[Verkiesing] Só lyk finale uitslag in SA

Argieffoto

Argieffoto

Die ANC kon in die afgelope verkiesing daarin slaag om net meer as 50% van die stemme op nasionale vlak op hom te verenig, terwyl die party slae gekry het in talle munisipaliteite, wat die land se agt metro’s insluit.

Nasionaal:

Met 100% van die stemme getel, het die ANC op nasionale vlak 16 103 206 (53,91%) van die stemme en 5 163 setels verower. Die DA het 8 033 502 (26,89%) van die stemme en 1 782 setels op hom verenig, terwyl die EFF 2 448 493 (8,2%) van die stemme en 761 setels gekry het.

Die IVP het 4,45% van die stemme en 432 setels gekry en die VF Plus 0,77% van die stemme en 67 setels.

Die ANC het  ʼn meerderheid in 161 munisipaliteite landwyd behaal, terwyl die DA ʼn meerderheid in 19 munisipaliteite behaal het en die IVP in ses munisipaliteite. In 26 munisipaliteite het geen party ʼn meerderheid gekry nie.

In die munisipale verkiesing in 2011 het die ANC nasionaal 16 548 970 (61,95%) van die stemme op hom verenig, die DA het 6 393 890 (23,94%) van die stemme gekry en die IVP 954 021 (3,57%).

In die nasionale verkiesing in 2014 het die ANC 11 436 921 (62,15%) van die stemme gekry, die DA 4 091 584 (22,23%) en die EFF 1 169 259 (6,35%) van die stemme.

Só lyk die uitslag in die onderskeie provinsies:

Gauteng:

Die ANC se steun het tot onder 50% gedaal in Gauteng en die party kon slegs in vier van die nege munisipaliteite ʼn meerderheid behaal. Die party het egter nie in een van die drie metro’s ʼn meerderheid behaal nie.

Met 100% van die stemme getel, het die ANC 3 256 694 (45,85%) van die stemme en 499 setels op hom verenig. Die DA het 2 642 911 (37,21%) van die stemme en 377 setels gekry, terwyl die EFF 808 161 (11,38%) van die stemme en 122 setels gekry het.

Geen party kon ʼn meerderheid in een van Gauteng se drie metro’s, Tshwane, Johannesburg en Ekurhuleni, behaal nie. Die DA is die grootste party in die Tshwane-metro, terwyl die ANC die grootste partye in die Johannesburg- en Ekurhuleni-metro’s is. Koalisies sal egter gevorm moet word om ʼn meerderheid in die metro’s te bekom.

Oos-Kaap:

Die ANC se steun in die Oos-Kaap het effens afgeneem en dié party kon slegs daarin slaag om een van die provinsie se twee metro’s te wen.

Met 100% van die stemme wat getel is, het die ANC 2 395 156 (65,31%) van die stemme en 996 setels ontvang, die DA 722 312 (19,7%) van die stemme en 211 setels en die EFF 189 935 (5,18%) van die stemme en 73 setels.

Die ANC kon egter nie daarin slaag om ʼn meerderheid in twee van die provinsie se 33 munisipaliteite te kry nie. Die DA is ná die verkiesing die grootste party in die Nelson Mandelabaai-metro en het ook die Kouga-munisipaliteit met ʼn meerderheid ingepalm.

KwaZulu-Natal:

Die IVP het sy slag gewys in KwaZulu-Natal en in die proses die DA as amptelike opposisieparty onttroon.

Met 100% van die stemme getel, het die ANC 3 728 878 (57,48%) van die stemme en 995 setels op hom verenig. Die IVP het 1 192 704 (18,39%) van die stemme en 419 setels gekry, terwyl die DA 983 776 (15,16%) van die stemme en 185 setels verower het. Die EFF het 3,46% van die stemme en 59 setels gekry.

