Verkiesing: Meer jongmense dalk goeie nuus vir EFF

(Argieffoto: Twitter)

Meer jong kiesers kan na verwagting in vanjaar se algemene verkiesing op 8 Mei stem, wat partye soos die EFF kan bevoordeel.

Dit was die mening van die politieke ontleder Judith February en die redakteur van Die Burger, Willem Jordaan, wat by die Woordfees op Stellenbosch onder voorsitterskap van die joernalis Tim du Plessis aan ’n debat oor verwagte tendense in vanjaar se verkiesing deelgeneem het.

February het uitgewys dat heelwat meer jong kiesers as in die verlede hierdie keer vir die verkiesing geregistreer het. Gegewe dat die EFF proporsioneel meer van sy steun by jeugdige kiesers kry (en minder by ouer kiesers) as ander partye, kan dit die EFF relatief gesproke bevoordeel, meen sy.

Sowel sy as Jordaan meen ’n ANC-meerderheid van minder as 60% sal druk op pres. Cyril Ramaphosa plaas om as ANC-leier te oorleef.

Jordaan het aan die gehoor gesê dat daar ’n baie goeie kans is dat ’n regering van nasionale eenheid kan kom – dat Ramaphosa opposisiepartye kan vra om in so ’n regering met ’n ANC-meerderheid te dien.

Jordaan is voorts van mening dat die DA die Wes-Kaap met ’n verkleinde meerderheid sal behou, dat dit onwaarskynlik is dat die VF Plus met Peter Marais as premierskandidaat ’n setel in die provinsiale wetgewer sal wen en dat minderhede se regte ten beste beskerm word deur watter party ook al die Grondwet ten beste verdedig en uitleef.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

LÍEWE GENADE,TOG! ·

Jaaaaaa….hulle gaan ons PLATVEE en AFVEE vani tafel af,want HULLE KÁN SÁÁMSTAAN+ SÁÁMSTEM en die blanke Afrikaner maar soos in gladnié!!
NÉS destyds meti voortrekkers ook…dis die Pretorius groep, die Prinsloo groep, die Liebenberg groep die DÍT SE GROEP EN DIE DAT SE GROEP ….
Maar as EEN IN EENHEID…âikôna!

Soooo Naïef ·

Dit is absoluut verbysterend dat daar in SA steeds soveel briljante siele is wat aanhou ‘glo’ dat sowat 3.5 miljoen se stemme (wat saam staan) iets kan doen teen 60+ miljoen se stemme, nê.

Herman P ·

Ongedissiplineerde jeug van vandag hou van ekstreme wanorde. Hoe bou mens so nasie.?

Aster ·

@ Herman P – jy kan dit nie beter stel nie. Die sogenaamde “toekomstige leiers” weet net van ontwrigting en afbreek. Kan NIKS op bou nie.

Werner ·

Jip ongedissiplineerd, vandaar die aanwas, en die dag as hulle wat na Julius geluister het, se kinders sommer met rooi baret gebore word, dan is die vet eers in die vuur.

John ·

Goeie nuus? Huh? En die VF+ please tog, enigiemand wat iewers uitgeskied het… ons sal julle dra, abba what ever… ArifriForum het baaaie geld… kyk hulle teer al paaie daarmee… Kom net… kom almal…. die wyn is gratis en die koek is groot… plus net… ons is hardop…

Theoman ·

Ek glo nie Willem Jordaan( Red. Die Burger) lees die politieke gevoel heens die VF Plus heeltemal reg nie,ek dink en is seker daar wag n skok op die DA in die Noorde sowel as die Suide. Hou die spaasie dop.

Eben ·

Enige blanke wat vir die VF+ stem kan maar net sowel vir een van hulle koaliesie vennote stem want enigiets wen gaan hulle beslis nie. Stem dan eerder DA/ANC/EFF/ens. Waarom nou nog “onderhandelings” veroorsaak tussen VF+ en daardie mense wat ons so haat? Wat het die VF+ al beteken vir die blanke die afgelope 25 jaar? Net mooi boggerol! Staan eerder bietjie saam en stem vir selfbeskikking. Stem Front Nasionaal :)

Frik Lotz ·

Stem VF Plus, enigste logiese keuse en groeiende alternatief!

Judge Dredd ·

Wie is die Front nasionaal?
Het so 3 jaar terug iets gehoor en toe nooit weer nie.

Whatever ·

Wie glo nog wat op die Woordfees deur die liberales en globaliste gesê word. M.i. gaan die verkiesing nog uitgestel word omdat die anc begin besef hulle gaan nie as oorwinnaars uit die stryd tree nie. Die ATM is die nuwe zuma-party en hy is kliphard besig om stemme te werf. Daar is dus in feite 2 anc-partye wat die verkiesing veg. Die een wat die meeste stemme werf, kies die president; daarna regeer ons in koalisie met mekaar. God behoede ons as die eff die dag aan bewind kom!

J ·

Ons jeug is gebrein spoel na 1994.
Waarom stem al die wittes dan nie vir VF plus dan kan ons n verskil maak en n verskil sien. Ons wittes praat te veel en doen te min.

