Verkiesing: Maimane sê DA is ‘nie bekommerd’

Mmusi Maimane, leier van die DA, het verslaggewers by die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) se nasionale uitslagsentrum in Pretoria toegespreek. (Foto: Tania Heyns)

Die DA het Vrydag gesê hy is dankbaar dat dié party sy bewind in die Wes-Kaap gaan behou en die ANC uitgedaag in die stryd om Gauteng.

Mmusi Maimane, leier van die DA, het verslaggewers by die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) se nasionale uitslagsentrum in Pretoria toegespreek enkele ure nadat die ANC se steun in Gauteng onder 50% geval het.

“Niemand kan waarborg dat die ANC sy meerderheid in dié provinsie gaan behou nie,” het die leier van die opposisieparty gesê.

Die DA het teen 12:30 die tweede meeste stemme ingepalm uit die 88% van stemme wat reeds getel was. Die ANC het nasionaal voorgeloop met 8 196 666 (57,25%) van die stemme gevolg deur die DA met 3 036 131 (21,21%) van die stemme.

“Geen leier neem leiding met die oog daarop om te verloor nie. Niemand betree ’n wedloop net om bloot te verloor nie. Jy gaan om te wen, maar ek is trots op wat die DA bereik het. Ons kon ingegee het tot populistiese narratiewe en ons kon ons waardes vergeet het, maar ons het nie.”

Hoewel die party stemme verloor het in die sesde demokratiese verkiesing, gee Maimane die versekering dat die DA dié stemme onder sy leiding gaan terugwen. “Waar stemme verlore gegaan het, gaan ons teruggaan en meer stemme en steun kry, want ons is die enigste alternatief in hierdie land.”

Maimane het verwys na die mees onlangse projeksies en gesê dat die DA selfs in ’n plek soos Soweto, waar die party veronderstel was om slegs 5% van stemme te kry, [in die stadium] 13% of 14% in die 2019‑verkiesing gekry het. “Dít sê vir my ons kan net soveel in Soweto groei soos in Sandton. Ons het gewys dat daar waar ons regeer, word die lewe vir mense wel beter.”

Die DA gaan nou hul fokus op die verkiesing van 2021 rig nadat die huidige verkiesingsuitslae getoon het dat die opposisieparty nog ʼn lang pad het om te gaan. “Vyftien van die 20 huidige munisipaliteite is onder die DA se bewind. Ons gaan dan nóg daarby voeg,” het Maimane gesê.

Port Elizabeth is een van die metro’s in die party se visier. “Ons het ʼn groot aantal stemme daar gekry. Ons sal teruggaan en ons setels terugkry,” het die partyleier verseker.

“Gee vir ons 2021 en 2024 en ons gaan wys dat ons verandering in ons land teweeg kan bring.”

Mmusi Maimane, leier van die DA, het verslaggewers by die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) se nasionale uitslagsentrum in Pretoria toegespreek. (Foto: Tania Heyns)

Athol Trollip, die voormalige Port Elizabethse burgemeester, het Maimane gedurende die mediakonferensie bygestaan en bevestig dat Maimane die DA tot en met die volgende verkiesing sal lei. “Maimane is die partyleier en sal die leier bly tot dan. Ons glo hy het ’n wonderlike veldtog gedryf en hy het my en die party se ondersteuning. Dit gaan ʼn kritieke verkiesing wees.”

Op ʼn vraag van ʼn verslaggewer oor wat in die party fout gegaan het in aanloop tot die 2019–verkiesing, het Maimane geantwoord dat hy nie bekommerd is nie. “Ons het die Wes-Kaap behou en ons ding mee om Gauteng. Dit is nie ʼn gewildheidskompetisie nie. Dit gaan oor hoe jy regeer. Ons sal aanhou om mense te wys dat ons die enigste alternatief is.”

Die DA gaan ʼn oudit van die stemme doen om te verseker dat die verkiesing vry, regverdig en wel die kiesers se keuse was. Tog het die ANC Maimane se ondersteuning mits die ANC nie sy eie belange bo die van Suid-Afrika plaas nie, het hy gesê.

“Ek wil Cyril Ramaphosa geluk wens, maar wie ook al wen moet die mandaat van die mense hê. Daardie mandaat moet alle mense bevorder.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

39 Kommentare

Judge Dredd ·

Cyril en Julius het nou ‘n mandaat om te onteien sonder vergoeding, en dit gaan nie almal bevorder.

Johhnie ·

Die ou moet besef toe hy Zille eenkant skuif dat hy ‘n groot fout gemaak het. Schweizer Reneke en Zille in Tannie Pat het met hom afgereken. Maar arrogansie gaan hom nerens bring.

Chris du Preez ·

Stem heeltemal saam met jou. Die DA se huidige leirskorps kan hulle ondergang beteken met die volgende verkiesing

Bernard Hellberg ·

Ek is een van duisende wat na VYF verkiesings die DA verlaat het. Waarom:
Sy openbare vernedering van Helen Zille;
Sy chauvinistiese verwydering van Gwen Ngwenya, en
sy patetiese uithaal van die rassekaart.