Die ANC kon daarin slaag om ʼn meerderheid in 31 van die 43 munisipaliteite te kry, terwyl die IVP ʼn meerderheid in ses munisipaliteite behaal het, waaronder Nkandla , pres. Jacob Zuma se tuisdorp.

In eThekwini (Durban), die provinsie se enigste metromunisipaliteit, het die DA sy steun verbeter, terwyl die NFP se nie-deelname klaarblyklik nie ʼn groot impak gehad het nie. Die Minority Front het sleg vertoon, terwyl vier onafhanklike kandidate verkies is. Die ANC beheer steeds die metro, maar sy steun het van 61% in 2011, na 56,01% vanjaar gedaal.

Wes-Kaap:

Die DA het sy steun in die Wes-Kaap tot meer as 60% verbeter en het ʼn meerderheid in 17 van die 25 munisipaliteite, insluitend die Kaapstad-metro, behaal.

Met 100% van die stemme wat getel is, het die DA 2 425 371 (63,33%) van die stemme en 468 setels op hom verenig. Die ANC het 1 004 354 (26,22%) van die stemme en 223 setels ontvang, terwyl die EFF 2,81% van die stemme en 21 setels gekry het. Die ACDP het 1,08% van die stemme en agt setels gekry, terwyl die VF Plus 0,7% van die stemme en ses setels kon verower.

Limpopo:

Die ANC geniet steeds groot steun in Limpopo, maar kon nie daarin slaag om die meerderheid in twee munisipaliteite in die Waterberg-distriksmunisipaliteit te behaal nie.

Met 100% van die stemme getel, het die ANC 1 736 332 (68,75%) van die stemme en 784 setels verower. Die EFF is die amptelike opposisieparty in die provinsie, nadat hy 422 366 (16,72%) van die stemme en 190 setels gekry het, terwyl die DA 203 475 (8,06%) van die stemme en 94 setels ontvang het.

Die ANC kon egter in twee munisipaliteite in die Waterberg-distriksmunisipaliteit, in die Modimolle/Mookgopong-munisipaliteit (Nylstroom, Naboomspruit en Vaalwater) en die Thabazimbi-munisipaliteit (insluitend Amandelbult, Thabazimbi en Northam), nie daarin slaag om ʼn meerderheid te behaal nie.

Die EFF kon daarin slaag om wyk 13 in Seshego, EFF-leier Julius Malema se tuisdorp, te wen. Die EFF het ook elders in die provinsie sy steun aansienlik verbeter.

Noordwes:

Die ANC het beheer behou in 17 van Noordwes se 18 munisipaliteite, maar kon nie daarin slaag om ʼn meerderheid in die Rustenburg-munisipaliteit te kry nie.

Met 100% van die stemme getel, het die ANC 1 056 972 (59,38%) van die stemme en 494 setels op verower. Die EFF het 276 316 (15,52%) van die stemme en 120 setels gekry, terwyl die DA 267 222 (15,01%) van die stemme en 119 setels gekry het.

Mpumalanga:

Die ANC het, soos verwag, weereens ʼn wegholoorwinning in Mpumalanga behaal. Die party het 1 495 654 (70,74%) van die stemme en 561 setels gekry, gevolg deur die DA met 273 460 (12,93%) van die stemme en 110 setels. Die EFF het 198 532 (9,39%) van die stemme en 79 setels gekry.

Die ANC het ʼn meerderheid in al 17 van die provinsie se munisipaliteite gekry.

Vrystaat:

Die ANC se steun in die Vrystaat het aansienlik afgeneem, terwyl die DA redelik bestendig gebly het en die EFF gewys het hy is ʼn party om mee rekening te hou.

Die ANC het 994 872 (61,53%) van die stemme en 385 setels gekry, die DA 329 570 (20,38%) stemme en 120 setels en die EFF156 687 (9,69%) van die stemme en 63 setels.

Die ANC het ʼn meerderheid in 17 van die provinsie se 18 munisipaliteite gekry, insluitend die Mangaung-metro.

