toe Dawid gevlug het vir Saul, WIE HET BY HOM AANGESLUIT: All die mense wat gevlug het vir hulle lewens, dit was nie almal wat God gedien het nie. Julle sal moet besluit om deel te wees van die opposisie, totdat die ANC uit hulle stoele gelig is. Wil julle nou NOG ‘n verdere 4 jaar suffer. God sal ons help, maar jy moet opstaan met jou wapen in jou hand die Bybel. GROOT ASSEBLIEF. Hierdie is ons kans om ‘n beter lewe al sal dit woes gaan God sal ons help, maar net as ons bereid is om op te staan vir onsself. ASSEBLIEF DINK.

John ·

As dit die enigste manier is om die ANC te ontroon dan het julle my merkie

Theresa ·

Waar is ACDP, n mens sou verwag hulle sal dit sterk verteenwoordig?

Prikkie ·

Maar hoe het julle dan nou nie vir Carel Nieuhaus met sy eie nuwe party genooi nie? Hy is dan nou so uitgesproke teen die ANC!

En elke stem teen die ANC tel mos …..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.