[Verkiesing] Só lyk die finale uitslag in Gauteng

Argieffoto

Argieffoto

Die ANC se steun het tot onder 50% gedaal in Gauteng en die party kon slegs in vier van die nege munisipaliteite ʼn meerderheid behaal en kon nie in een van die drie metro’s ʼn meerderheid behaal nie.

Met 100% van die stemme getel, het die ANC 3 256 694 (45,85%) van die stemme en 499 setels op hom verenig. Die DA het 2 642 911 (37,21%) van die stemme en 377 setels verower, terwyl die EFF 808 161 (11,38%) van die stemme en 122 setels gekry het.

Die ANC se steun in Gauteng het reeds in die nasionale en provinsiale verkiesing in 2014 aansienlik afgeneem. Die party het 2 348 564 (53,59%) van die stemme gekry, terwyl die DA se steun toegeneem het. Die amptelike opposisieparty het 1 349 001 (30,78%) van die stemme verower. Die EFF het Cope onttroon vir die derde plek in die provinsie, met 451 318 (10,3%) van die stemme. Die VF Plus het 52 436 (1,20%) van die stemme ontvang.

Tshwane-metro

Die DA het 761 618 (43,1%) van die stemme en 93 setels gekry, die ANC 728 618 (41,23%) van die stemme en 89 setels en die EFF 206 874 (11,71%) van die stemme, met 25 setels. Die VF Plus het 1,99% van die stemme en vier setels op hom verenig.

Die ANC het in die 2011-munisipale verkiesing 800 367 (55,32%) stemme in die Tshwane-metro ontvang en die DA 559 286 (38,65%) stemme. In die provinsiale verkiesing in 2014 het die ANC 517 741 (49,31%) stemme op hom verenig, die DA 354 403 (33,75%) stemme en EFF 120 849 (11,51%) van die stemme.

Johannesburg-metro

Die ANC het 1 121 948 (44,55%) van die stemme en 121 setels op hom verenig, terwyl die DA 966 192 (38,37%) van die stemme en 104 setels gekry het. Die EFF het 279 195 (11,09%) van die stemme en 30 setels en die IVP 1,72% van die stemme en vyf setels.

Die ANC het in die 2011-munisipale verkiesing 1 272 354 (58,56%) van die stemme in Johannesburg ontvang, terwyl die DA 752 304 (34,62%) van die stemme op hom kon verenig. In die provinsiale verkiesing in 2014 het die ANC 821 109 (52,28%) van die stemme gekry, die DA 508 362 (32,37%) en die EFF 159 105 (10,13%) van die stemme.

Ekurhuleni-metro

Die ANC het 875,151 (48,64%) van die stemme en 109 setels ontvang in Woensdag se munisipale verkiesing. Die DA het 614 373 (34,15%) van die stemme en 77 setels gekry, terwyl die EFF 202 012 (11,23%) van die stemme en 25 setels ontvang het.

Die ANC het in die 2011-munisipale verkiesing 968 302 (61,63%) van die stemme in Ekurhuleni ontvang, terwyl die DA 475 985 (30,29%) van die stemme op hom kon vestig. In die provinsiale verkiesing in 2014 het die ANC 622 192 (55,07%) van die stemme gekry, die DA 328 143 (29,05%) en EFF kon 119 919 (10,61%) van die stemme verower.

Die DA het sy meerderheid in die Midvaal-munisipaliteit behou. Die ANC het intussen ʼn meerderheid in die Merafong City-, Emfuleni-, Lesedi-, en Randfontein/Westonaria-munisipaliteite behaal. Nie een party het ʼn meerderheid in die Mogale City-munisipaliteit behaal nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Lithop ·

Die verslaggewing ten opsigte van die verkiesingsuitslae is werklik teleurstellend. Mens verwag ‘n volledige prentjie, met die uitslae van elke munisipaliteit in elke provinsie.

Prit ·

Stem saam, ek probeer al vir dae lank uit figure wie het ons gewen.

