[Verkiesing] Só lyk finale uitslag in die Wes-Kaap

Foto: DA/Youtube

Foto: DA/Youtube

Die DA het sy steun in die Wes-Kaap tot meer as 60% verbeter en het ʼn meerderheid in 17 van die 25 munisipaliteite behaal.

Met 100% van die stemme wat getel is het die DA 2 425 371 (63,33%) van die stemme en 468 setels op hom verenig. Die ANC het 1 004 354 (26,22%) van die stemme en 223 setels ontvang terwyl die EFF 2,81% van die stemme en 21 setels gekry het. Die ACDP het 1,08% van die stemme en agt setels gekry terwyl die VF Plus 0,7% van die stemme en ses setels kon kry.

Die DA het ʼn meerderheid in 17 munisipaliteite, insluitend Kaapstad en Stellenbosch waar die party die grootste steun geniet, gekry.

Die DA het in 2011 se munisipale verkiesing 1 982 789 (57,70%) van die stemme gekry, die ANC 1 156 352 (33,65%) en Cope 60 102 (1,75%).

In die nasionale en provinsiale verkiesing van 2014 het die DA 1 259 645 (59,38%) van die stemme op hom verenig. Die ANC het 697 664 (32,89%) van die stemme gekry, gevolg deur die EFF, wat 44 762 (2,11%) van die stemme gekry het.

Patricia de Lille, burgemeester van Kaapstad, het gesê die DA sal die werk wat hy in Kaapstad begin doen het nou klaarmaak. “Suid-Afrika, hierdie verkiesing was vir jou en ons toekoms. Dankie aan elke kieser wat vir ons die mandaat gegee het om aan te hou vordering maak. In die verkiesing het ons gewys dat ons nou die pad na die toekoms lei.”

Helen Zille, premier van die Wes-Kaap, het intussen gesê talle mense beskou die feit dat die DA en ANC kop aan kop is in die verskeie metro’s as vanselfsprekend, maar dat dit selfs vyf jaar gelede ondenkbaar was. “Die grootste les vir die ANC in die verkiesing is dat dié party nooit weer op die raskaart kan staatmaak om te kompenseer vir swak regering nie.”

In die agt munisipaliteite waar die DA nie ʼn meerderheid behaal het nie, staan sake só:

Witzenberg-munisipaliteit

DA: 45,96% van die stemme en 11 setels

ANC: 32,28% van die stemme en agt setels

WA: 4,99% van die stemme en een setel

Kannaland-munisipaliteit

DA: 27,52% van die stemme en twee setels

ICOSA: 48,14% van die stemme en drie setels

ANC: 21,51% van die stemme en twee setels

Hessequa-munisipaliteit

DA: 42,49% van die stemme en agt setels

ANC: 46,14% van die stemme en agt setels

VF Plus: 4,86% van die stemme en een setel

Bitou-munisipaliteit

DA: 48,58% van die stemme en ses setels

ANC: 40,99% van die stemme en ses setels

AUF: 5,36% van die stemme en een setel

Knysna-munisipaliteit

DA: 49,61% van die stemme en tien setels

ANC: 32,14% van die stemme en sewe setels

Cope: 5,71% van die stemme en een setel

Laingsburg-munisipaliteit

DA: 43,88% van die stemme en drie setels

ANC: 46,08% van die stemme en drie setels

KOP: 4,5% van die stemme en een setel

Prince Albert-munisipaliteit

DA: 33,53% van die stemme en drie setels

KGP: 32,52% van die stemme en twee setels

ANC: 31,63% van die stemme en twee setels

Beaufort-Wes-munisipaliteit

DA: 48,99% van die stemme en ses setels

ANC: 42,21% van die stemme en ses setels

KDF: 5,18% van die stemme en een setel

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

jaco ·

daars een munisipaliteit waar die VF-Plus saam met die DA die ANC kan keer om oor te vat en die munisipaliteit nie binne vyf jaar nie maar waarskynlik 5 weke met wanbestuur op te mors. Ek hoop dis ‘n les vir die DA om op te hou om klein partye as niksseggend te beskou.

Arina ·

Ek stem saam Jaco met proporsionele verteenwoordiging kan mens met jou gewete stem, en nog steeds ‘n impak maak, daar is reeds 4 of 5 munisipaliteite waar die VF+ ‘n deurslaggewende keuse het wie die munisipaliteit gaan beheer.

Anti DA ·

Wag tot die klomp DA stemmers uitvind die DA gaan in ‘n koalisie met die EFF vorm en die se commander and chief soek grond en daai grond is hulle grond

snoefie ·

Jaco jy moet Tannie Patty goed inlig oor die stukkende pomp waar duisende liters water verlore gaan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.