Noord-Kaap:

Die ANC het 434 696 (58,26%) van die stemme verower en sal 23 van die 26 munisipaliteite in dié provinsie beheer. Die ANC het 227 setels van die 382 setels in die provinsie ingepalm.

Die DA is die amptelike opposisie in die provinsie, met 185 401 (24.85%) van die stemme en 98 setels. Die EFF het 64 183 (8,6%) van die stemme en 34 setels ingewin.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Ferdi ·

VF+ moet regtig baie harder werk in Wes-Kaap en veral in Kaapstad. My persoonlike ervaring met Helpende Hand is waarom die swak prestasie by die stembus geensins verbaas nie. Tyd om sokkies op te tel, gryp die geleentheid aan en begin ons eie te help ipv te verstoot. Lees Jesaja 30!

jaco ·

ek was by n aksie van helpende hand betrokke om n wendy-huis in n wit plakkerskamp iewers in Kaapstad op te rig. Dit was n groot struktuur wat van iewers anders n hele paar strate verder gedra moes word. die oprigting was ook n lang harde werk. net die vrouens wat daar plak het ons gehelp. die mans het net vir ons gekyk en ALMAL het gerook. ek was in n hele paar van die plakkershuisies en tekens dat alcohol gereeld gebruik word, was oral te sien. As hulle swaarkry en reeds plakkers is, waar kom die geld vir onnodige goed soos alkoholiese drank en sigarette dan vandaan? toe ek vir die verteenwoordiger van helpende hand op my waarneming wys, het hy gese Helen zille (sy was toe nog burgermeester van kaapstad) wou nie die mense help nie en toe spring helpende hand maar in. my antwoord was: selfs die vader in die hemel sal nie die mense wil help nie”. hoe kan jy se jy kry swaar as jy geld vir sulke onnodige ongesonde goed het?

Sarie ·

Dis nie net arm wit mense wat alkohol gebruik en nie wil werk nie , maar die ander groepe is besaai met sulke loodswaaiers maar Helen sal hulle uit die staatskas help. Hoekom stel ons altyd aan ons eie mense hoër eise as die ander. Solidariteit het ‘n mooi projek in die Strand aan die gang. Hulle fokus op die kinders en probeer so vir hulle help om uit die bose kring loop van armoede en alles wat daarmee saamgaan te red.

Berhalet Beukes ·

Dis maklik om te oordeel Jaco… Dieselfde Vader waarna jý verwys… Sien ook raak hoe jý oordeel. Hy het dit uitdruklik belet. Jy mag ongelukkig wees oor “arm” mense wat rook en drink? Jy aan die ander kant mag dalk jou eie “sondes” hê (soos ons almal) en soos jy weet is die een nie groter as die ander nie. Miskien moet ons almal ophou oordeel en genade vir ons medemens (foute ingeslote) hê sodat ons die Genade van God die Vader oor ons land kan ontvang?

Jeanne ·

Agnee regtig Berhalet, Jaco het vertel wat gebeur het toe hulle ‘n Wendyhuis gaan opsit het. Laat staan tog die obsessie oor OORDEEL, dit gaan oor die werk en geld wat ingesit word in so ‘n projek terwyl mense rook en drink. Ek dink 99% mense verstaan die woord ‘oordeel’ verkeerd en haal dit verkeerd uit die Bybel uit aan. Sal jy mense wat rook en drink help? Dis sy mening, en dis sy reg om ‘n mening te he. Gaan help jy liewer die mense, dan kan jy jou sedepreke weer hier kom lewer, maar jy sit seker op die gemakstoel en ‘oordeel’ vir Jaco wat huise probeer bou vir arm blankes.

Cherokee ·

Raak gesê Jeanne, veral waar jy sê dat die algemene mens so maklik die woord ‘oordeel’ misbruik en inspan waar hulle probeer punte maak.