MAHuman ·

Al wat ons graag wil sien is werksgeleenthede vir die blanke mans en seuns. Mense wat met passie werk, orals waar mens kom voel dit of die werkers by instansie jou n guns bewys om hulle werk te doen. Ja, daar is uitsonderings maar bitter min. En geen korrupsie nie

E.K. ·

MAHuman – skep jou eie werk, dis die beste. Ja, dis moeilik aan die begin maar glo my mens KAN. Ek weet hoe dit is ons was self daar. Mens moenie gaans it en dink o daar is niks werk nie, skep dit, dink uit die boks. Mense wat Australie toe gehardloop het was karre om hul inkomste aan te vul maar soms dink ek wit mense dink sekere werk is benede hulle. Meisies gaan oorsee om AU Pairs te word, terwyl hul dit hier in hul eie land ook kan doen! Dit kan ook dan verder gevolg word deur bv te studeer in so iets en jou eie kleuterskool/dagsorgsentrum oop te maak. Mense is oor die algemeen te neusoptrekkerig soos wat ek al gesien en gehoor het. Werk is werk en as mens dit na die beste van jou vermoe doen kan jy trots wees daarop en klaar.

jaco ·

dit kos DUISENDE om n eie kleuterskool of ander besigheid oop te maak. as jy dit van jou huis af wil doen, benodig hy munisipale toestemming, wat met affirmative action aangestelde amptenare tot twee jaar se wag kan beteken. as jy met n wit vel wil studeer, dink BAIE GOED. daars baie wit gegradueerdes wat werkloos is NET oor hulle velkleur. Studeer iets waarmee jy werk in n ander meer welvarende land kan kry. iets soos breinchirurgie of kernwetenskap. (koeberg kernkragsentrale in kaapstad voer WIT kontrakwerkers uit ander lande in om sekere werk daar te doen. suid afrikaanse wit kerntegnici is nie goed genoeg nie)

Koos ·

Ek dink die DA was nogal slim Malema het gesê hy sal net ‘n koalisie vorm met ‘n party wat grond vat sonder vergoeding en die DA steun die beleid sal interessant wees om te sien wat nou gaan gebeur.

Anti DA ·

Die DA stemmers gaan voel soos die tyd toe hulle vir kortbroek gestem het.

leon ·

Kan jy nie verstaan nie ons is omtrent 5 percent blanke afriknaners al stem ons almal VF Plus alleen sal ons altyd verloor. Ons kan ons nie afsonder in so klein groep. Ons sal moet aanvaar die toekoms is saam met ander groepe

Johann Marx ·

En as die A&C nie Ventersdorp by Potch ingelyf het nie, was die DA daar ook nou in beheer van die mislikepaliteit….

Anti DA ·

Leon ek weet die VF+ kan en gaan nie ‘n verkiesing wen nie maar as mense wat soos jy dink VF+ stem kan hulle saam met die DA in ‘n koalisie vennootskap ingaan en dan word daar na die wit en bruin se belange gekyk …..almal het nou DA gestem want hulle is die enigste party wat die anc kan on troon nou het hulle (DA wat reeds diskriminerende wette teen wit en bruin ondersteun) nie genoeg om te regeer nie en moet hulle ‘n koalisie vorm met (Eff wat openlik teen almal is wat nie swart is nie) …..nou waar los dit nou ‘n bruin of wit persoon wat so geredeneer het voor die verkiesing ??

Chris Erasmus ·

E.K. Ek stem heelhartig saam met jou. Ek het ook gedink dat sekere werk benede my is totdat die harde realiteit my geslaan het, dat ek nie op my stert moet sit en op ander aangewese moet wees nie. Ek sien dit daagliks, mense moenie kla daar is nie werk nie, daar is as jy wil. Skep jou eie geleenthede en maak verskil. Ek soek mense/personeel, maar sodra hulle hoor wat ons doen is daar altyd lang stories. Dit sluit alle bevolkingsgroepe in.

E.K. ·

Chris Erasmus, ek is TROTS op ouens soos jy. Mag jy tonne sukses nou en vorentoe behaal, jy is wat die land nodig het. Mense wat ‘n gaping raaksien en dit net DOEN! Mooi so.