Ghoebaai, Mmoesie (en nou vir die munisipale verkiesings)

Andreas ·

Bernard, laat almal wat dit erns met die land het kennis neem.

willem Botha ·

Ek dink Maimane is n goeie leier,die rede hoekom ek nie vir hom gestem het nie is omdat hy diskriminasie teen minderhede goedkeur(silence is concent) en nie die ware probleme soos die polisie aanvat nie.

fred ·

die DA word nog net n ander party met n swart beleid om meer en meer steun uit die townships te kry….die blankes sal vorentoe weer in hierdie DA gemarginaliseer word…vergeet nie dat hulle ook BEE voorstaan…

Neewat ·

Die DA het vir my en my gesin absoluut niks beteken of gedoen nie. My familie en uitgebreide familie, trek nog steeds swaar onder die ANC en hulle ras gedrewe beleid van regstellende aksie. So wat die DA vir my as gewone landsburger en my gesin vorentoe gaan beteken, is seker weer niks nie. Vir die VF kan ek nie stem nie, vir verskeie redes. In kort as jy nie swart is nie, en die minderheid is, is jy nie belangrik nie. Geen wonder al hoe meer blankes gee pad uit die land uit nie. Dalk as jy in die Wes-Kaap bly werk die DA vir jou. In Gauteng en die res van die provinsies, in my opinie beteken hulle nie veel nie.

Andre ·

Die DA sal stelselmatig agteruitgaan aangesien hulle nie die vertroue van swart of wit kiesers het nie. Mer hulle patetiese uitskop van Patricia en hulle aanval op Zille het hulle ten minste 50% steun verloor.

Waarheen nou? ·

Jy is reg David. Dr Lille, Shweizer Reneke en Steenhuisen het die DA gekos.

Stan ·

Hulle swak beleid het hulle gekos. Slegs mense wat of on-ingelig of uiters dom is stem nog vir hulle.
Daar is net 2 partye wat ‘n ware ekonomiese beleid dryf wat ons land werklik kan red. Dit is VV+ en ZACP (‘n party wat deur entrepeneurs begin is – nie klomp eiendoms agente en mense wat nie werk kan skep nie)

Johan ·

Die DA se rassebeleid rondom werksgeleenthede en BEE gaan hom dalk in die volgende verkiesing nóg meer steun verloor.

Andreas ·

Aha, reg so, want hier kompiteer almal op gelyke voet, ongeag die XX, XY, watookal.

Boerboel ·

Daarom het baie DA ondersteuners na VF plus gegaan. Die skille het betyds afgeval. Daar is egter nog baie met skille aan en vol blou kolle soos VF plus terug geslaan het.

Wildeboer ·

Die tradisionele DA kiesers wat nou vir die VF+ gestem het is alles behalwe lojaal. Hulle kan maklik weer teruggaan na die DA. Dit is soos om een kerk vir ‘n ander te verruil.

Johan Maritz ·

Stan wie is die vv+ dit klink soos n allien party mag dalk net werk.

Gert van Wierdapark ·

Die DA – leier is vol bravade na hul onder-presteer het. Hy kan bly wees die kiesers het hul nie in die Wes-Kaap gestraf vir al die moddergooiery en hofsake nie! Die feit dat hy nog steeds van mening is dat die DA die enigste alternatief vir die a en see is, wys dat hy nie ” in die Klas oplet nie!”

kolla ·

Gert, hoekom sal jy ‘n party wil straf wat uitstekend presteer as regeerder?

Katryn ·

Kolla, vind solank ‘n ander party om voor te stem. Die DA se einde is in sig. ‘n Franchise kan dinge in die WesKaap oorneem.

Cherokee ·

Maimane is nie bekommerd nie? As dit die waarheid was sou hy my nie ten minste een keer ‘n dag ge-email het nie.

Andreas ·

Hehehe. Ek het darem ‘n sms ‘n tyd gelede van ‘n party gekry wat my met my verjaardag geluk gewens het. Hulle het my nie daarna gepla nie, my besluit was toe reeds lank terug geneem. Dit egter het my net nog ‘n ekstra tjop daardie aand op die kole laat sit.

En stemdag het dit dividende ten gevolge gehad.

Cherokee ·

Hehehe.. so selfs ‘n gelukwensing kan met ‘n verskuilde agenda wees :-)

Andreas ·

Hehehe … dalk biltong, ek sien vandag die prys is R300/kg.
Maar as jy kom kuier eet ek nie als self op. Dit laat my dink aan jakkals wat vir gansie uitgenooi het om by hom te kom eet …
Jakkals nooi vir gansie, kom eet vanaand by my ….

Jan pierewiet ·

Plaas sê hy net dankie vir sy stemmers. Sy verwantheid gaan hom nog kos… sy weiveld het gekrimp bekommerd of nie.
Retrospeksie…. minder hofsake kon hy dalk 8%:meer stemme gekry het. Plaas sê hy net dankie.

kolla ·

Vf+ het 300000 stemme, DA het 3 MILJOEN stemme. Effense verskilletjie. LOL

Boerboel ·

Vir my uur in die reen is die smaak soet. VF plus soet. Gaan maar vannaand n’ KWV drink OP VF +.

Leon ·

Die DA gaan bars om 20% van die totale stemme te kry. Die DA gaan ongeveer 500 000 minder stemme kry. ‘n Hele paar DA LPs is nou werkloos. Maimane het misluk en moet liewer bedank.

Boerboel ·

Kolla se Da rok hang weer uit. Hoop Hellen het dit vir jou gestryk. LOL

Judge Dredd ·

@Fanie – natuurlik nie, want die vv+ het nie deelgeneem nie.

Stephen Namibia ·

Stan. Is Eiendomsagente nie Entrepeneurs nie.? Hulle skep ook werk. Jy is nou op gevaarlike terrein.

Judge Dredd ·

Het jy daar ‘n stukkie grond vir my wat nie onteien gaan word?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.