[Verkiesing] Tlokwe/Ventersdorp-samesmelting kan opposisie stuit

Foto: Reint Dykema

Foto: Reint Dykema

Die DA het sy oog op die Tlokwe-munisipaliteit in Potchefstroom in die munisipale verkiesing op 3 Augustus, maar weens dié munisipaliteit se samesmelting met die Ventersdorp-munisipaliteit kan die DA se droom aan skerwe wees.

Volgens prof. André Duvenhage, politieke ontleder aan die Noordwes-Universiteit, verwag hy wel dat die ANC minder steun in die provinsie gaan kry as in die munisipale verkiesing in 2011. Opposisiepartye het die ANC daarvan beskuldig dat die samesmelting tussen Tlokwe en Ventersdorp polities gemotiveerd is om te keer dat ʼn opposisieparty in Tlokwe wen.

Tlokwe

Die Tlokwe-munisipaliteit is bekend vir die wykgevegte tussen die ANC en die DA.

In die munisipale verkiesing in 2011 het die ANC 61 024 (57,87%) van die stemme in Tlokwe op hom verenig. Die DA het 39 036 (37,02%) van die stemme gekry en die VF Plus 2 882 (2,73%).

In die nasionale en provinsiale verkiesing in 2014 het die ANC 34 789 (51,83%) van die stemme gekry. Die DA het 21 692 (32,32%) van die stemme op hom verenig, die EFF 5 411 (8,06%) en die VF Plus het 3 981 (5,93%) van die steun gekry.

Volgens Duvenhage staan die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) voor ʼn groot taak om vry en regverdige verkiesings in Tlokwe te verseker.

Dit volg na die vroeëre uitspraak van die konstitusionele hof dat die OVK moet verseker dat inwoners van veral Tlokwe se adresse volledig op die kiesersrol is vir die munisipale verkiesing op 3 Augustus. Die hof het beslis dat die munisipale verkiesing landwyd met die bestaande gesertifiseerde kiesersrol mag voortgaan, met die uitsluiting van Tlokwe.

Duvenhage meen die EFF kan moontlike sy steunvlakke in Noordwes vergroot deur na verwagting goed te presteer in onder meer Marikana en Mahikeng. “Die ANC sal egter in alle gevalle as die meerderheidsparty seëvier met die EFF wat hom as die sterkte opposisieparty sal vestig.”

Volgens Duvenhage kan die DA ook “hier en daar” as amptelike opposisieparty uit die stryd tree.

In die munisipale verkiesing in 2011 het die ANC 1 212 381 (74,03%) van die stemme in Noordwes op hom verenig. Die DA het 261 748 (15,98%)  van die stemme op hom gevestig en Cope het 44 325 (2,71%) van die stemme gekry.

In die nasionale en provinsiale verkiesing in 2014 het die ANC se steun in die provinsie persentasiegewys afgeneem ná die verkiesing in 2009. Die EFF het Cope onttroon as die amptelike opposisieparty in die provinsie terwyl die DA sy steun effens verbeter het maar steeds met die derde plek tevrede moes wees.

Die ANC het in die 2014-verkiesing 733 490 (67,39%) van die stemme op hom verenig, die EFF 143 765 (13,21%) stemme en die DA het 138 521 (12,73%) van die stemme gekry.

Lees alle vorige berigte in die verkiesingsfokus op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Grenstrekker ·

Wat n siek skelm spul. Hulle trek grense vir politieke gewin.

AFRexit ·

Vry maar nie regverdig nie maar ons neem deel..Met al die diskriminerende wetgewing teen die witte neem ons nog steeds deel aan die demokrasie. Die witmense steun nog steeds die partye wat aktief hierdie wetgewing steun. Ek verstaan glad nie. Gee die boelie ‘n stok om jou weer en weer te slaan!

Kabous ·

Want as jy nie met die stembus probeer nie is daar nie veel alternatiewe nie.

AFRexit ·

Daar is juis so baie ander alternatiewe. Hulle is so bietjie meer moeite as om die kruisie te gaan trek. Kabous as ons nie vinnig die streep trek in die sand nie gaan die diskriminasie teen ons vir altyd aanhou. As jy onthou toe jy jonk was en jou pa het nou genoeg gehad, het hy jou ‘n lekker pakslae gegee. Dieselfde geld hier . Deur deelname aan die huidige demokrasie gee ons die meerderheid die kans om aan te hou diskrimineer teen ons. Kom ons kyk wat gebeur na Woensdag tot by die volgende nasionale verkiesing 2019. Na Woensdag gaan die diskriminasie nog steeds voort en ons jongmense staan tou om na hul tersiere opleiding die land te verlaat. Vra hulle self.

Lida ·

Mense asb stem vir enige party solank julle stem. Die doel is om van die ANC ontslae te raak. Die DA is die enigste party met ‘n 98% kans om dit reg te kry. Al stem ons nie met alles saam nie is dit die enigste manier hoe ons van die klomp korrupte skelms ontslae kan raak.

Hein ·

Jy weet seker teen die tyd hoe werk die proposionele stelsel soos deur talle kenners verduidelik insluitend Frans Cronje van die Rasse Instituut. Jy kan vir enige party stem en jy hoef nie vir die DA te stem omdat hulle die Freedom Charter, “Affirmative action, kwotas, BEE en grondeise onderstuen nie. Hulle gaan hard terug byt na die verkiesing soos gewaarsku is deur talle kenners want die ANC, DA, EFF en COPE sal alles in hulle vermoe doen om nog swart kiesers te lok vir 2019 nasionale verkiesings en as hulle die groot metros wen sal hulle die kiesers wil vergoed deur alle oop gronde in die “subburbs” oop te stel vir lae koste behuisings. Dan gaan die huispryse tuimel soos jy nog nooit gesien het nie!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.