Verkiesing: Finale uitslae dán bekend, so lyk steun nou

Foto bloot ter illustrasie. (Foto: Megan Swart/Maroela Media)

Die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) het vroeër gesê hy wil teen Donderdagoggend die finale uitslae van die afgelope munisipale verkiesings beskikbaar hê en teen 06:00 was 96% van stemme afgehandel.

Die OVK sal die finale uitslag om 18:00 by die verkiesingsentrum in Pretoria bekend maak. Pres. Cyril Ramaphosa sal ook die geleentheid bywoon en ʼn kort toespraak maak. Die aankondiging van die uitslae sal regstreeks uitgesaai word.

Die ANC is tans nasionaal die voorloper met sowat 46% van die stemme en meer as 4 100 setels. Die DA het net meer as 21% van die stemme en 1 227 setels. Die EFF het 10,3% van die stemme en 759 setels.

Die IVP en VF Plus is onderskeidelik in die vierde en vyfde plek met 5,5% en 2,37% van die stemme.

So styg en daal partye se steun

In die plaaslike verkiesings van 2016 het die ANC 53,91% van die stemme op hom verenig terwyl die DA 26,9% gekry het.

Die EFF, IVP en VF Plus vaar reeds beter as in 2016. Die EFF kon toe net 8,91% van die stemme op hom verenig. Die IVP het destyds 4,25% van die stemme gekry en die VF Plus slegs 0,77%.

Koalisieregerings SA se voorland

Teen Donderdagoggend was daar reeds 62 van die 257 munisipaliteite waar daar koalisieregerings gevorm sal moet word.

In die land se agt metro’s – Johannesburg, Kaapstad, Tshwane, Nelson Mandelabaai, Buffalo City, eThekweni, Ekurhuleni en Mangaung – is daar tot dusver net twee metro’s waar ʼn volstrekte meerderheid behaal is.

Die DA het ʼn meerderheid in Kaapstad terwyl die ANC ʼn meerderheid in Buffalo City het.

Talle lesse geleer, sê OVK

Sy Mamabolo, hoofkiesbeampte van die OVK, het Woensdagaand tydens ʼn mediakonferensie gesê daar is belangrike lesse geleer tydens die afgelope verkiesing en dat daar nie weer gepoog sal word om ʼn verkiesing van dié omvang in net 42 dae te organiseer nie.

Hy het verder gesê dit kan gevaarlik wees en tot dispute lei wat moeilik opgelos sal word. Die OVK sal volgens Mamabolo egter ontledings doen en die nodige lesse daaruit leer.

Mosotho Moepya, OVK-kommissaris, het bekend gemaak dat meer as 80 amptelike klagte rakende die verkiesings ontvang is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Anel ·

Daar is 80 amptelike klagtes ontvang. Daar moes geen klagtes gewees het nie. En dan het hulle die verkiesing regverdig verklaar!!!

Reinier ·

Oor n paar verkiesings van nou….
Gaan ons almal ANC stem om die EFF weg te hou…
Van die die begin af was dit duidelik dat Julius “n “clown” is maar daars genoeg kindertjies in die gehoor wat aan sy lippe hang!!!!

Frank John ·

Hulle jaag so graag die buitelanders weg. Hulle moet hom wegjaag, hy is van Zimbabwe af.

Swartskaap ·

Renier dit is wat ek 5 jaar terug voorspel het. Dalk nie met die volgende verkiesing nie, maar wel die een daarna.

Andre ·

Eienaardig dat die stemme so uitwerk dat van die meeste af elke party helfte van die voriges het. Het iemand deurmekaar geraak met toets uitslae? M?

Baardman ·

Minder mense het gestem. In die dorp waar ek is, het is die stempersentasie 40% laer as in 2016.

Samuel ·

Ek wonder wat die OVK kamtig geleer het? Met die volgende verkiesing sal hulle net so onbeholpe optree.

Genis ·

Wie vertrou werklik die IEC? Ek doen nie, ek vertrou nie eers die SAPD om die stem briewe te beveilig nie…

Frank ·

Stupid is:
Knowing the truth
Seeing the truth
But still believing the lies

SwartBees ·

Indien julle dink hierdie was n sirkus, wag tot die geld van die EU vir die vervanging van steenkool kragstasies in die anc bank is.

KB ·

Ek hoop net die EU, Duitsland, Frankryk, VK en VSA bestuur hul eie skenkings, anders is dit weg voordat die bank dit sien!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.