Verkiesing verby, beurtkrag wink weer

Argieffoto (Foto: Jukka Niittymaa/Pixabay)

Terwyl die stembriewe getel word, het Eskom Suid-Afrikaners solank daarop voorberei dat beurtkrag moontlik weer op kort kennisgewing ingestel kan word.

Die kragvoorsiener het Dinsdagoggend gesê die kragnetwerk verkeer onder groot druk en beurtkrag kan op kort kennisgewing ingestel word, sou enige verdere onderbrekings plaasvind of sommige opwekkingseenhede nie in diens gestel word nie.

Dít nadat Eskom Suid-Afrikaners verlede week daarvan verseker het dat die ligte sal aanbly op stemdag, asook die daaropvolgende dae terwyl die stemme in elke munisipaliteit getel word.

Die kragvoorsiener sê nou hy het die afgelope 24 uur ’n kragopwekkingseenheid elk by die Camden-, Kendal- en Medupi-kragstasie herstel.

Twee opwekkingseenhede by die Arnot- en Hendrina-kragstasie het egter intussen uitgeskop, terwyl ’n eenheid elk by die Arnot- en Lethabo-kragstasie noodgedwonge afgeskakel moes word.

Sowat 4 036 MW is tans op beplande instandhouding terwyl 15 852 MW kapasiteit weens tegniese probleme nie beskikbaar is nie.

Landsburgers word nou gemaan om elektrisiteit spaarsamig te gebruik.

Eskom herinner intussen verbruikers dat beurtkrag “as laaste uitweg” ingestel word om die stabiliteit van die kragstelsel te handhaaf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Jack ·

So gaan dit.Eskom moet elke 6 dae weer reserwes opbou vir die komende week en dan BEURTKRAG.Die koel is deur die kerk.Eskom is klaar.Kry solank solar of gas anders is jy in die donker met komplimente van ESKOM.

Baardman ·

Maar nogsteeds het hulle vir die nuttelose ANC gestem. Ek het gehoor hulle dreig die mense dat hulle Sassageld gaan verloor as hulle nie vir ANC stem nie.

Aai ·

Ons grootste probleem is die wat op die rue ry van die wat werk en hulle die meerderheid.Dit is ons ondergang ons kan die mense wat net sit en niks doen onderhou sukkel self.

ES ·

Hulle het allerhande slim truuks en praatjies om die onkundiges te oorreed dat als nog rassisme se skuld is.

Piet parys ·

Kort voor lank sal daar nie meer geld wees vir sassa nie .

Daniel ·

As jy vir hulle gestem het kry jy wat jy verdien, ek het nie vir hulle gestem

Jeffrey ·

Ek en my gesin het nie hiervoor gestem nie. So ons verdien dit wel nie.

Papsak ·

Ja nee daar gaan eskom alweer net gewag vir stemmery wel dan betaal ek nie verder vir krag nie want hierdie is ook n speletjie wat nie tot n einde wil kom nie ou suid afrika was honderd maal beter nie sulke problene gehad nie

Genis ·

Waar is die beloofde Sonkrag? Genis dag daar baie plase wat al lisensies gekry het?

Di ·

Die korrupte regering wil dit nie implimenteer want hulle maak te veel geld uit die steenkool transaksies, daarom klou hulle verbete daaraan vas! De Reyter het dit self in ‘n onderhoud genoem dat daar ander opsies is maar dit verg die regering se toestemming wat net nooit gebeur nie

JM ·

Piet, ek is jammer, maar moet asseblief nie jou woede op André de Ruyter uithaal nie. Eskom was lank reeds korrup en ” moer toe” voor De Ruyter aangestel is. Hierdie man doen uitstekende werk. Doen eers jou huiswerk deeglik voor jy teen die verkeerde mense uitvaar!

Di ·

So gaan dit met die krag soos al die alle lee beloftes wat elke keer gemaak word! Die ANC kaders is niks anders as ‘n korrupte spul wat net geld najaag nie. Hierdie land het rock bottom geslaan klaar!!!

ES ·

Dit was vanselfsprekend… Denel ontplof, Eskom sit die ligte af. Piesangrepubliek van formaat!

Samuel ·

My finansies is ook onder groot druk. Fase 4 en ek sal met Eskom moet reëlings tref om op kort kennisgewing betalings te weier. Die ANC het alles opgemors. Dankie.

Johann ·

Absolute vervalle gekke paradys! GEEN beplannings vermoë, onbekwaam,kern korrup,onbevoeg,onverandwoordbaar…maar trek elke maand n salaris en byvoordele?

Swerwer ·

Eskom dink regtig ons is almal onnosel.Ons het geweet hul gaan beurtkrag na die Verkiesing inbring.
Regtig, diè wat nou nog nie weet dat die Regering woer woer met hul speel, moet wakkerskrik.

Mariana ·

Gister se kraggebruik met die verkiesing was bepaald vreeslik baie. Nou is daar weer tekort. Ai tog en nou moet stemme getel word en dit kan beslis nie in donkerte geskied nie, dink net hoeveel stemme dalk dan kan net wegraak.

Pieter ·

Julle anc sirkus kannie eers kar best nie wat nog van die land best. Negentig persent van julle slim menisters het nie eers graad een nie.

Anoniem ·

Baie goed beplan deur die duur brandstof prys ook eers na die stemlokale gesluit het, aan te kondig. Agterbakse gemors.

Pietertjie ·

Dis nou eskom ná die verkiesing. Hoekom so tjoepstil oor die brandstofpryse in hierdie dae?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.