Verkiesing: Minder mense stem

Foto: Maroela Media

Foto: Maroela Media

Minder geregistreerde kiesers het Woensdag aan die verkiesing deelgeneem as dit proporsioneel met die verkiesing in 2009 vergelyk word, aldus die voorlopige uitslag van die Onafhanklike Verkiesingskommissie.

Altesaam 73.43% van geregistreerde kiesers het Woensdag aan die verkiesing deelgeneem, of 18 654 457 uit 25 381 293.

In 2009 het 77.30% van geregistreerde kiesers gestem, dit is 17 919 966 uit 23 181 997.

Die hoogste aantal kiesers (76.91%) het in KwaZulu-Natal aan die verkiesing deelgeneem. In 2009 het 79.87% van die geregistreerde kiesers in dié provinsie gestem.

Altesaam 76.54% van kiesers het Woensdag in Gauteng gestem, in vergelyking met 79.06% in 2009.

Mpumalanga is derde met 75.68%. Altesaam 80.38% van kiesers het in 2009 in dié provinsie gestem.

In die Wes-Kaap het 74.39% van kiesers Woensdag gestem, in vergelyking met 77.78% in 2009.

Altesaam 73.82% het in die Noord-Kaap gestem (75.96% in 2009).

In die Vrystaat het 72.56% van die geregistreerde kiesers in dié provinsie aan die verkiesing deelgeneem. Altesaam 76.99% het in 2009 deelgeneem.

Altesaam 70.32% het in die Oos-Kaap gestem (76.69% in 2009).

In Noordwes het 68.76% Woensdag aan die verkiesing deelgeneem, in vergelyking met 72.6% in 2009.

Die kleinste aantal geregistreerde kiesers het in Limpopo aan die verkiesing deelgeneem. Slegs 63.31% het Woensdag gestem in vergelyking met 69.62% in 2009. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.