[Verkiesing] Só lyk finale uitslag in Limpopo

Argieffoto

Argieffoto

Die ANC geniet steeds groot steun in Limpopo, maar kon nie daarin slaag om die meerderheid in twee munisipaliteite in die Waterberg-distriksmunisipaliteit te behaal nie.

Met 100% van die stemme getel het die ANC 1 736 332 (68,75%) van die stemme en 784 setels verower. Die EFF is die amptelike opposisieparty in die provinsie nadat hy 422 366 (16,72%) van die stemme en 190 setels gekry het terwyl die DA 203 475 (8,06%) van die stemme en 94 setels ontvang het.

Die ANC se steun het egter aansienlik gedaal sedert die munisipale verkiesing in 2011 en die nasionale en provinsiale verkiesing in 2014.

In twee munisipaliteite in die Waterberg-distriksmunisipaliteit kon die ANC egter nie daarin slaag om ʼn meerderheid te behaal nie. In die Modimolle/Mookgopong-munisipaliteit (Nylstroom, Naboomspruit en Vaalwater) het die ANC 47,58% van die stemme en 13 setels gekry. Die DA het 24,11% van die stemme en sewe setels gekry. Die EFF het 19,44% van die stemme en ses setels gekry terwyl die VF Plus 5,88% van die stemme en twee setels gekry het.

In die Thabazimbi-munisipaliteit (insluitend Amandelbult, Thabazimbi en Northam) het die ANC 45,3% van die stemme en tien setels gekry, die DA 22,21% van die stemme en vyf setels, die EFF 20,24% van die stemme en vyf setels en die VF Plus het 2,7% van die stemme en een setel gekry.

Die EFF kon daarin slaag om wyk 13 in Seshego, EFF-leier Julius Malema se tuisdorp, te wen. Die EFF het ook elders in die provinsie sy steun aansienlik verbeter.

Die ANC het in die 2014-verkiesing 1 149 348 (78,6%) van die stemme op hom verenig, terwyl die EFF 156 982 (10,74%) van die stemme gekry het. Die DA het 94 724 (6,48%) van die stemme getrek, terwyl Cope 12 573 (0,86%) van die stemme gekry het.

In die munisipale verkiesing in 2011, het die ANC 1 847 978 (80,59%) van die stemme gekry, die DA 149 505 (6,52%) en Cope 85 670 (3,74%).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Wern ·

Hoe erg dink julle is dit dat die EFF nou die DA as opposisie verplaas het, wat sal die invloed op boere en blankes hier oor die volgende 2 jaar wees? Is dit nie n enorme terugslag nie?

Columbiana ·

Jip Limpopo julle beter wakker skrik en begin stem en nie vir die VF nie maar vir ‘n party wat werklik die EFF kan uitstof as oposisie of moontlike wenners. Jammer maar die realiteite is die VF gaan nooit genoeg steun kry om regte oposisie te wees nie. Daar is net nie genoeg steun nie en wees redelik wat is die kans dat hulle ooit genoeg steun gaan kry. 0

Wat-ek-lees ·

Weereens ‘n bewys dat daar nog ‘n klomp pô-pô’s is in Limpôpô. Dalk, net eendag, sal hulle begin om by te kom.

Lh ·

Selfs n aap sal kan verstaan dat n verhouding van 2:98 nie juis n ander uitslag sal kan verwag nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.