Verkiesing: Publiek kan nou beswaar teen kandidate aanteken

Argieffoto

Suid-Afrikaanse burgers wat beswaar wil aanteken teen enige van die kandidate wat benoem is vir die algemene verkiesing op 8 Mei vanjaar, sal moet spring aangesien daar beperkte tyd is om dit te doen.

Die Onafhanklike Verkiesingskommissie van Suid-Afrika (OVK) het Donderdag gesê burgers het slegs kans tot 2 April om hul besware in te dien. ʼn Lys van die kandidate wat aan die verkiesing deelneem is vanaf vandag op die OVK se webtuiste beskikbaar. Lede van die publiek het geleentheid tot 17:00 op Dinsdag 2 April om besware in te dien.

Meer as 10 000 kandidate is benoem om aan die nasionale verkiesing deel te neem en meer as 8 000 kandidate vir die provinsiale verkiesings.

“Dit is aansienlik meer as die verkiesing in 2014 toe 2 089 kandidate vir die nasionale stembrief benoem is en 6 562 kandidate vir die provinsiale verkiesings,” het die OVK in ʼn verklaring gesê.

Volgens die Verkiesingswet mag besware ingedien word teen kandidate op grond van die volgende:

  • Hulle is nie gekwalifiseerd om verkiesbaar gestel te word nie;
  • Die voorgeskrewe aanvaarding van benoeming is nie deur die kandidaat onderteken nie;
  • Daar was geen voorneme deur die kandidaat onderteken dat hy of sy gehoor sal gee aan die OVK se gedragskode nie.

Volgens die Grondwet kan enige landsburger hom- of haarself verkiesbaar stel om verkies te word vir die nasionale vergadering en/of die provinsiale wetgewer, behalwe:

  • Ongerehabiliteerde insolvente
  • Enigiemand wat deur ʼn hof as geestelik versteurd verklaar is
  • Enige persoon wat skuldig bevind is aan ʼn strafregtelike oortreding en tot langer as 12 maande tronkstraf gevonnis is sonder die opsie van ʼn boete. Hierdie diskwalifikasie verstryk vyf jaar nadat die vonnis uitgedien is.

Besware teen enige kandidate kan per hand ingedien word by die OVK se hoofkantoor of per e-pos gestuur word na [email protected]. Die beswaar moet die persoon wat die beswaar indien se volledige besonderhede insluit, asook die naam, ID-nommer en party van die kandidaat waarteen die beswaar ingedien word sowel as die rede vir die beswaar en ondersteunende dokumentasie vir die beswaar.

Die OVK sal alle besware oorweeg en ʼn beslissing daaroor maak teen 8 April. Enige persoon of party wat daarna ʼn besluit van die kommissie wil betwis, het dan kans tot 11 April om die verkiesingshof te nader.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

potkop ·

een van die dae is daar meer kandidate as stemmers…
Geen wonder die land sit waar dit sit nie.

sweis ·

Waar kan ek kla oor die DA raadslede in die moot wat niks doen en salarise ontvang?

Willie ·

Ek stem Sweis, die Moot lyk verwwardeloos, en wetteloos… Ek het nog om te sien hoe die DA n verskil maak..

Realis ·

Stem saam oor die raadslede in die Moot. Hulle speel presies dieselfde kaart as die ANC. Die ANC blameer alles wat hulle opvoeter op Apartheid. Die DA blameer al hulle tekortkominge weer op die ANC. Die Moot gaan gebukkend onder ‘n enorme hoeveellheid infra struktuur probleme. Waterlekke daagliks, kragonderbrekings daagliks (bo-op die gewone beurtkrag). Dit is ook nou al ‘n jaar of twee wat ons ‘n verandering moes gesien het.

Jan ·

Die vorige Burgermeester en nou Premiers candidate Solly bly nogal in die Moot. DA het beslis my respek en stem verloor.

Nel ·

Nee. Dis die mense van ‘n land wat verantwoordelik is vir die tipe regering wat oor hulle regeer. Dus baklei met jou stem vir die soort regering wat jy wil hê… of anders slaan IK die spyker op sy kop.

Tino ·

Dit is nou nogals rare ware harde woorde.

Vir die wat nie verstaan nie, die land het die ouens aan bewind gebring en gehou. Nie noodwendig die areas soos die moot wat affekteer word nie maar die vis is vrot by die kop

Thinus ·

Die werkgewers moet hulself ook sommer vertroud maak met van die rassiste se ID nommers en seker maak hul stel nie sulke mense aan nie. Wonderlike inligting.

Thania ·

My grootste twyfel oor die kandidaat en ek weet nie of ek op hul moet vertrou nie aangesien na die Stemdag op 8 Mei en hul sal die briewe waarin mense stem in die boks in gooi en hul sal bokse iewers weggooi sodat daar nie telling kan kom nie. Hul doen dit. Is hul betroubaar?

Lou ·

Ek wonder of die kriteria ook geld vir die verkiesing van ‘n President. Seker maar nie want dan sou Zuma nie gekwalifiseer het nie. Tensy die kwalifikasie vereistes net Graad 4 was?

BlinkStephaans ·

Oraait oulik. Nou teken ek beswaar aan en daar is ñ maand oor dan is dit verkiesing. Die proses om die besware te handteer vat langer as ñ maand… so wat help dit nou? Neewat dit is maar net iets wat gedoen moet word want publieke deelname(deursigtigheid) word vereis… maar daar sal niks van kom. Die tydraamwerk is so saamgestel dat dit eintlik net ñ fiktiewe proses is.

Neels ·

Indiemnjy nie tevtede is met n kandidaat nie moet jy baie redes gee as dit n anc of eff of blf kandidaat is , maar indien dit vfplus kanddaat of enige ander kleiner party hoef jy nie baie redes te gee nie noem net dit is n pion van apartheid of rassis dan sal die iec hom vinnig verwyder

Santie ·

Solank die BLF nie kan staan nie. Hulle saai net haat en verdeeldheid.

Ja-Nee ·

Eintlik wat die OVK se is julle kan beswaar aanteken, maar ons maak dit so moeilik as moontlik om dit te doen. (Gee die ID nommer van die persoon teen wie jy kla? REGTIG!) Maar julle het die reg om beswaar aan te teken. Kom presies neer op ‘n ronde nul – moenie jou tyd mors nie – daar gaan absoluut niks van kom nie. Net ‘n administrasie foefie sodat jy dink jy kan kla erens. MAW lees snippermandjie vir alle klagtes.

jakes ·

As ek beswaar moet aanteken sal dit 1000 bladsye bevat want ek kan elke lid van die ANC en EFF se onbevoegdheid en swak punte uitwys. Al die kandidate van albei hierdie partye moet verbied word om op die kieserslys te dien insluitend CR. Ongelukkig het nie een van hulle nie eers een goeie punt nie. Hulle is n bedreiging vir die samelewing.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.