[Verkiesing] DA blaas in ANC se nek in Gauteng

Die voorlopige uitslag in Gauteng. Die groen gedeeltes verteenwoordig steun vir die ANC, die geel gedeeltes is steun vir die DA en die wit gedeeltes is munisipaliteite waar die stemme nog nie getel is nie (Grafika: OVK)

Die voorlopige uitslag in Gauteng. Die groen gedeeltes verteenwoordig steun vir die ANC, die geel gedeeltes is steun vir die DA en die wit gedeeltes is munisipaliteite waar die stemme nog nie getel is nie (Grafika: OVK)

Die Demokratiese Alliansie en die ANC is om 20:00 byna kop aan kop ná 59% van die stemme in Gauteng getel is ná die munisipale verkiesing op 3 Augustus.

Die ANC het reeds 1 404 804 (44,39%) van die stemme op homself gevestig. Die DA het reeds 1 271 904 (40,19%) van die stemme verwerf. Die EFF staan op 10,11% met 319 832 stemme.

Die ANC het in 2014 altesaam 53,59% van die stemme gewerf en die DA 30,78%.

Sy Mamabolo, hoof verkiesingsbeampte, het gesê die finale uitslag van die metro’s in Gauteng sal na verwagting deur die loop van Vrydag bekend gemaak word.

Altesaam 85% van die nasionale stemme is reeds getel.

Lees alle vorige berigte oor die verkiesing op Maroela Media

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Harold ·

Groot deel van Centurion is nog nie getel nie. En dis nog steed kop aan kop. Ek het die vorige stemme saam gaan tel van die verlede en volgens my berekenige moet die DA wen in Pretoria.

Johann ·

Sal my nie verbaas as daai stemme nooit getel gaan word nie. Ons ken mos nou al die klomp se truuks.

Lance ·

Ek hoop van harte so dan kan die strate weer gevee word en die plek kan skoonkom van al die rommel …soos in die kaap …was n rukkie trug daar bo …wat n gemors …dumping is noual skaamteloos helder oor dag langs die pad …in die Kaap sien mens nie dit nie …hier voel ek is beter beheer …kaap is skoon en netjies !

Columbiana ·

As jy nie gestem het nie klop jouself dan op die skouer as die ANC weer wen geluk jy het hulle gesels. As jy eerder vir die VF+ gestem het as die DA ek die ANC wen vanaand klop jouself dan op die skouer jy het die ANC help wen.
Die ANC het jou dan duidelik nog nie genoeg afgewater dat jy hulle sou wou sien uitgestm word. Elke stem tel as jy die ANC wil onttroon

chrisp ·

As jy DA gestem het klop jouself op die skouer jy het gestem vir die ANC se beleid .
Jy ondersteun en en keur die ANC beleid goed, saam met hulle vryheidsmanifes(DA beleid)
Jy is ‘n ondersteuner van BEE,AA,grondhervorming,verandering van plekname,afskaffing van Afrikaans,kwotas orals( in sport werk) las maar by.As jou kind,familie of vriend nie werk kry, toelating tot universiteit agv kwotas wees net eerlik genoeg en se jy het daarvoor gestem en ondersteun dit met oorgawe. Maar jy sal nie want julle het nie die moed van julle oortuiging nie.

Al wat hulle kan doen is om die ANC beleid beter toe te pas en af te dwing.
Indien die ANC hulle beleid gepatenteer het sou die DA tantieme betaal het.

Brolloks Beyer ·

Ek stem eerder vir die ANC voor ek die DA sal ondersteun. Ten minste weet ek waar ek met ANC staan – alhoewel, die DA is deesdae redelik reguit oor wat hulle eintlik van die Afrikaner dink. Hulle lag lekker vir julle dom Afrikaners wat vir julle eie ondergang stem.

Nico ·

As jy dink ‘n VF plus stem bevoordeel die ANC verstaan jy doodeenvoudig nie die stemproses nie.

rudi ·

Nie een party gaan 50% haal nie. Die groot vraag is wie gaan die EFF kies as bondgenoot in Gauteng. Dinge gaan nog erger wees as EFF en ANC saam steel of die gegoede gebiede net nog meer belas. DA en EFF koalisie gaan ook ‘n gemors afgee. Ongelukkig het mense nie VF meer se gegee. Nou is daar niemand om belans te handhaaf

Sus ·

Columbiana jy is seker reg, maar moenie vergeet nie, die DA is maar die ANC – net in ‘n ander baadjie!

