Verkiesing: Opposisiepartye eis oudit van stemme

Binne die OVK se nasionale uitslagsentrum in Pretoria. (Foto: Tania Heyns)

Die DA, Cope, die UDM en die ACDP het aangedring dat ʼn oudit gedoen word van die stemme uit alle stemdistrikte waar kiesers glo meer as een keer gestem het.

James Selfe, voorsitter van die DA se federale uitvoerende komitee, het in ʼn verklaring gesê verteenwoordigers van die DA, Cope, die UDM en die ACDP het vergader om “’n vennootskap te vorm” om te verseker dat die 2019-verkiesing wel vry en regverdig is.

“Ons het vergader om ooreen te kom dat die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) ʼn oudit doen van al die stemdistrikte waar daar gevalle was van kiesers wat meer as een keer gestem het. Verder moet daar ook lukrake oudits van ander stemdistrikte gedoen word om ʼn algehele beeld van die kwessie te kry,” het Selfe gesê.

Hy sê dié voorstel is vanoggend aan die nasionale partyskakelingskomitee voorgelê en die OVK het ingestem om dié oudit te doen.

“Om te verseker dat die oudit op deursigtige wyse en met integriteit gedoen word, sal die proses deur politieke partye gemonitor word. Wanneer die uitslae aangekondig word, moet daar absoluut geen twyfel by Suid-Afrikaners wees dat die verkiesing vry en regverdig was nie,” het Selfe gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Planke ·

Hierdie verkiesing was beslis nie regverdig nie. My vinger was ook baie vinnig skoon

Vintcent ·

Weereens ‘n oorwinning vir die OVK!! Wakker skrik mense, jul word bedrieg uit alle oorde.

Sê maar net ·

Vat net die aantal wat op elke A -Z lys was by stemlokale en vergelyk dit met die hoeveelheid stemme wat daar was….eenvoudig

Johannes Meintjes ·

In die wyk in Pretoria Wes waar ek en my vrou op die nasionale stembrief vir een van die kleiner partye gestem het het niemand vir die party gestem vir wie ons ons kruisie getrek het op die nasionale stembrief volgens die uitslae op OVK se webwerf het niemand vir daardie party gestem in ons wyk nie en ek is doodseker my en my vrou se stembrieqwe is nie bedorwe stembriewe nie.

Christa ·

Alhoewel ek en my suster slegs nasionaal kon stem, is ons elk twee stembriewe aangebied!

Francois ·

Die OVK word beheer deur die ANC, so wat verwag jy. Hulle is magsdronk en het nie integriteit en n gewete nie. Dit gaan alles net oor hulsrlf, die korrupte ANC

John ·

… and here we go again… die ou verroeste stoomroller, vroom en so heilig na besoeke aaan die pous en die queen. Kry net ‘n ou Ingelse tannie as hoofbeampte en alles verloop perfek. Wat het van die ongebruikte stembriewe geword, want nie 100% stemme is uitgebring nie… of dalk wel? Niemand is nog vervolg oor kader-wandade nie, dus is die liewe sieletjies nog aan’t werskaf. Kyk net hoe arrogant is die ysberg veral oor CR se rol; wat hy afmaak as nie buitengewoon. Hier kom ook groot interne struwelinge binne die ANC wat die rand kan laat duik oor die rant.

Connie ·

Suur druiwe van die partye wat sleg gevaar het. Dit was vry en regverdig.

Paul ·

Ons kan net kyk hoe dit die afgelope aantal jare in die regering en sy ondernemings gaan dan kan jy besef dat dit onmoontlik is dat hulle ‘n behoorlike stemmery kan behartig. Die korrupsie is oral te diep gewortel.

Strand looper ·

Wat n grap! Kyk net na die hoeveelheid bedorwe stem briewe! Hoe dom moet mens nou regtig wees om nie eers n kruis te kan maak nie….of hoe maklik is dit om dit aspris op te neuk met die kamtige tellery???

Frans C ·

Die maklikste manier so gewees het om alle ‘scanners’ op ‘n sentrale ‘server’ af te laai en
‘n program te laai wat duplisering van stemme kan opspoor.Dit sal nie gebeur nie want op party plekke was daar geen ‘scanners’ en ander het ook nie gewerk nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.