Verkiesing: OVK sê nee vir onafhanklike oudit

verkiesing-2019-roc

Die OVK se uitslagsentrum in die weste van Pretoria. Foto: ANA

Terwyl opposisiepartye ontstoke is oor beweerde ongerymdhede tydens vanjaar se nasionale algemene verkiesing, het die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) gesê hy sal nié ʼn onafhanklike oudit van die uitslae laat doen nie.

Maroela Media het vroeër berig 27 politieke partye het by die OVK aangedring dat ʼn onafhanklike ouditeursfirma aangestel moet word om die uitslae te oudit, anders sal hulle die kieshof nader om die OVK te dwing om dit te doen.

Die partye is ontevrede oor bewerings van onreëlmatighede tydens die verkiesing, onder meer oor kiesers wat beweer dat hulle daarin kon slaag om meer as een keer te stem.

Die OVK het egter in ʼn prokureursbrief aan die partye aangedui dat hy nié onafhanklike ouditeurs gaan aanstel nie. Volgens die OVK het Statistiek SA ʼn steekproef by 1 020 stemlokale gedoen, wat hulle meen verteenwoordigend is van die 22 925 stemdistrikte landwyd. Die getal kiesers wat by dié stemlokale gestem het sal vergelyk word met vorige verkiesings se kieserdeelname-data en hiervolgens sal daar statisties bepaal word tot watter mate voorvalle van meermalige stemmery die uitslae van die verkiesing kon beïnvloed het.

Die OVK sal na verwagting die uitslae van die verkiesing om 18:00 amptelik aankondig by sy uitslagsentrum in Pretoria.

Intussen het ʼn woordvoerder van die regering se kommunikasie-en-inligtingstelsels (GCIS) Saterdag gesê missies plaaslik en in die buiteland het die 2019-verkiesing as vry en regverdig bestempel. “Die waarnemers het Woensdag se verkiesingsdag as die mees kardinale sedert die aanbreek van demokrasie in 1994 beskryf,” het die GCIS gesê.

Micheal Kotsokoane, president van die Maleta Motse Africa Community Authority, het Saterdag gesê waarnemers is heeltemal tevrede met hoe die verkiesing verloop het. “Die verkiesing het goed afgeloop. Ons is tevrede met die manier waarop die gedoen is,” het Kotsokoane gesê. Hy het wel bygevoeg dat die OVK in die toekoms nog meer waarnemers moet ontplooi.

Alain Matundu, voorsitter van die African Marketing Global Empowerment and Projects, het aan SANews gesê hulle is ook in hul noppies oor die manier waarop die verkiesing aangebied is. “Ons wens die OVK geluk dat hulle die verkiesing so goed hanteer het,” het Matunda gesê.

Hy het gesê die verkiesing was vry en regverdig, ondanks beweerde voorvalle van intimidasie en meermalige stemmery. “Suid-Afrikaners moet trots wees op hul land en hul demokrasie en moet dit beskerm,” het hy gesê.

Frank Assimbo, voorsitter en stigterslid van die Congolese Diaspora for Nelson Mandela Legacy, het gesê die OVK moet geloof word vir die manier waarop die verkiesing afgeloop het. “Dit is onmoontlik om almal tevrede te stel. Daar sal altyd diegene wees wat die verkiesing of die goeie werk van die regering wil bederf. Die meeste bewerings of bekommernisse wat geopper is, kan nie gestaaf word nie,” het hy gesê.

Dr. Ndumiso Cingo, ʼn navorser by die Wetenskaplike en Nywerheidsnavorsingsraad (WNNR), het ook sy vertroue in die OVK uitgespreek. “Die OVK het ʼn goeie rekord van verkiesings aanbied. Hulle het dit in die verlede goed gedoen en hulle het dit nou weer goed gedoen,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

Jordaan ·

Waarom is 20 mense in KZN gearresteer? Omdat sekere mense die “goeie werk” wil ongedaan maak?

