[Verkiesing] DA kortkop voor in Tshwane

Die voorlopige uitslag in die Tshwane-metro. Die groen gedeeltes verteenwoordig steun vir die ANC, die geel gedeeltes is steun vir die DA en die wit gedeeltes is munisipaliteite waar die stemme nog nie getel is nie (Grafika: OVK)

Die voorlopige uitslag in die Tshwane-metro. Die groen gedeeltes verteenwoordig steun vir die ANC, die geel gedeeltes is steun vir die DA en die wit gedeeltes is munisipaliteite waar die stemme nog nie getel is nie (Grafika: OVK)

Die DA was vroeg Vrydagoggend ʼn kortkop voor die ANC in die Tshwane-metro ná 68% van die stemme in hierdie metro getel is.

Volgens die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) se webwerf het die DA reeds 472 136 stemme (43,49%) in die metro ingewin teenoor die ANC se 454 980 stemme (41,91%). Die EFF was steeds in die derde plek met 114 731 stemme (10,57%).

In die Johannesburg-metro was die ANC en DA steeds kop aan kop, die ANC met 41,84% stemme teenoor die DA met 41,72%. In die Ekurhuleni-metro was die ANC ver voor met 47,26% van die stemme teenoor 36,2% vir die DA.

Teen Donderdagaand het die DA reeds ʼn oorwinning in Nelson Mandelabaai in die Oos-Kaap verklaar, hoewel al die stemme in die metro nog nie getel is nie. Met 98% van die stemme wat getel is, was die DA egter Vrydagoggend steeds ʼn hele ent voor met 46,65% van die stemme. Die ANC het 40,99% van stemme verwerf, met die EFF op 5,07% van die stemme.

Teen Vrydagoggend is 91% van die stemme nasionaal getel. Volgens die OVK het die ANC in hierdie stadium 54,19% van die nasionale steun geniet, die DA 26,52%, die EFF 7,95% gevolg deur die IVP met 4,52%.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

jaco ·

mark my words: al die munisipaliteite wat tradisioneel altyd ANC was en wat deur die DA oorgeneem gaan word, se verkiesingsuitslae gaan nietig verklaar word weens sogenaamde tegniese probleme met die verkiesingsproses. Onthou dat die ANC steeds die sentrale regering van die land beheer. hulle kan dus plaaslike owerhede manupileer as hulle wil en wie gaan dit kan keer???

Anti DA ·

Hoop die DA wen in Pretoria….dit lyk of hulle die VF + se hulp gaan nodig kry om dit te maak.

Koos1 ·

Anti DA. Ek sou meer se die DA gaan die hulp van die EFF nodig he. Soos dit persentasies niu staan is daar net 4.45% oor wat aan die res van die partye behoort en dit sal te min wees om die 50% plus 1% te kry om oorwinning te kan verseker.
Die DA en EFF het reeds aangedui dat hule nie saam met die ANC ‘n koalisie sal vorm nie, so die logiese stap sal dan DA en EFF wees. Die VF+ kan hulle ook hierby skaar, en ek dink nie dit sal ‘n slegte idee wees nie.

Kobus ·

Koos1, ek sien die EFF beduie hulle gaan met hul destruktiewe manier van doen, soos tans in die parlement, ook in die munisipale rade toepas as hulle nie hul sin kry nie. Nou hoe vorder jy met so ‘n klomp? Een tree vorentoe en twee treë terug?

Loeis ·

‘n Koalisie tussen twee van die sterkste drie partye gaan nodig wees – sien die getalle.

Dit laat ons met ‘n baie slegte kombinasie vir opposisie in Pretoria: nou gaan mense die vrugte van hulle DA stemme pluk. Geniet dit – wat jy saai is wat jy maai.

Kobus ·

Ek sien vanoggend die EFF beduie in PE, daar waar die DA ook nie ‘n volstrekte meerderheid gaan kry nie, dat hulle in geen koalisie met of die ANC of die DA sal gaan nie, hule is te arrogant, hulle (daardie partye) sal tot die EFF se beleid moet toestem anders is dit sien en kom klaar.

As dit so is, ook in die ander gebiede, dan soos in PE, sal dit op ‘n gemors uitloop, dan vorder dienslewering na nerens, hulle gaan net oor besluite koppestamp.

Dan liewer een party, maak nie sak watter een nie, met ‘n volstrekte meerderheid.

‘n Koalisie met die EFF en hul houding kan dit net in nog ‘n groter gemors laat ontaard deurdat die stert die hond wil swaai. Dalk moet die DA met die ANC in koalisie gaan. Wat maak jy dan met die spul korruptes, jy het hulle dan so pas in die verkiesing geveg?

m ·

Daar sal verseker gesorg word dat ANC wen in hierdie gebiede. Die uitslae sal gekook word daarvan kan jy seker wees. Hoop hierdie tellery word baie goed dop gehou

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.