Dries du Toit ·

Op ons knieee en die liewe Vader sal sorg. Die Here sal ons deur hierdie woestyn lei. Vertrou op Hom. Ek voorspel ook n baie groter stem vir die VF+. Die minderhede het verseker wakker geword

Dries Moolman ·

Sterkte aan al hierdie jongmense vir wanneer hulle aan bewind kom, en in die werksmag staan en moet begin belasting betaal om die volgende generasie se “FREE FREE FREE FREE!” mentaliteit te borg. Die ontnugtering sal dan kom. Hopelik is ek dan nie meer hier nie.

Gemaskerde Sopbeen ·

Die Curriebeker word nie in Maart gewen nie…………..en die verkiesing ook nie. Spekuleer nou maar soos julle wil, ons praat weer NA die 8ste Mei. Onthou Forrest Gump se Ma? Sy’t gesê “Stupid is, as stupid does!!” As die jeug so wil stem, verdien hulle presies wat vir hulle wag……..Good luck.

Dries du Toit ·

Eben ek wil nie my eie naam hê as ek moet doen wat jy voorstel. Ek stem vir die party wat my beginsels, my taal, my kultuur en my normes verteenwoordig. Ek kan nie wag om te sien hoeveel mense stem saam met my. Julle wat bly praat van 2% laat my lag. 2% van wat ???? 2% van n magdom vyandige massas van Zimbabwe, Mosambiek en SA. Ons is bykans 4 miljoen blankes. As ons net 2 miljoen van daai stemme kry is dit 50%. Dan weet ek ek is deel van n volk wat regte het soos selfbeskikking en dan het ons verteenwoordiging in die parlement en by die Verenigde nasies.

Nika ·

toemaar die krag gaan afgaan voor die verkiesing dan gaan niemand kan stem vir n beter SA nie, dan gaan dit pik-donker in SA wees.

Gert ·

Nou dink ek weer aan die 2016 VSA verkiesing toe al die koerante en televisiekanale se “experts” voorspel het dat Hilary meer as 80% van die stemme gaan kry en Trump geen kans het nie.

Leon ·

As alle blanke afrikaners vir die VF+ stem kry hulle omtrent 4 of 5 % van die steme wat op aarde gaan dit help.

Gemaskerde Sopbeen ·

Goeiste, maar Nika is ‘n “Siener” né? Selfs al is dit pik-donker….

Nuwe stem ·

Ek stem VF+ .Ek glo daar wag ‘n verrassing vir die wat dink hulle gaan weer niks regkry nie. Die D.A. is nie meer ‘n opsie nie.Afrikaners moet wakker word en weer na hulle eie mense en eie belange begin omsien.

TN ·

Terwyl die regses kraai oor wat hulle DINK aan die gebeur is plaas ek graag syfers vars uit die oond !
Slegte nuus vir die ANC maar ;
” The party currently stands on 54.7%, down 1.3 percentage points from the December result of 56%. The DA is at 21.8%, which is a 3.1% percentage point increase from 18%. ”
Hierdie is natuurlik wonderlike nuus vir die denkendes onder ons ; Die DA meerderheid gaan vergroot is die Wes_Kaap en die verskil tussen hier en die res van die land sal al hoe duideliker word .

Nuwe Stem ·

TN- Ek is verseker nie regs nie.Ook nie ‘n rassis nie, en gun alle mense hulle plek onder die son.Ek kan net nie langer vir ‘n party stem wat diskriminerende beleide soos B.E.E. en grondonteiening sonder vergoeding steun ten koste van die Afrikaner nie!

Judge Dredd ·

TN jy vergelyk verskillende meningpeilings. Hoe se die engelse gesegde – “Don’t count your chickens before they hatch”.

Die laaste algehele verkiesing het DA 22.23% gekry. So as jou meningpeiling wel waar word dan het die DA nogsteeds steun verloor.

Askies ·

Jou syfers is verseker gekook, die DA gaan pakslae kry …

Jerry ·

Enige goeie nuus vir die EFF is uiters slegte nuus vir die hele SA.

Theoman ·

Ek ook en dis lekker om vir jou eie mense te stem, daarom is die VF Plus ons nuwe tuiste, cheers DA klaar met julle.

TN ·

Eienaardig dat die DA se steun GROEI volgens wetenskalike normen !? Sien vandag se berigte elders .

TN ·

Eienaardig dat die DA se steun GROEI volgens wetenskalike normen !? Sien vandag se berigte elders .

Judge Dredd ·

Volgens jou eie statistieke hierbo is DA steun minder as 2014 se werklike persentasies.
Groei ? Rerig? Getalle gewys miskien – persentasie gewys lyk dit my hulle groei ondertoe.

TN ·

Die meningspeiling het VANDAG verskyn en daar word duidelik uitgestippel dat die groei was vanaf Des na nou . Waaroor ek eintlik die vreugdevure aansteek , is oor die agteruitgang van die ANC !

Stompie van As ·

My vraag is da wat kry n party met 20 persent reg? Niks vir Afrikaner nie. Ek stem dan eerder VF.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.