[Verkiesing] Só lyk die finale uitslag in Mpumalanga

Bron: OVK

Bron: OVK

Die ANC het soos verwag weereens ʼn wegholoorwinning in Mpumalanga behaal.

Volgens die OVK is 100% van die stemme getel en het die ANC 1 495 654 (70,74%) van die stemme en 561 setels gekry gevolg deur die DA met 273 460 (12,93%) van die stemme en 110 setels. Die EFF het 198 532 (9,39%) van die stemme en 79 setels gekry.

Die ANC het ʼn meerderheid in al 17 van die provinsie se munisipaliteite gekry. Die ANC se steun het egter effens gedaal in vergelyking met die munisipale verkiesing in 2011 toe die party 1 467 447 (78,03%) van die stemme gekry het. Die DA het toe 259 189 (13,78%) van die stemme gekry en Cope het 20 397 (1,08%) van die stemme op hom verenig.

Die ANC het sy topposisie in Mpumalanga behou ná die nasionale en provinsiale verkiesing in 2014, maar het minder stemme gekry as in 2009 se verkiesing. Die DA se steun het effens verbeter terwyl die EFF vir Cope geklop het vir die derde plek. In die 2014-verkiesing het die ANC 1 045 409 (78,23%) van die stemme op hom verenig terwyl die DA 138 990 (10,40%) van die stemme verseker het. Die EFF het 83 589 (6,26%) stemme gekry.

Roland Henwood, politieke ontleder aan die Universiteit van Pretoria, het vroeër aan Maroela Media gesê daar is baie armoede in Mpumalanga en dat kiesers baie sterk ANC-gesind is. “Die grootste probleem is binnegevegte. In Mpumalanga is die sentrale leierskap sterk gevestig en daar is mense wat premier David Mabuza onder druk probeer plaas het, maar daar is geen tekens dat dit suksesvol was nie.”

Volgens Henwood is daar geweldige konflik op plaaslike regeringsvlak. “Raadslede en burgemeesters kom in opstand en talle munisipaliteite is onder administrasie geplaas. Die sentrale leierskap het ’n sterk greep op die provinsie en niemand kan die premier suksesvol uitdaag nie. Daar was ook al verskeie voorvalle van geweld en die afgelope paar jaar was daar voorvalle waarin dienende raadslede vermoor is.”

Henwood het ook vroeër voorspel dat die EFF sy steun kan verbeter soos die party wel gedoen het en dat die DA nie ʼn hoë-profiel in die provinsie het nie, soos die effens afname in die party se steun ook wys.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

John ·

Gebiede grensende aan swart lande soos Maputo, Lesotho, Swaziland en Botswana vervloei. Dis ook hier waar die ANC veral presteer. Kyk op Google Earth hoe woongebiede oos van Bloemfontein/Mangaung tot by Maseru aaneen strek. Lughawens in die’ gebiede is buite ons beheer en onwettige immigrante weet dit. Twee ID’s is aan die orde van die dag. Kyk ook wes van Maputo en by Musina. Dit is nie SA wat uitbou nie, maar die buiteland wat ons binnedring en uit ‘dankbaarheid’ vir hul SA-burgerskap vir swart partye stem. Hierdie kunsmatigheid gaan ook mettertyd die land se veiligheid bedreig soos wat mense uit die verre noorde hier polariseer en hul stempel begin afdruk.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.