Sarie ·

Dis tyd weer vir familiebesighede. Japan het op een stadium amper hulle hele ekonomie so daarop gebou.

magda ·

Chris ek sal graag meer wil weet van jou onderneming. Ek het vir 30jaar gemaklik geleef tot ek op 60 weer moes begin werk. Ek het vir die Here gesê ek sal toilets skrop as ek net n werkie kan kry. Ek het werk gekry maar dit gaan nie goed nie.

leon ·

Anti DA dink jy nou regtig as blanke afrikaners nie meer vir die DA stem die ander groepe sal nog steeds vir die DA stem waar staan ons dan met ons 5 percent. Ons moet vertroue in DA opbou sukses bring meer sukses

Johann ·

Leon ek hoor wat jy sê, maar luister ons na Mmusi Maimane se uitsprake en ons weet waar Helen en Patricie vanaf kom(black sash). Hoe kan ons dan nog vertroue in die DA stel. Die idiologie wat die ANC, EFF en die DA nastreef is op die einde van die dag een en dieselfde ding. Sou daar enige probleem kom gaan die drie op die einde van die dag saamspan teenoor wie ook al hul bedreig ten einde ‘n uiteindelike gesamentlike doel te bereik. Of sou jy voel my redenasie is veeregaande.

C Liebenberg ·

Is ek reg. As ek së Zuma het al die hoofmanne karre en salarisse gegee om seker te maak dat die landelike bevolking vir ANC stem? Ekt gehoor mense daar was nie vry om te stem vir enige ander patye nie- as dit die geval is beteken dat die regerende party eintlik slegter daaraan toe sou gewees het as hulle net normaalweg mense toegelaat het om te stem-of is ek eintlik verspot optimisties? ek vra net.

leon ·

Johan ek verstaan wat jy se. Maar wat is dan jou opsie vir ons. Ons stem almal VF kry 5 percent steun en die DA vergaan . Waar gaan dit ons los

Verbaas ·

Dit Verbaas my dat mense so gal braak oor wit Afrikaners vir die DA gestem het. Ewe skielik pla swart bemagtiging hul vreeslik waarvoor die DA ook staan, ons leef al 22 jaar onder swart bemagtiging in SA en VF of te not! Wel ek leef al 22 jr daarmee en werk en verdien n salaris, ek het n huis en n motor, my seun studeer waarvoor ons betaal, my dogter studeer by Unisa en het n goeie werk nogal as PA vir swart profesionele vrou. Wil die Blanke Afrikaners dan eerder onder n ANC regering wees???

kurt badenhorst ·

Ek stem vir my eie mense uit beginsel. Hoe anders? Ja, die DA is dalk die antwoord, al is dit saam met die EFF. Enige regering wat grond vat, sal dieselfde behandeling kry. Ons moet duidelik onderskei tussen politieke praatjies en realiteit. Hierdie was ‘n goeie verkiesing met veranderinge in die regte rigting!

estelle ·

Ag asb tog..waar staan wit mense saam. As ons mekaar in die rug steek
Oma kan nw eers n blikkie kos skenk vir ons eie mense. Want oeps nou gaan jy meer as ek he. MY STATUS GAAN SKADE LEI. EN laaste julle het geen rugrat, slapgatte julle wil agter n FB blad sir en regeer. Julle boer agteruit. SIES MAN. Wonder wat ons ouers van julle dink. Saam DA KON ONS MEER VIR ONS EIE MENSE GEDOEN HET. SKAAM OM N BOER GENOEM TE WORD. AL WAAT EK ONVERSKONING VOOR VRA IS MY TIK FOUTE WANT JY SIEN EK S8 TE SE BLIND.

Dappermuis ·

Baie Afrikaners stem DA omdat hulle “bang” is hulle verdeel die oposisie deur VF+ te stem. Vir hulle sê ek: ons sit in hierdie gemors oor stemmers wat in 1992 te “bang” was om Nee te stem, omdat hulle hulle laat bangpraat het. Afrika is nie ‘n plek vir bangmense nie. Kry ruggraat en stem uit die moed van jou oortuiging. As dít insluit swartbemagtiging en grondverdeling, stem DA. Andersins, stem VF+ sonder vrees.

Magda ·

Wel politiek sal politiek bly, almal maak beloftes en niks gebeur nie. Ons stem vir ‘n beter land, beter werk en beter toekoms, maar as dit kom by belofte nakoming sal dit nie geskied nie. Eerstens is ons infrastrukture wat nie ge-onderhou is nie, nou so vêr belemmerd dat die party wat nou oorvat baie werk het om te doen. En om dit reg te maak kos geld, en daar is nie geld nie. So wat nou… Net ons dierbare Vader sal weet. Hy is die enigste een wat aan sy beloftes gestand doen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.