[Verkiesing] Só lyk die finale uitslag in Noordwes

Noordwes Foto: Ali Conquerre, Pinterest

Noordwes Foto: Ali Conquerre, Pinterest

Die ANC het die mag in 17 van Noordwes se 18 munisipaliteite behou, maar kon nie daarin slaag om ʼn meerderheid in die Rustenburg-munisipaliteit te kry nie.

Met 100% van die stemme getel het die ANC 1 056 972 (59,38%) van die stemme en 494 setels op hom gevestig. Die EFF het 276 316 (15,52%) van die stemme en 120 setels gekry terwyl die DA 267 222 (15,01%) van die stemme en 119 setels gekry het.

In die Rustenburg-munisipaliteit het die ANC 48,55% van die stemme en 43 setels gekry terwyl die EFF vyf wyke gewen en 24 setels gekry het. Die F4SD, wat op die been gebring is deur voormalige ANC-raadslede wat ongelukkig was met die party se kandidaatbenoemingsproses, het vier setels gekry.

In die Ventersdorp/Tlokwe-munisipaliteit het die ANC 66 689 (50,86%) van die stemme en 34 setels gekry terwyl die DA 42 231 (32,21%) van die stemme en 22 setels gekry het. Die EFF het 9 812 (7,48%) van die stemme en vyf setels gekry.

Volgens die ANC in Noordwes het die mense van die provinsie hul vertroue in die party gewys. “Ons verbind ons daartoe om dienslewering te bespoedig en te verbeter. Dit is duidelik dat die mense van Noordwes glo dat net die ANC hul sosio-ekonomiese omstandighede kan verbeter,” het Dakota Legoete, provinsiale sekretaris van die ANC, gesê.

Opposisiepartye het die ANC vroeër daarvan beskuldig dat die samesmelting tussen Tlokwe en Ventersdorp polities gemotiveerd is om te verhoed dat ʼn opposisieparty in Tlokwe wen.

In die munisipale verkiesing in 2011 het die ANC 61 024 (57,87%) van die stemme in Tlokwe op hom verenig. Die DA het 39 036 (37,02%) van die stemme gekry en die VF Plus 2 882 (2,73%). In die nasionale en provinsiale verkiesing in 2014 het die ANC 34 789 (51,83%) van die stemme gekry. Die DA het 21 692 (32,32%) van die stemme op hom verenig, die EFF 5 411 (8,06%) en die VF Plus het 3 981 (5,93%) van die steun gekry.

Prof. André Duvenhage, politieke ontleder aan die Noordwes-Universiteit, het vroeër aan Maroela Media gesê hy verwag dat die ANC minder steun in die provinsie gaan kry as in die munisipale verkiesing in 2011 en dat die EFF moontlike sy steunvlakke in Noordwes sal vergroot deur na verwagting goed te presteer in onder meer Marikana en Mahikeng. “Die ANC sal egter in alle gevalle as die meerderheidsparty seëvier met die EFF wat hom as die sterkte opposisieparty sal vestig,” het hy gesê.

In die munisipale verkiesing in 2011 het die ANC 1 212 381 (74,03%) van die stemme in Noordwes op hom verenig. Die DA het 261 748 (15,98%)  van die stemme op hom gevestig en Cope het 44 325 (2,71%) van die stemme gekry.

In die nasionale en provinsiale verkiesing in 2014 het die ANC se steun in die provinsie persentasiegewys afgeneem ná die verkiesing in 2009. Die EFF het Cope onttroon as die amptelike opposisieparty in die provinsie terwyl die DA sy steun effens verbeter het maar steeds met die derde plek tevrede moes wees.

Die ANC het in die 2014-verkiesing 733 490 (67,39%) van die stemme op hom verenig, die EFF 143 765 (13,21%) stemme en die DA het 138 521 (12,73%) van die stemme gekry.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Arina ·

Die VF+ het 4 setels in Thlokwe/Ventersdorp gekry en 16 setels in die Noordwes in totaal, 5de grootste party in die provinsie

Delia ·

Dankie Arina vir die inligting……ek sien die pers en MM is maar stil as dit by inligting oor die VF plus gaan. Ek kry my inligting van PretoriaFM…

Arina ·

In Rustenburg het Anc 43setels, EFF 24, DA 14, F4SD 4 en dan 4 kleiner partye 1 setel elk , waaronder die VF+

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.