[Verkiesing] Só lyk die finale uitslag in die Vrystaat

Só lyk die partye se steun in die Vrystaat. Bron.: OVK

Só lyk die partye se steun in die Vrystaat. Bron.: OVK

Die ANC se steun in die Vrystaat het aansienlik afgeneem terwyl die DA redelik bestendig gebly het en die EFF gewys het hy is ʼn party om mee rekening te hou.

Volgens die OVK is 100% van die stemme getel en het die ANC 994 872 (61,53%) van die stemme en 385 setels gekry, die DA 329 570 (20,38%) stemme en 120 setels en die EFF156 687 (9,69%) van die stemme en 63 setels.

Die ANC het ʼn meerderheid in 18 van die provinsie se munisipaliteite gekry, insluitend die Mangaung-metro. Dit is net in die Metsimaholo-munisipaliteit (Sasolburg, Oranjeville en Deneysville) waar die ANC nie ʼn meerderheid kon kry nie en ʼn koalisie sal moet vorm as hy in beheer wil bly.

“Die ANC moet bekommerd wees oor die afname in steun in die Vrystaat,” meen prof. Theo Neethling, hoof van die Departement van Politieke Studies aan die Universiteit van die Vrystaat. “Dit was nog altyd ʼn vesting vir hulle waar hulle gewoond is om 70% te kry. Premier Ace Magashule is ook ʼn sleutelfiguur in die party se nasionale struktuur en deel van die sogenaamde ‘premierliga’ wat instrumenteel is om pres. Jacob Zuma in beheer te bou.”

Die ANC het intussen die uitslag verwelkom. “Dit was nog altyd ons doel om beheer te behou oor al die munisipaliteite in die Vrystaat,” het Thabo Meeko, provinsiale woordvoerder van die ANC gesê. “Ons is ʼn bietjie bekommerd oor die hoeveelheid mense wat gestem het maar dit was grotendeels weens die ekstreme weerstoestande.” Meeko het die afname in die ANC se steun toegeskryf aan die uitdagings om munisipaliteite in landelike gebiede te bestuur.

Patricia Kopane, provinsiale leier van die DA, het gesê haar party is bemoedig deur die effense groei in steun vir die party in die Vrystaat. “Ons kon daarin slaag om twee wyke by die ANC af te neem, een in die Mangaung-metro en een in Ladybrand.”

Die ANC se steun in die Vrystaat het in die nasionale en provinsiale verkiesing in 2014 effens afgeneem. Die DA se steun in die provinsie het aansienlik verbeter en die party het Cope as die amptelike opposisie in die Vrystaat onttroon. Die EFF is derde in die provinsie.

Die ANC het in die 2014-verkiesing 708 720 (69,85%) van die stemme op hom verenig, terwyl die DA 164 672 (16,23%) van die stemme gekry het. Die EFF het 82 674 (8,15%) van die stemme gekry en die VF Plus 21 339 (2,1%).

In die 2011-munisipale verkiesing het die ANC 1 065 865 (71,02%) van die stemme gekry, die DA 300 431 (20,02%) en Cope 51 923 (3,46%).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Pieter ·

Ek doen die volgende tabel om my beter te laat voel,OK, ek weet die VF+ kom van ‘n kleiner basisi af:
FV+ = 120k stemme in 2011 en 208k in 2016 dus 73% groei
DA = 6 393k stemme in 2011 en 7 174k in 2 16 dus 12% groei
ANC = 16 548k stemme in 2011 en 14 896k in 2016 dus -10% groei

Mariette Hammann ·

Die ANC het nie groei getoon nie, maar ‘n afname.

Hasie ·

Ek is baie teleurgesteld in die Vrystaat. Oos Kaap en Limpopo kan ek verstaan, want hulle is nog altyd die swakste provinsies. Oos Kaap praat ek van Bafullo City.

magdalena ·

dankie Pieter vir daardie statistiek met die VF+ se % Dis wonderlik om te weet dat hulle so groei toon.

Columbiana ·

Die front gaan nie groter word nie en al word hulle groter gaan hulle nie groot genoeg word om enige inpak in the bigger picture te he nie.
STEM DA EN KNOU DIE ANC

Columbiana ·

Lyk of dot eerder nou weer die rooi gevaar gaan wees en nee ek praat nou nie van die Lions nie

Anti DA ·

Die mense leer ook nie in die Vrystaat geen water geen dienste geen spoeltoilette maar hulle stem weer vir dieselfde party ….as die kop dom is laat die lyf dan maar swaarkry.

magda ·

Ek is net jammer vir dié wat se kop nie dom is maar in die minderheid is

Arina ·

VF+ vierde grootsteparty in die provinsie, 13 setels verower

Columbiana ·

Ja Arina dis alles goed en wel maar watter daadwerklike verskil gaan die front kan maak? Feit hulle is nie groot genoeg en sal nooit groot genoeg wees om die ANC te onttroon nie. Net die DA kan die ANC onttroon. Ons is gou om te skreeu Zuma is korrup die ANC IS dit dat en die volgende maar wil maar net nie aanvaar dat die front nie sterk genoeg sal wees om Zuma en kie te onttroon.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.