Verkiesing gaan voort ‘soos beplan’

Foto: Maroela Media

Foto: Maroela Media

Hoofregter Mogoeng Mogoeng Het Dinsdag in die konstitusionele hof beslis dat die munisipale verkiesing op 3 Augustus 2016 sal voortgaan soos beplan.

Mogoeng het gesê hy het nie die mag om die verkiesing uit te stel nie, ná die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) dringend aansoek gedoen het om verlof tot appèl ná ʼn vorige uitspraak in die kieshof dat hy adresse van geregistreerde kiesers moet verskaf aan kandidate wat aan die verkiesing deelneem.

Die OVK het aangevoer “miljoene mense” word hierdeur geraak en sal dus nie in die verkiesing kan stem nie.

Mogoeng het gesê die OVK het onwettig opgetree deur persone, wie se adresse nie behoorlik aangeteken is nie, te laat registreer om te stem.

Hy het met die vorige uitspraak van die verkiesingshof saamgestem dat alle kieserbesonderhede “voldoende besonderhede” moet insluit om hul adresse binne ʼn stemdistrik te bepaal.

Hy het beslis die kiesersrol is onwettig en moet teen 2019 reggestel word.

Die verkiesing gaan op 3 Augustus voort soos geskeduleer.

Kate Bapela, woordvoerder van die OVK, het gesê die kommissie verwelkom die uitspraak, aangesien dit beteken dat “al 26,3 miljoen geregistreerde kiesers” aan die munisipale verkiesing sal kan deelneem. “Ons is baie dankbaar oor die vinnige uitspraak in die konstitusionele hof oor hierdie ingewikkelde kwessie,” het sy gesê. “Alle kiesers, politieke partye, kandidate en verkiesingsbeamptes kan nou met sekerheid voorbereidings tref vir die munisipale verkiesing op 3 Augustus.”

Bapela het gesê die OVK beplan reeds hoe hy onvolledige adresbesonderhede op die kiesersrol gaan wysig. “Verdere besonderhede sal binnekort bekend gemaak word,” het sy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Johann ·

Onwettig MAAR mag voortgaan? Hahajahahhahahahahahhahahahhahhahahahahhahahahhaha..So ek mag ook onwettig handel dink en doen maar volgens die hoogste gesag in ons land van absurhede…voortgaan daarmee? Hahahahhahahahahahahhhahahahahhahahahhhahahahahhahhahahahahahhahahah…………

Ronnie ·

En so kan die OVK weer as anc lakeie verkiesings “steel”.

Rupert Ashford ·

Dis nou lekker. So nou is dit al klaar gewettig om voort te gaan selfs al is dit onwettig so nou kan hulle mense rondry in busse na hartelus. Hoekom nie sommer vir Mugabe vra om die verkiesing sommer nou-al “vry en regverdig” ook te verklaar nie dan is al daardie nare goedjies klaar afgehandel.

John ·

Groot baklei kom. Dit klink na ‘n beplande scenario. Mense registreer sonder ID’s en/of adresse in 12 milj gevalle en niemand vra iets nie. Kon hulle darem hul name onthou of is hulle ‘darem’ daarvan voorsien? Die ‘vreemdelinge’/spoke weet presies waar om te gaan registreer. Potch se stasies was seker baie besig. Waar was die ander ellelange toue? Hoe gaan hulle dit wettiglik regstel? As ek op stemdag opdaag en ek my naam is totaal verkeerd gespel of my ID-nommer of adres is weg, sal ek as witmens ook kan stem? Of sou dit ‘n rassistiese onwettige aksie wees.

Hendrik ·

Julle alle uitsprake is net om die geliefde demokrasie te red. Die beste beste grondwet in die wereld waar daar wetgewing is om die meerderheid te beskerm teen die bose minderheid. Die mense moet maar besluit of hulle ‘n regmerkie agter die demokrasie wil sit deur te gaan stem. Gaan stem al weet almal dit is nie regverdig nie. Baie mense boikot die e-tol omdat dit nie regverdig is nie maar wil dit nie doen teenoor die geliefde grondwet nie. O ja die media se vir die mense as jy nie stem nie mag jy nie kla nie!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.