Verkiesing: Stembrief sal vanjaar anders lyk

‘n Voorbeeld van ‘n stembrief waarop die volgorde van die partye gesien kan word. (Foto: OVK/Twitter)

Die Onafhanklike Verkiesingskommissie sê die ontwerp van vanjaar se stembrief vir die nasionale verkiesing wat op 8 Mei plaasvind, is aangepas op grond van navorsing wat die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing gedoen het.

Luidens ʼn verklaring deur die OVK word die stembrief só ontwerp om die kieser te help om maklik sy voorkeurparty te kan identifiseer en voor te stem en so die kans vir bedorwe stembriewe te verminder. “Tradisioneel het die OVK altyd ʼn lukrake trekking gebruik om te bepaal watter party eerste op die stembrief verskyn met al die partye wat daarna in alfabetiese volgorde verskyn,” sê die kommissie.

Vanjaar sal dit egter anders gedoen word nadat die navorsing deur die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing getoon het daar is ʼn moontlikheid vir verwarring onder kiesers aangesien sommige partye soortgelyke kleure, afkortings en logo’s gebruik.

Daar is onder meer voorgestel dat partye wat soortgelyke kleure en logo’s het, en dus makliker verwarring onder kiesers kan veroorsaak, doelbewus van mekaar geskei word op die stembrief.

Die OVK het gevolglik besluit dat daar steeds ʼn lukrake trekking gedoen sal word om te bepaal watter party eerste op die stembrief verskyn, waarna die res in alfabetiese volgorde sal verskyn. Waar daar egter partye langs mekaar beland wat kiesers kan verwar, sal daar weer ʼn lukrake trekking gehou word om te help om dié partye te skei.

Vanjaar sal elke partye se volle naam eerste verskyn, gevolg deur ʼn foto van die partyleier, die afkorting van die party en laaste die party se logo.

Die trekking om te bepaal watter party eerste op die stembrief sal kom, is op 20 Maart gedoen. Die African Security Congress (ASC) se naam is getrek en dié party sal dus eerste op die stembrief verskyn, gevolg deur die African Transformation Movement, die Afrikan Alliance of Social Democrats en die African National Congress.

Daar is ook ʼn trekking gehou om te bepaal hoe die African Independent Congress (AIC), die African National Congress (ANC) en die African People’s Convention (APC) geskei sal word, aangesien dié partye se name moontlik verwarring vir kiesers kan veroorsaak.

Altesaam 48 politieke partye verskyn op die stembrief, 19 partye meer as in die vorige algemene verkiesing.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

43 Kommentare

Theoman ·

Genugtig ! op die voorbeeld sien ek nerens die Vryheids Front Plus (VF Plus) nie Wat NOU?

Ronel ·

Dis alfabeties geplaas en gaan op die blaai net tot “L”.
48 Partye??!! Dis belaglik!

LandVis ·

Ja en ek sien ook nie die HNP, KP, ens. nie…… die AWB verstaan ek want hulle was nie ‘n politieke party nie, maar waar is die ander?

Andreas ·

Beweeg jou muis af ondertoe om die ander partye te sien, of gaan met die ‘cursor’ na bladsy 2.

Dries Moolman ·

Ek wil ook weet hoe die IEC met hulle “reels” steeds BLF kan toelaat om aan die verkiesing deel te neem. Dit is ‘n absolute klug!

Blompatroon ·

48 politieke partye!? Dis belaglik, sny dit af na 6 politieke partye.

**Theoman die VF Plus sal op die agterkant van die A4 blaaitjie verskyn, dis mos ‘n ‘double sided’

Michael ·

Theoman dit is net n voorbeeld maar daar is nie plek vir almal nie iets soos 200 partye wat deel neem aan hierdie sirkus van die name nog nooit gehoor nie en van hulle hoor jy elke 5 jaar dit is om van te lag niks anders nie

Maak asb GOU ·

Asb ek hoop iemand bring dit onder Raad vir geesteswetenskap se aandag dat die VF + onder die lys van partye is nie. Al is dit dalk net ‘n voorbeeld. Foute glip maklik in.

Aster ·

Nee waaragtig! Hier is hopeloos te veel partye, sny dit na 3 of 4.

Hannecke du Preez ·

Dit is absoluut belaglik. Hierdie land sal nerens kom met so baie onbenullige partye.

Christine joubert ·

Dankie. Stem oor die politieke party. Nee ek het nie

Anoniem ·

Dit raak nou n gemors in SA. Hoe kan daar so baie politieke partye toegelaat word. Dit is geen wonder ons land is waar hy is nie, heel verdeeld want elkeen wil n politieke party stig.

wonder net ·

jy probeer hopelik snaaks wees, dis die party waarvoor elk regdenkende in die land wat nie swart is behoort te stem omdat hulle vir minderhede veg dag en nag

WIEBO ·

Die stembrief is baie verwrrend. Selfs ek met geletterheid verstaan nie wat daar aangaan nie, wat nog van die wat ongeletterd is?? Simpel verby, nes die mense wat navorsing gedoen het om die stembrief op te stel.

stem.slim ·

hoe dink jul is gepas
baie mense se dit help nie om vir die kleiner groepe te stem nie
is dit so dat indien jy nie DA stem nie is dit n mors want dis maar tussen DA en Anc?
Maar dan voel ek gaan di nie immers darem oor die idee dat hul n stoel kry?

net een stem wil graag he dit moet tel

ZAR ·

As die meerderheid Afrikaners onder een politieke party staan kan baie meer gedoen word. Die party kan dan selfs oor selfbeskikking onderhandel. Vryheidsfront Plus is die enigste party wat vir die Afrikaners is. Ons moet saamstaan onder een party om weer gehoor te word.
Ek hoop ek beantwoord jou vraag. Stem.slim.

KIERIE KAT ·

MAAK ALS ELEKTRONIES. SODAT DAAR MINDER MET GETALLE GEKOOK WORD.

Piet kokewiet ·

Kanie glo BLF is da nie so dit beteken is ok om mar die wit mense te vloek…

JO-Andri ·

Waar is Vryheidsfront en hoekom is bflf op hulle hoort nie daar nie.

Johan ·

Goed die lys is alfabeties maar waar is die ACDP dan of kort my bril skoonmaak.

Nadia ·

Hoekom doen hul di stemme nog op papiere? Hoekom kan hul ni n POLL oprig waar elkeen so kan stem ni en dat die resultate so wys watter party die meeste stemme het…sonder dat daar bedrog gepleeg word of sonder dat daar papiere weg raak ni…

Renier ·

… en almal wil graag op die lekker ou Soustrein klim….

Frederik ·

Daar gaan seker weer ‘n paar bokse wegraak.
Ha Ha.
Of ??????????????

Krummel ·

Waar is die VF + , die enigste party waarvoor alle witmense kan stem. Wanneer gaan almal dit besef? Hoekom is die BLF op die stembrief? Die OVK is bang vir hulle, ek het reeds ‘n paar weke gelede gemeld dat daar dadels van hulle manewales sal kom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.