Verkiesing: 29 partye gaan deelneem

stembrief Wes-Kaap 2Altesaam 29 partye sal op 7 Mei aan die nasionale verkiesing deelneem.

“Partye moes Maandag teen 17:00 alle uitstaande dokumentasie by die OVK ingedien en hul verkiesingsdeposito’s betaal het,” het Kate Bapela, woordvoerder vir die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) Woensdag in ʼn verklaring gesê.

Vier partye, wat aanvanklik aangedui het dat hulle aan die verkiesing wil deelneem, het nie die spertyd gehaal nie. Dié partye is die African Unite Party, Iqela Lentsango – Dagga Party, Lekgotla for Democracy Advancement en South African Progressive Civil Organisation.

“Dit is die grootste aantal partye nog wat aan ʼn demokratiese nasionale verkiesing in Suid-Afrika deelneem,” het Bapela gesê.

Die OVK sal ʼn lys van kandidate op sy webwerf publiseer waarna enige besware teen ʼn kandidaat die OVK se hoofkantoor in Centurion skriftelik voor 1 April 2014 om 17:00 moet bereik. Die kommissie sal op 7 April sy uitspraak lewer oor die besware en, indien iemand teen die uitspraak wil appelleer, moet dit voor 10 April by die OVK ingedien word. Die finale lys van kandidate vir die verkiesing sal op 22 April gepubliseer word.

Klik hier vir meer inligting en om die onderskeie stembriewe te sien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

VerVanRyn ·

Wow! Soveel party waarvan ek nog nooit gehoor het nie! Waar kry hulle almal R600 000 om te kan deel neem???

Slim Daan ·

Party smous met sushi-verkope, ander weer met rekenaar-tablette. Lekka cheap-cheap. Lsg net 500 bokke.

Jaco ·

Die laaste wat ek gehoor het is dat die EFF nie die fondse het om die R600 000 te betaal nie. As hulle dit wel betaal het, “good for them”maar as hulle dit nie betaal het nie behoort iemand die OVK aan te kla vir leuens en vals verklarings, want dan is hulle verklaring nie korrek nie. Sal graag egter bewyse wil sien dat die EFF die betaling gedoen het, want hulle het ‘n hofaansoek gebring om te sê hulle het nie die fondse nie. Waar kry hulle dit so vining? SARS behoort dit dalk te ondersoek!

AmY ·

Net in Suid-Afrika kry jy soveel partye wat aan ‘n verkiessing gaan deelneem. Wonder waar gaan R600 000 x 29 heen?

Dis darem maar baie baie geld jong.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.