Verkiesing: Só lyk die stemme nou

Foto: Maroela Media

Foto: Maroela Media

Die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) het Donderdag om 19:15 reeds meer as 80% van die stemtellery afgehandel.

Volgens die voorlopige uitslae op die OVK se webwerf, loop die ANC voor met 62.93% van die stemme. Die DA is in die tweede plek met 22.06% en die EFF het 5.32% van die stemme verwerf.

Die tellery in Mpumalanga is 100% afgehandel. Die ANC het dié provinsie gewen met 78.23% van die stemme. Die DA is tweede met 10.40% van die stemme en die EFF in die derde plek met 6.26% van die stemme.

Die tellery in die Noord-Kaap is ook 100% afgehandel. Die ANC het dié provinsie met 64.40% van die stemme gewen. Die DA is in die tweede plek met 23.89% van die stemme en die EFF het 4.96% van die stemme gewerf.

In die Wes-Kaap is byna 94% van die stemme reeds getel. Die DA loop in dié provinsie voor met 58.66% van die stemme. Die ANC is in die tweede plek met 33.57% van die stemme en die EFF het 2.07% van die stemme gewerf.

Die tellery in die Oos-Kaap is ongeveer 88% afgehandel en die ANC is tans eerste met 70.62% van die stemme. Die DA is in die tweede plek met 16.07% en UDM derde met 6.05%.

Die Noordwes is ongeveer 86% afgehandel en die ANC het tot dusver 69.10% van die stemme gewerf. Die EFF is in die tweede plek met 12.50% en die DA het 11.55% van die stemme gewerf.

In Limpopo is 81% van die stemme reeds getel. Die ANC het tot dusver 79.72% van die stemme gewerf, die EFF 9.95% en die DA 6.22%.

In KwaZulu-Natal is 80% van die stemme getel. Die ANC loop tot dusver voor met 65.33% van die stemme. Die Inkatha Vryheidsparty (IVP) is in die tweede plek met 11.92% van die stemme en die DA in die derde plek met 10.73%.

Die Vrystaat is 70% afgehandel en die ANC loop tans voor met 72.13%. Die DA is in die tweede plek met 14.18% en EFF derde met 8.12%.

In Gauteng is 38% van die stemme reeds getel. Die ANC het tot dusver 52.37% van die stemme, die DA 33.97% en die EFF 8.32%.

Klik hier om gratis die verkiesingsnuus en -uitslae op Maroela Media te volg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Piet Kotze ·

Dit is vir my net skandelik hoe min blankes gaan stem het. vra maar rond by jou werk em tussen jou vriende en familie en jy sal agterkom. die uitslae kon werklik baie anders gewees het. Werklik swak. Hierdeur bring ons baie van die swak omstandighede waarmee ons opgesaal sit oor onsself.

Demokraat ·

Dis jammer dat juis die bevolkingsgroep wie oor die meeste kundigheid en ervaring beskik, nie deel wil wees van die huidige bestel nie. Ek wil met Piet Kotze saamstem dat die blankes juis ‘n groot deel van hul elllende oor hulself bring deur nie deel te neem nie.

Shannon ·

Jy leef in `n droom wêreld. Ten eerstens, dis nie `n skande nie, dis `n wetlike reg. Ten tweedens, hoekom ? Omdat jou party nou nog steeds by verre in die minderheid is ? Omdat jy self swaar gebuk gaan onder die regering van die massas ? Die outjies wie nou so kla moet aanvaar dat hulle daarvoor gestem het in 1992. Klou styf vas, julle perd stop nie nou weer voordat als oor die afgrond is nie.

Wat sou jou gelukkig gemaak het ? `n 0.5% swaai na die DA wat omtrent net Afrikaans praat gedurende verkiesings tyd ? Of dalk `n effe groter swaai na die mikro party van die Front met plusse ? … sodat Doktor vir nog 20 jaar kan besig bly met sy politieke potpourri van als en nog wat sonder om werklik spesifiek te raak ?

Indien die DA meer steun werf sal dit altyd wees op grond van die feit dat hulle bereid is om nog erger uit te vaar teen blanke boere, Afrikaanse skole in Engelse skole verander en omdat blanke mans verban word uit die leier strukture van die party.

Anton Stripp ·

Ja Piet, die mense wat nie gestem het nie dis hulle wat heel eerste kla oor die land met al sy probleme. Dis eintlik skandelik dat mense, veral blankes nie stem nie. Die ANC is so korrup met die verkiesings dis nie eens meer snaaks nie. As so verkiesing net ongeldig verklaar kan word sal dit goed wees, maar wie sal dit kan doen? Baie OVK lede is deel van die korruptheid, die ander partye sal nooit ‘n regverdige kan staan nie. Is daar ander maniere in die vlgde.verkiesing om stemme regverdig te tel? Dink tipe vinger “scan” metode behoort te werk as daar net so manier uitgedink kan word.

Lynni ·

Shannon, Helen Zille praat baie afrikaans. Dit gaan ni oor engels praat of afrikaans praat. Ons afrikaanse mense is te min om ‘n sterk opposie teen di ANC te wees. Ons Kapenaars het saamgestaan en hul lekke pak slae in Kaap gegee. Provinceeee

MARIA DOROTHEA SMITH ·

EK SE NET EK WIL DAAI SAVANNA YSKAS ASB WEN EK VRA SOMMER BAIE MOOI ASSEBLIEF EN SOMMER SOLANK DANKIE SOMMER BAIE DANKIE

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.