[Verkiesing] ANC wil steun in Vrystaat vergroot

Foto: Reint Dykema

Foto: Reint Dykema

Die ANC hoop om sy steun in die Vrystaat te vergroot te midde van spanning oor kandidatelyste en met van die swakste munisipaliteite in die land.

Die ANC se steun in die Vrystaat het in die nasionale en provinsiale verkiesing in 2014 effens afgeneem. Die DA se steun in die provinsie het aansienlik verbeter en die party het Cope as die amptelike opposisie in die Vrystaat onttroon. Die EFF is derde in die provinsie.

Die ANC het in die 2014-verkiesing 708 720 (69,85%) van die stemme op hom verenig, terwyl die DA 164 672 (16,23%) van die stemme gekry het. Die EFF het 82 674 (8,15%) van die stemme gekry en die VF Plus 21 339 (2,1%).

In die 2011-munisipale verkiesing het die ANC 1 065 865 (71,02%) van die stemme gekry, die DA 300 431 (20,02%) en Cope 51 923 (3,46%).

Prof. André Duvenhage, politieke ontleder aan die Noordwes-Universiteit, meen die ANC se prestasievlak kan tot of net onder 65% daal. “Die DA se steun sal na verwagting rondom 20% wees, terwyl die EFF waarskynlik sowat 10% van die steun sal kry.”

Volgens Duvenhage is die Vrystaat ʼn redelike veilig provinsie vir die ANC, onder meer weens die “sterkmanfiguur” van premier Ace Magashule. “Hy het ʼn invloed op kaders regoor die provinsie.”

Mangaung-metro:

Volgens Duvenhage kan daar wel verwikkelinge wees in Mangaung. Daar is groot ontevredenheid oor die ANC se burgemeesterskandidaat vir Mangaung, Olly Mlamleli, wat by Thabo Manyoni sal oorneem. Magashule en Manyoni het glo koppe gestamp oor die bestuur van die metro se geldsake.

Struwelinge tussen Manyoni en Magashule het verlede jaar aan die lig gekom nadat Manyoni glo geweier het om instruksies van Magashule oor die bestuur van die metro se geldsake uit te voer. “Mayoni en Magashule het vroeër saam geloop, maar ʼn breuk het ontwikkel. In die magstryd is Ace die sterker man en in Mangaung is die fokus om beheer te kry oor finansiële bronne.”

In die munisipale verkiesing in 2011 het die ANC 266 723 (66,27%) van die stemme in die Mangaung-metro op hom verenig, terwyl die DA 109 122 (27,11%) van die stemme gekry het en die VF Plus 6 073 (1,51%) .

In die nasionale en provinsiale verkiesing in 2104 het die ANC 187 553 (64,44%) stemme in die Mangaung-metro gekry, terwyl die DA 60 725 (20,87%) van die stemme gekry het en die EFF 24 995 (8,59%).

Volgens Duvenhage kan hoër vlakke van apatie teenoor die ANC in die Vrystaat ook ʼn rol speel. Hy meen die aantal politieke partye en onafhanklike kandidate wat aan die munisipale verkiesing gaan deelneem, is ʼn voorbeeld van die ontevredenheid.

NOTA: Die totale aantal stemme is die totale aantal wyk- en proporsioneleverteenwoordiging-stemme. 

Lees alle vorige berigte oor die verkiesingsfokus op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Loeis ·

Volgens ‘n artikel op timeslive.co.za is die DA en EFF in orderhandelings oor samewerking. Met getalle soos hierbo gaan dit hulle natuurlik nie help nie want saam het hulle minder as die ANC. Maar elkeen wie vir die DA gestem het gaan hom/haarself dan skop.

RC ·

Nie in ‘n miljoen jaar nie. Malema het gesê as JZ padgee sal hy terug gaan na ANC. Hoekom sal hy nou met minder as dit tevrede wees? Nie hy if DA sal wil saamsmelt nie. Moet nie alles glo wat jy lees nie, ek dink “iemand” het ‘n goeie manier uitgevind om mense te kry om nie DA te stem nie.

Lance ·

Die domste van die domste sal nogal alles glo ….glo jaar na jaar al die anc se lee beloftes …hou hulle dom en hulle stem vir jou !

Boetman ·

Dan is daar steeds maatskappye en individue wat insamelings hou vir “arme mede burgers” wat swaar kry.
Voorbeeld: KFC vra “net” R 2 by jou bestelling vir “minder bevoorregtes”.
Die minder bevoorregte se stem tel presies dieselfde as myne, wat besef dat hulle verkies het om minder bevoorreg te wees.
As iemand verkies om so te bly mag en kan ek mos nie inmeng met die keuse nie!
Moenie nou op my gewete begin Uilspieel speel nie!

Lance ·

Eintlik moet net belastingbetales die reg he om te stem …die wat nie bydae man nie stem nie dis wat ek se

snoefie ·

ek se dit lankal. dis n munisipale verkiesing. ek glo as jy n op-datumbetaalde erfbelasting rekening kan voorle dan mag jy stem.

Frik Lotz ·

Ook nie veel verskil tussen ANC en DA nie. Albei steun regstellende aksie, BEE, grondhervorming en kwotas. DA is nou net gepla oor swart kiesers en minderhede moet aan agterspeen suig. Stem eerder VF Plus juis omdat hul veg vir minderhede se regte en nie koalisies sal vorm met ANC en EFF nie.

Ben Prinsloo ·

A nee a snoefie, dit sal beteken ek mag nie stem nie. Soos hulle sê: ride the system.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.