Sarel ·

Natuurlik sal die OVK onafhanklike oudit teenstaan. Dit sal sal julle foute uitwys. ( Dalk nog Gupta skandaal)

Rabes ·

Miskien het ek die kat aan die stert beet en verstaan die steekproewe verkeerd. Volgens dieO V K het Statestieke SA ‘n 1020 steekproewe gedoen en ek reken die stembriewe moet oorgetel wees by die spesifieke lokale. Volgens my kon dit nie in so ‘n kort tydjie vermag word nie , so iemand draai ‘n rat voor ons oë.

Karolis ·

Rabes ek stem met jou saam, iewers maak hulle som se antwoord nie sin nie.

Mieliestronk ·

Daardie partye sal niks reg kry nie Die verkiesing het die anc en ovk al 2017 gereel wie gaan wen .En vroeg volgende jaar word die volgende verkiesing bespreek . Die ovk moet bestaan uit gelyke hoeveel personeel van elke partye nie net anc nie .As dit elke jaar so aan gaan sal geen ander party wen nie

Ellisras ·

Mense julle moet verstaan dit is moeilik om die stembusse vooraf te “verpak”. En die baie klein partye is dit nog moeiliker. Dit word 6 maande voor die tyd by die sjebeen in Saxonwold gedoen. Dit met beperkde hulp bronne. Selfs die Bossassa geld het opgedroog

OVK ·

Waar kla jy die duiwel aan as die aanklag kantoor
in die hel is ????

Henk ·

Hoekom nie? Weens korrupsie? Waarom mag ek nie my eie stembrief afneem nie? Omdat hulle bang is almal doen dit en die wereld sien dan hoe die uitslae gemanupileer word?

aj ·

Wapenskandaal, Nkandla, Marikana, Esidemeni, Bosasa, Staatskaping, Guptas, Eskom, huurmoorde, bedrog, verkragting en vele meer
….. en die kiesers stem steeds vir die ANC ???

Iets is nie reg nie!!!

Mabusa se gereelde besoeke aan Rusland het dalk die verkiesing se uitslag bepaal?

Whitey A ·

Presies! Hoeveel méér bewyse het die meerderheid van hierdie land nodig om tot die besef te kom dat hul gunsteling party onbevoeg én korrup is??!!

Of a) hul gee nie ‘n bloue duit om nie, of b) ons OORSKAT hul intelligensie en wil om verandering….

Op die stadium glo ek dis ‘n kombinasie van albei bogenoemde. Hoe ookal, ek is van mening dat NIKS die stemvee se ogies sal laat oopgaan nie. Dis ‘n bose kringloop wat al vinniger tot sy einde draai. Tragies.

PaulV ·

piper; in 2014 was daar meer as 234 000 bedorwe stembriewe. In 2009 was daar slegs 43,713.

Strand looper ·

Dalk n duim afdruk in die toekoms….siende dat so baie sukkel om n “X” te kan maak. Dan kan NIEMAND eenige bedrog pleeg nie…mens mag droom ne…

MC ·

Die mense ken nie eers die verskil tussen reg en verkeerd nie. In hulle oe is alles reg as jy daarmee kan wegkom, so hoekom sal daar nou iets daarmee verkeerd wees as jy 5 keer kon stem.

jaco ·

Almal wat nou verbaas is omdat so baie mense steeds ANC stem, moet net onthou dat dit in die ou SA maar presies dieselfde was. Die Nasionale Party het elke verkiesing vanaf 1948 tot 1989 gewen. Dit terwyl almal vanaf so vroeg as 1981 kon sien waarheen die Nasionale Party se “hervormings” sou lei.

Eloff ·

Jaco, ek stem 100% saam moet jou. Eerstens die stem vir die NP en toe die groot JA het ons in hierdie donker moeras.

Gustav ·

Nee Jaco, die meerderheid van “ons” mense kon glad nie sien waarheen die NP oppad was nie. Die mensies was naïef (ag kom ons noem dit sommer reguit onnosel) genoeg gewees om in feeverhale soos “magsdeling” en “wigte en teenwigte” te glo.