Amigo ·

Voorspelling… Musi Maimane ons land se volgende volksvader.

Cherokee ·

Geen verskil met wat ons nou het nie, is dus wat jy raai.

jaco ·

ek wonder, gaan SA dalk nie die pad van die res van Afrika loop nie? In talle Afrikalande is die houding gehuldig dat die bevrydingsbeweging wat die eerste onafhankllike regering vorm, die “Godgegewe seen” gekry het om vir altyd die land te regeer. As die opposisie in n latere verkiesing naby aan n oorwinning gekom het, is hulle agterna onderdruk. as hulle gewen het, het die regerende bevrydingsbeweging met die weermag en polisie se hulp die verkiesing ongeldig verklaar. Daar is verder ook gese jy kan net n goeie swart mens wees as jy vir die bevrydingsbeweging stem. swartes wat vir ander partye stem, word beskou as “sellouts” en verraaiers en lakeie van die wit mense (die naam wat ek al self uit baie ANC-mense se monde gehoor het, is dat swartes in die DA en die IVP almal ja-baas swartes is – vir swartes gebruik hulle net n ander woord wat ek nie hier mag gebruik nie).

Ten spyte van die ANC se stories oor “we will rule until Jesus comes” (ek wonder steeds hoe Jode, Moslems en kommuniste in die ANC daarmee saamstem), wonder ek net, gaan dinge dalk anders hier wees en sal die DA of wie anders ook al n algemene verkiesing wen, deur die ANC n kans gegun word?

Mike ·

Ek is verstom dat die VF so min steun gekry het in Pta waar ‘n baie groot aantal afrikaners woon, wat het die DA wat hulle so antreklik vind? Selfbeskikking is beslis nie vir hulle belangrik nie of het hulle nog nie soveel belang by die politiek dat hulle sou wou uitvind wat selfbeskikking behels nie? Wou hulle net eers die ANC stop en is die DA nou die enigste party wat daarin kan help? Wat gebeur hierna want ons gaan steeds sit met RA, BBEE, en al die ander ANC wette teen ons?

danie ·

Baie van ons afrikaaners in pretoria is nie rasisties nie, en ons dring nie aan om sekere voordele omdat ons wit is nie. Ons glo aan geregverdige geleenthede . Ons sien n groter prentjie vir ons kinders se kinders wat eendag sal sit en lag oor hoe kleinlik ons was. En sal wonder oor hoe ons dit ooit kon oorleef het met ons oog klappe aan.

Johan Wig ·

Inderdaad verstommend waar Afrikaners se lojaliteit en ondersteuning lê Mike. Jy is of pro-Afrikaner of ondersteuner van die reënboog onsin.

Johannes ·

Vir ware beleidende Christene en Boere Afrikaners beteken ‘n DA oorwinning net mooi niks.

Berhalet Beukes ·

Ek verskil met jou Johannes. Ek sien myself nie as ‘n “superior white” wat alleenreg op die hemel het nie. Nog minder sien ek myself as ‘n Afrikaner wat alleenreg op Suid-Afrika het. God het nog altyd op allerhande vreemde en interessante wyses gewerk, wyses wat ons immers nooit sou kon dink of bepaal nie. ANC het ‘n knou gekry, en of jy voel DA is nikswerd is irrelevant, ek persoonlik sien dit as ‘n intrede van God. Wat vorentoe gebeur gaan slegs God se Genade bepaal. Nie my of jou uitlatings op sosiale media nie.

Berhalet Beukes ·

Pienkes, die Fariseërs het die Bybel net só goed soos ek en jy geken… Tóg, is dit hierdie einste Fariseërs wat Jesus se kruisiging bewerkstellig het deur die Bybel selektief aan te haal en toe te pas.

Poplap ·

Almal skryf oor Godgegewe reg en trek die Bybel in by elke gesprek oor politiek. Maar nou waar in die Bybel kry julle die verwysings na die Suid Afrikaanse verkiesings?

