[Verkiesing] Só lyk uitslag in die Noord-Kaap

Die uitslag in die Noord-Kaap (Grafika: OVK)

Die uitslag in die Noord-Kaap (Grafika: OVK)

Die Onafhanklike Verkiesingskommissie het Donderdagmiddag reeds 100% van die stemme in die Noord-Kaap getel ná die munisipale verkiesing op 3 Augustus.

Die ANC het 434 696 (58.26%) van die stemme ingewin en neem beheer oor 23 van die 26 munisipaliteite in dié provinsie. Die ANC het in die 2014-verkiesing 64,4% van die stemme op hom verenig.

In drie van die munisipaliteite het die ANC nie meer as 50% van die steun verseker nie. Beheer in dié munisipaliteite is hangend.

Die ANC het 227 setels van die 382 setels in die provinsie op homself gevestig.

Die Demokratiese Alliansie is die amptelike opposisie in die provinsie met 185 401 (24.85%) van die stemme met 98 setels. In 2014 moes die DA tevrede wees met 23,9% van die stemme.

Die EFF het 64 183 (8,6%) van die stemme ingewin met 34 setels. Die EFF het in 2014 slegs 5% van die stemme op homself verenig.

Cope het 2,54% van die stemme verseker met 8 setels. Dié party het in 2014 beter gevaar toe hy 3,6% van die stemme ontvang het.

Die VF Plus het 1,42% van die stemme en 3 setels verseker.

Die OVK het reeds 78% van die nasionale stemme getel met 91% van die stemme wat reeds in die Vrystaat en die Noord-Kaap onderskeidelik getel is.

Lees alle vorige berigte oor die verkiesing op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.