BlinkStephaans ·

Ouens al tel hulle alles 10 keer oor, dit gaan steeds nie maak dat hierdie partye n stoel kry in die parlement… hulle het eenvoudig netnie gedoen wat nodig was om hul boodskap daar buite te kry. Na my mening het n party wat minder as 1miljoen stemme nasionaal kry geen mandaat.Of die kiesers nou breindood elke verkiesing vir dieselfde ouens stem omdat hulle beloftes darem so mooi lyk en ruik, en of die kiesers elke party bekyk en alles opweeg om n ingeligte besluit te maak…jy moet jouself adverteer. Daar is slegs 3 partye met n mandaat… hoe goed of sleg ookal… en nie een van die ander kon met n geloofwaardige of werkbare alternatief vorendag kom. Bied n party wat n ware tuiste is vir die goeie mense van SA… goeie mense wat die oorgrote meerderheid van elke bevolkingsgroep uitmaak… en jy sal die ouens wat die mandaat het onbenullig laat lyk.

Henry ·

As die OVK niks het om weg te steek nie kan hulle mos ‘n oudit laat doen. Dit sal hulle saak net verdedig. En almal gerus stel. Maar as julle dit weier sê dit baie meer en dat julle iets het om weg te steek

Manie ·

Hoeveel bedrog moet daar wees om n verkiesing onregverdig te verklaar. Ongelukkig het Afrika nogal n aptyt vir n bietjie bedrog en word daar maar verby gekyk

Jerry ·

Die ANC en EFF het saam n twee derde meerderheid om die grondwet te verander, daarom sal n onafhanklike oudit nie gedoen word nie. Interresante tyd wat voorle met opposisie partye wat nog meer magteloos gaan wees!

Karolis ·

Pleks die VF+ ook hoenderpakkies en T-hempies aangebied het.

Dries du Toit ·

Die VF+ het nie T-hempies nie maar golfhemde wat te koop is en ons eet nie hoender nie. Ons braai

Willie ·

Mens sou nou dink om almal regverdigheid te wys sou hulle die audit laat doen. Nou wys hulle net alhoewel daar onreelmatighede was gee hulle nie om nie of hulle is deel.

Andre ·

Willie ek stem saam. Het reeds van die begin af besef dat enige plaaslike instansie waarin die woord “onafhanklike” voorkom, die teendeel beteken.

Julie Jansen van Rensburg ·

Om my onlangse kommentaar te herhaal – ons beskik oor die modernste tegnologie om alles vlot te laat verloop – reg, skandeer die kieser se besonderhede wanneer hy/sy wil stem, MAAR – instede van kartonbokse waarin stembriewe gegooi word, behoort elke stemhokkie ‘n tipe sleutelbord te hê waarop al die partye se name aangebring is; die kieser druk die regte knoppie en sy/haar keuse word onmiddellik na ‘n lokaal deurgestuur waar’n groot skerm staan met elke party se naam ook daarop, en soos die persoon wat gestem het se keuse soheentoe gestuur word, word daardie stem ONMIDDELLIK op die skerm sigbaar te wees en wat ure se telling agterna uitskakel, bv. A = 10,000 stemme, B = 700 stemme, ens, ens, ens, en aan die einde van die dag word die resultate onmiddellik aangeteken. Inderdaad, so ‘n stelsel sal dan ook aan die einde van die dag veel minder kos om te installeer as al die ander beslommernisse wat tans in gebruik is… en wat bedrog ook totaal uitskakel. Wat dink julle van die idee/voorstel?

aj ·

Julie

Goeie voorstel!

Veral as die banke, poskantore en / of afdelingswinkels die verkiesing fasiliteer!

Maar met ‘n elektroniese stelsel is daar nie geleentheid vir die ‘onsigbare hand’ om die verkiesing se uitslag te bepaal nie.

A Mac ·

As die regering nie daarvoor betaal nie en die verskillende partye wat ‘n oudit wil hê die onkostes gaan betaal, hoekom nie? Waarvoor is die regering bang? Laat mens wonder of dinge werklik so goed/glad/eerlik verloop het met al die korrupsie wat in die parlement aan die gang is/was. Vir al wat die gewone kieser weet het die korrupsie na die verkiesing deurgesuur.

madels ·

Maar natuurlik sal hulle nie n onafhanklike oudit doen nie, hulle WEET daar van n groot gepeuter en indien hulle dit wel toelaat sal die ANC met hulle groot monde grootliks verloor

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.