Verkiesing op mespunt, toon IRV-peiling

Argieffoto (Foto: Motshwari Mofokeng/African News Agency/ANA)

Die Instituut vir Rasseverhoudinge (IRV) se jongste meningspeiling toon die verkiesing is op ’n mespunt nasionaal, in Gauteng en in die Wes-Kaap.

Agt dae voor volgende Woensdag se verkiesing is daar ’n groot verskil tussen die bevindings van ander meningspeilings en die peiling deur die IRV, onder leiding van die gerespekteerde analis Gareth van Onselen.

Nasionaal plaas die peiling die ANC op tussen 49% en 51%, die DA op tussen 22% en 24% en die EFF op tussen 14% en 15%. Hoe laer die stempersentasie, hoe beter vaar die drie groot partye. Hoe meer kiesers gaan stem, hoe swakker vaar die drie groot partye.

Dit beteken dat die kernkiesers van die groot partye die grootste waarskynlikheid toon om te gaan stem. Onseker kiesers is tans meer geneig om kleiner partye as opsies te oorweeg.

Een van die provinsies waar ’n leeue-stryd tussen die drie groot partye verwag word, is Gauteng. Luidens die IRV-peiling staan die ANC op 43%, die DA op 32% en die EFF op 13%.

In die Wes-Kaap is daar volgens die IRV-peiling baie onseker kiesers. Dit lyk asof ontevrede DA-kiesers hul weg veral na die ACDP vind, en ontevrede ANC-kiesers na die EFF. Die DA en die ANC vaar nogmaals na verwagting beter in ’n lae stempersentasie, en die kleiner partye beter as meer kiesers gaan stem.

Die DA se Wes-Kaapse steun staan tussen 45% en 50%, die ANC tussen 27% en 29%, die ACDP op 7% en die EFF op 6%.

As die DA en die ACDP sou saamwerk, soos gewoonlik gebeur, kan dit beteken dat die Wes-Kaap nogmaals ’n DA-premier kan hê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Riaan ·

@ Jerry, bolla, kolla, tn ens.

Wie gaan wie nodig he in koalisie?

Da ondersteuners DINK mos hulle is baie slim?

Ha ha ha

Alida ·

Mens moet jou nie steur aan peilings nie
Wag geduldig vir die uitslae en kyk. Hoop en bid vir die beste.

Oom Okkert Stywe Arms ·

Gelukkig is die seisoen van twakpraat op steroids 8 Mei 2019 verby. Dan kan ons terugkeer na normale, gewone Groot Twakpraat.

Henry ·

Mense van die kaap wat nie meer die DA wil steun nie moet maar eers kom kyk hoe lyk dit hier in Gauteng. Julle sal vinnig van plan verander om te sien hoe die ANC die streek verwoes het.
Stem vir die ANC en julle sal baie spyt wees. Sterkte aan almal. Hierdie gaan ‘n mal ride wees.

Basjan ·

Een voordeel, die migrante uit die Oos-Kaap sal terugkeer huistoe, want die Kaap is dan nie meer so lekker nie.

Annie Webb ·

Solank my stad en provinsie (Kaap) DA bly, is ek gelukkig. Hulle kry skoon oudits, niemand raak aan Afrikaanse skole nie, en hulle maak die beste van die ontoereikende beskikbaarstelling van water en krag deur die ANC. Die mense wat so kan kla oor nonsens en vir hulle antie of oom gaan stem, is welkom om dan by dié te kla as die ANC voortgaan soos nou. As mense nie kan of wil verstaan dat ‘n sterk amptelike opposisieparty noodsaaklik is nie, moet hulle maar voortsukkel soos nou.

John ·

Ons het al van skerper mespunte gehoor as diè een. So ‘n opsomming sal die ANC net aanspoor om meer populisties te raak en nog groter beloftes uit Pandora se kissie te loop grawe en met die mespunt teen ons rug oor die afrond te dryf. Daar is al ‘n hele paar en die bloed stroom reeds uit die wonde… vandag ruik dit weer na petrol.

Oujongvrou ·

Henry , ons het nou 6 mde terug weskaap toe getrek, en ek stem saam. Die verskil is skrikwekkend groot. Maar een of ander tyd gaan die gross kiesers in ander provinsies dit agterkom. Die DA loop nie en belowe mense die mees onhaalbaarste goed nie. Hulle doen. Weereens belowe die ANC almal die huise en werke en vader weet wat nog alles. En hulle weet goed die kiesers gaan hulle weereens glo. En hulle weet ook goed hulle gaan dit nie gedoen kry nie want hulle is heeltemal te korrup.Maar in jare vorentoe gaan die bubble bars, en dan wil ek nie in hierdie land wees nie.

Attie. ·

Indien jy VF+ stem gaan die DA verseker ‘n koalisie sluit met alle klein partye. Stem dus VF+ en regeer saam met die DA. Die koue bier wat wag by die huis smaak net baaaie lekkerder as jy vir ‘n klein party stem. Die ou NP het na 25 jaar aan die bewind vir ons ‘n 1 ste wereld nagelaat. Die ANC het na 25 jaar armoede en elende vir ons gegee. Dankie FW, vir dit wat julle vir ons onderhandel het, ons waardeer die onbaatsugtige optrede van jou en jouonderhandelingspan baie. Ons is bly en dankbaar dat jy en Roelfie nog leef om te aanskou watter juweel vir ons nagelaat het

Judge Dredd ·

My persoonlik peiling:

ANC – 56%
DA – 22%
EFF – 10%

IVP/VF+/Cope en moontlik ACDP sal meer stemme kry as in laaste verkiesing en dan nuwe partye Good party en Kaapse party sal ook steun geniet.

Kortliks: 2 Grootste partye – ANC en DA gaan steun verloor – verskeie kleiner partye gaan steun wen.

Ons beweeg al hoe nader aan koalisie regering.
Die DA sal moet herbesin oor sy gedrag teenoor kleiner partye en met wie hy in die bed klim(EFF).

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.