Johannes ·

As jy gister DA gestem het jy Christus verloën. Jy het ‘n party ondersteun wat erkenning gee aan afgode en wat humanistiese beginsels steun. Julle sal eendag voor God Almagtig moet verduidelik…

leon ·

Dan gaan daar in die hemel bitter min blankes in die hemel wees !!!

gatiep ·

Johannes jy is reg hoor en jy het dan gestem om al jou regte op te gee.
Soos iemand hier bo gese het jy weet waar jy staan met ANC maar DA se uiteinde plan is donker sodat min mense dit eintlik kan raaksien.

T ·

Ai maar dis mense soos jy wat Christene ‘n slegte naam gee en meer mense UIT die kerk jaag is in nooi sterkte met daai houding

Ben Prinsloo ·

Columbiana gelukkig het ons nie almal dieselfde siening nie.

Jcwf ·

Die kiesers het ‘n boodskap vir mnr. Zuma gelewer. Ek hoop net dat hy -en die ander ANC hulle- nie te arrogant is om dit te verstaan nie.

Nee, Jakob jou eie volk is nie so gelukkig met jou.

Ek wonder wat nou binne die ANC gaan gebeur. Hulle verloor baie joppies vir die boeties en sissies. Gaan daar meer druk kom op Zuma om af te tree? Wie volg hom op? Ramaphosa?

Johannes ·

Columbiana, kom met feite asb. Wat is die DA se beginsels? Steun hulle on-Christelike waardes soos aborsie en homoseksualiteit of nie? Gee hulle gelyke erkenning aan ander gelowe of nie?

Sydney ·

Hoe kan ons as blanke Suid Afrikaners saam staan, met sulke negatiewe en afbrekende kommentaar. Dit is mense soos julle wat die land in die afgrond in wens. Ja ek is ook bekommerd, maar stel my vertroue in die Here. Net Hy sal ons lei na ‘n vreedsame samelewing en nie enige party nie of soos julle hierbo wat sulke negatiewe kommentaar lewer nie. Ek neem aan dat julle nie gestem het nie – dan het julle in werklikheid ‘n STEM VIR DIE ANC gegee

Columbiana ·

As jy nie gestem het nie het jy nie die reg om te kla nie. Aanvaar dan die ANC korrupsie. Aanvaar dan die verandering in skole se taal beleid en al die ander snert wat die ANC aanvang want JY wat nie stem het hulle dit in die hande geprop.
Die ANC het jou duidelik nog nie genoeg te na gekom nie so jy is nie rerig ernstig om ontslae te raak van hulle nie. Jy sal eerder in jou ou hoekie sit en kerm en kla oor hoe onderdruk die Afrikaner is of hoe wit mense vertrap word. Slapgat is wat jy eintlik is dis al rede hoekom jy nie stem nie.
En jy wat se die DA is goddeloos beter mooi dink want jou party gaan 10 teen 1 koalisie vorm met die DA.

chrisp ·

As jy DA gestem het kan jy net kla as die ANC hulle en ook julle beleid van rassisme nie vinnig en goed genoeg afdwing nie.

Elize ·

Wie ook al aan bewind kom in Pretoria, doen ASSEBLIEF tog net iets aan die Tshwane busbestuurders wat so staak! Ons wat van busvervoer gebruik maak is al só moedeloos, want die oggend het jy nog vervoer in werk toe en vanmiddag is daar niks…….vir dae, soms weke aaneen. Agge nee man – watse soort diens is dit?! Of skaf die busse totaal af en kry ‘n privaat maatskappy om dit te hanteer wat actually wil werk!

latie ·

is daar enige solariteite ons kan help om die tshwana bus service hof toe kan vat want dis verloor ons verlof en word die werk uitgetrap en diskrimineer die getremdes want daar staan 2 blindes wat hele dag daar staan word niks beter bus dienste nie en hul woory niks of jy nie vervoer of nie en enige prok………

E ·

Ek is bly vir die DA maar is nie seker of hul saam met EFF sal werk nie, ek glo nie die 2 partye sal saamsit nie.
En ja Sydney ek stem saam met jou ons moet vorentoe beweeg en dit wat agter is agterlaat.
As dit so goed gaan in die Kaap kan die DA ń verskil hier ook maak ek glo dit.

Tong-in-die-kies ·

Ek wonder waar die stembriewe wat verlede week uit ‘n aflewerings voertuig “vermis” geraak het gaan opduik en waar gaan dit getel word

dina van niekerk ·

Was nie so lank terug in die kaap nie. Die gras is nie groen aan die anderkant nie. Vra gerus vir mnr JP Smith, wat gereeld op die nuus van kaapstad se probleme vertel. Het jy al gehoor van ‘n party wat die kaap onregeerbaar wilmaak. Het jy gehoor van student wat miljoene rande se skade aangerig het. Hulle het oral ‘n Rommel probleem

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.