Johannes ·

Nêrens. Jy kry wel die opdrag om God-Drie-Enig as enigste God te erken, eer en dien. Ook met jou keuse wanneer jy jou kruisie trek.

Berhalet Beukes ·

God is nie rasse georiënteerd nie Johannes… Hy het ALMAL geskape… Hy is ook nie polities georiënteerd nie… Politiek is ‘n mensgemaakte ding… Wat immers saak maak is waar jou kruisie is met Oordeelsdag, God of Satan… En nét dit.

WitWax ·

@Danie
So almal wat VF+ gestem het is rasisties?
IS dit jou defensie van rasis? Wat is die defeniese van n rasis? he?
Toemaar jy is vergewe jy weet nie wat jy se of doen nie.
Jy sal inelk geval vinnig uitvind we regtig die rasiste is in hierdie land binekort.

Berhalet Beukes ·

Nee WitWax, ek dink geensins dit is wat gesê is nie. Dan kan ek mos nou vra of almal wat DA gestem het nié ware Christene en Afrikaners is nie? Hou God uit die politiek, Hy is immers Almagtig en verhewe bo ons almal.

Oom Willie ·

Rasisties, geregverdige, defensie, defeniese, inelk, we, binekort.
Om nie te praat van die grammatika nie.
Bou nou ‘n nasie.
Ai, ou volkie. As jy nie eens die klein dingetjies reg kan doen nie, …..

Cherokee ·

Ja Oom Willie, daar is ‘n gesegde wat lui “hoe meer konserwatief, hoe swakker die Afrikaans”.
En hier word nou aan jou gesê deur ‘n uiters konserwatiewe landsburger.

Jonathan ·

Ek stem saam…die VF+ kon baie beter gedoen het…in ons gebeid bv sou mens amper sê hulle het wakker so maand voor die verkiesing wakker geword uit hulle winter slaap uit want die res van die tyd tussen die verkiesings was bulle nerens hier te sien nie.

neelsie ·

Ons gebied is oorwegend Afrikaanssprekend, tog vaar die VF+ nie goed nie.
Gevoel dat die afgevaardigers nie baie entoesiasties en ervare politici is nie.
n Bietjie meer ‘oemf’ sal nie skade doen nie.

Johannes Meintjes ·

Ek stem saam dat almal maar moet loop soos hulle goed dink, mits gemeenskaplike belange, landswette en die Grondwet gerespekteer word. Die Christen en die blanke Afrikaner wie egter meen dat hulle beter weet, moet na mening egter baie beter doen in hoe ons handel, wandel, woon, leef en presteer. Daarvoor is selfbestuur en selfbeskikking ‘n uitweg.

Dries ·

As alle Suid Afrikaners net wil besef dat al watter party ookal in beheer is, apartheid nooit ooit weer sal bestaan. So sal ons ‘n regering kry wat hierdie land tot Groot hoogtes kan ly. Alle rasse en velkleur saam staan en saamwerk.

Merkur ·

´n Baie edele opvatting.
Maar het die ANC en die meerderheid van swart mense in Suid-Afrika nie reeds bewys dat hulle glad nie daaraan geïnteresseerd is om saam te staan of saam te werk nie?

Cherokee ·

‘….tot groot hoogtes kan ly’ sê jy. Verrassing, die ANC ly na die afgelope verkiesing!

Nic ·

Ek stem saam met Johannes.
Ons Afrikaner volk het verdeeld geraak,volg nie meer in God se Wee nie,eiegeregtig geword nou verwag ons n party wat uit mense bestaan moet ons lei.Ons stem vir n party wat aborsie voorstaan,lyfstraf uit skole geneem het en ook Christelike waardes in skole verban.Indien die sogenaamde 80% Christene in SA vir n Christen party stem ,dan alleen sal dinge verander in die land.’God moet ons stuurwiel word en nie ons spaarwiel nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.