Die burgemeester van die Overberg-distrik-munisipaliteit het ʼn saak van bedrog oopgemaak nadat twee stembusse in ʼn informele nedersetting in Grabouw in die Wes-Kaap opgespoor is.
Die twee bokse, wat met die stemdistriknommer 97950011 genommer is, is Saterdag in huis in Rooidakke, Grabouw, opgespoor. Die bokse is glo uit die Wit Huis-stempunt in Wyk 8 van Theewaterskloof-munisipaliteit verwyder. Dit is ʼn substreek van die Overberg-distrik-munisipaliteit.
Burgemeester Lincoln de Bruyn het Saterdag ʼn saak by die Grabouw-polisie ingedien. Hy en vier polisiebeamptes het die stembokse by die huis gaan haal.
Plaaslike verteenwoordigers van die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) is oor die voorval ingelig en die effek op die uitslag van die verkiesing in Grabouw sal ondersoek word. -SAPA
Daar is nou al so baie van hierdie soort dinge ontbloot dat mens nie kan glo dat die verkiesing vry en regverdig verklaar kan wees nie. Dit is ongelooflik en mens wonder waarheen is ons land op pad
Ek dink die volgende paar jaar gaan interesante dinge oplewer? Bietjie vuurwerke sou ek se.
Skokkend dan praat ons van demokrasie en vry en regverdige verkiesings ja never trust d basttttttttdzzz
Dan wonder hulle hoekom ons land is soos dit is.Pateties man.